Pretoria-inentingspanne beroof

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: GCIS)

Die Gautengse departement van gesondheid veroordeel ten sterkste die aanval Vrydag op die Pretoriase gesondheidsdistrik se inentingspanne waartydens hulle beroof is.

“Die voortgesette aanvalle op mobiele inentingspanne, wat die inentingsprogram na die gemeenskap bring, plaas die lewens van gesondheidsorgwerkers in gedrag en het ʼn negatiewe impak op die inentingsprogram,” het Kwara Kekana, woordvoerder van die departement, Sondag in ʼn verklaring gesê.

In een voorval is die Pulse Health-span, wat die Soshanguve Blok JJ-inentingspan ondersteun, Vrydag deur ʼn groep van vyf mans beroof. Die mobiele inentingsperseel is opgerig langs Rivoningo Primary School in Soshanguve. Die mans het omstreeks 13:30 toegeslaan.

Kekana sê die span was besig op die perseel toe oortreders met van die toerusting, waaronder twee tabletrekenaars en vyf selfone, gevlug het.

“Die voorval is by die Rietgat-polisiestasie aangemeld en ʼn saak is aanhangig gemaak. Gelukkig is nie een lid van die span beseer nie. Berading sal verskaf word.”

Nóg ʼn mobiele span is in Desember verlede jaar by die Wonder City-taxistaanplek in Soshanguve met vuurwapens gedreig en beroof.

Lede van die gemeenskap moet opstaan ter verdediging van die inentingspanne,” maan Kekana. “Die situasie ruk handuit. Die voorvalle gebeur terwyl die regering probeer om toegang tot inentings te verhoog deur die inentingsprogram na die mense toe te bring. Ons doen ʼn beroep op inwoners om met wetstoepassers saam te werk om dié oortreders aan te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Dirk Mostert ·

Die berig meld nie of die oortreders met die ENTSTOF gevlug het nie.

Christine ·

Hahaha, hoekom wil enigiemand met die patetiese entstof vlug wat niemand verhoed om siek te word nie!

Lee101 ·

Hoekom verbaas daaroor. Dit is Suid-Afrika. Wat het jy verwag.

Di ·

In berig word gemeld “Lede van die gemeenskap moet opstaan ter verdediging van die inentingspanne” Indien mense wel die reg in hulle eie hande neem teen kriminele, word hulle vermaan, gearresteer en aangese dat dit by die naasste polisiestasie aangemeld moet word. Die useless polisielede daag dae later eers op om ondersoek in te stel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.