Pretoria gereed om parlement te huisves, sê burgemeester

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane Metro. Foto: Departement van kommunikasie, Flickr

Kgosientso Ramokgopa, burgemeester van Tshwane Metro. Foto: Departement van kommunikasie, Flickr

Die Tshwane Metro is gewillig en gereed om die parlement permanent te huisves, maar die stad sal nie probeer om hierdie verantwoordelikheid te kaap deur te besluit of die wetgewer in Kaapstad of in Pretoria moet wees nie, het Kgosientso Ramokgopa, Pretoria se burgemeester, Vrydag gesê.

Ramokgopa het die media toegespreek in aanloop tot sy stadsrede vir 2016 en gesê hy kan nie die besluit neem of die parlement geskuif sal word of nie. “Ons sê maar net as die persone in beheer besluit dat die parlement in Pretoria gehuisves sal word, is ons al van gister af gereed,” het hy gesê.

Die Tshwane-stadsraad het reeds Fort Klapperkop geïdentifiseer as die waarskynlike ligging vir die wetgewer sou dit na Pretoria verskuif word. In Februarie het pres. Jacob Zuma gedurende sy staatsrede aangedui dat die regering koste wil bespaar deur moontlik die administratiewe hoofstad en die parlement in een stad te vestig.

Ramokgopa het Vrydag gesê die besluit oor die parlement se ligging is eerstens van politieke belang, met koste wat tweede in ag geneem moet word. “Ek dink ons sal verlore wees as ons die koste eerste stel, maar ek verstaan die president het die aankondiging gemaak te midde van soberheid oor die land se finansies en daarom word koste nou eerste geplaas. In die groter prentjie gaan dit eintlik oor die Suid-Afrika wat ons wil bou,” het hy gesê.

Zuma het vroeër gesê dat die regering al die aspekte sal oorweeg om die parlement te skuif. “Ons het die saak ondersoek en die koste van die situasie soos dit tans is, is te groot. Dit beteken elke uitvoerende raadslid moet twee huise hê, een in Pretoria en een in Kaapstad. Ons moet twee motors hê, een in Pretoria en een in Kaapstad,” het Zuma gesê.

Hy het ook gesê dat die reiskoste van staatsamptenare die regering baie geld kos, asook verblyfkoste wanneer amptenare in hotelle moet oorbly.

Pravin Gordhan het in 2013 as minister van finansies sy kommer uitgespreek oor die koste daarvan om staatsamptenare tussen die twee stede te laat reis, maar die destydse minister in die presidensie, Collins Chabane, het gesê sy kollega se kommer moet nie as besluit gesien word dat die parlement sal skuif nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhardt ·

Die man het ewe skielik so voor die verkiesing weer wakker geword en maak een wilde stelling op die ander. Wens hy will eerder weer verdwyn.

Dirk Kroonstad ·

Ek is seker Kroonstad sal ook sê Kroonstad is gereed om Parlement te huisves. Selfs enige dorp of selfs ń spoorwegstasie in die middel van nêrens! Lekker grap né. MAAR? Groot vraag is… Wat gaan dit finansieël kos. Pretoria se Anc sal juig oor die finansieële en politieke wins. Kaapse Da sal huil saam met Kapenaars oor geweldige finansieële en ander verlies. Lekker huise en geboue wat leeg staan. Hierdie is duidelik ń Anc politiesgedrewe “move” net voor verkiesing vir Pretoria stemme. Soe.. hul IS desperaat! Die hele storie is onnodig. Die hele lawwe onsinnige voorstel sal ń finansiele en sosiologiese ramp wees vir RSA. Of is dit weer ń Gupta en Zuma droom om weer triljoene te maak uit ons? Vergeet die Anc droom van stemme herwin. Drop die lawwe uiters onpraktiese verkiesing foefie. Dis doodgebore gedagte wat in verlede telkens oorweeg is en laat wwar is sodra nugter denke intree

Wat-ek-lees ·

KLAPPERKOP: Die kop is genoem na die botterklapper(boom) (strychnos pungens) waarvan daar baie in die heuwels om Pretoria aangetref word. Die bome word tot 6m hoog en die vrug bereik ‘n omtrek van 0,125m (125mm) deursnee. As dit ryp is , word dit deur die swartes geëet, maar blankes vind dit nie so lekker soos die suurklapper. Die naam het ontstaan omdat die los sade in die droë vrug ‘n klapgeluid veroorsaak as dit geskud word. Dit word vertel dat kindertjies die vrug as ‘n rammelaar of klapper (rattle) gebruik het.
Volledig aangehaal uit: E.J. du Plessis. “‘n Ondersoek na die oorsprong van en betekenis van Suid-Afrikaanse berg- en riviername”. (‘n Histories-taalkundige studie). Naamkundereeks nr.3. Tafelberg=Uitgewers Beperk. Eerste druk 1973. ISBN 0 624 00273 X

Pieter ·

Kgosientso, wanneer jy jou “winde” inhou, borrel dit na die vakuum tussen die ore, dit veroorsaak dan ” jy weet waste gedagtes”, dit het dan n uitwerking op dit wat uit jou mond kom, dit word genoem “Verbale Diarree”!

Tiger ·

EK se die parlement -surkus moet bly waar hy tans is.Ons het nie so iets nodig hierbo in die land nie dankie!

Francois ·

Tiger, as gebore en getoë Kapenaar moet ek uiteraard van jou verskil. Ek wens die spul narre wil hul goed vat en loop. Miskien kan die Wes-Kaap dan afstig van die res van hierdie piesangrepubliek.

lynette ·

Nou verstaan ek julle glad nie! Die parlement is in elk geval 6 maande van die jaar in Pretoria, so wat se verskil sal dit aan Pta maak as hulle 12 maande daar is? Dis Kaapstad wat dalk iets sal verloor indien hulle nie meer die orige 6 maande daar is nie.

Cilliers ·

Niemand verwys na die miljarde wat so ‘n skuif sal kos nie. Het ons in hierdie land nie oorgenoeg ander plekke waar geld nodig is nie? Vir wat nou nog geld mors met so ‘n skuif? Sal dit meer kos in een arm geisn se spens besorg? Sal daar een pasiènt meer versorg word? Sal ons nog een eerlike polisieman bykry deur die parlement te verksuif? Sal daar een liter water meer in ons damme kom? En as dit verskuif is, wat word van daardie geboue en geriewe wat miljarde werd is wat dan leeg in die Kaap sal bly staan?

willem p ·

Dankie hou maar die sirkus daar onder.
Soos WP rugby het ons nie ‘n erg daaran hierbo nie

Yvonne ·

‘n Bargain is ook net ‘n bargain as jy hom kan bekostig. Die oplossing is eenvoudig: Vermimder zuma se gatkruipers met twee derdes, gooi die korruptes in die tjoekie, vermeerder die oorblywende spulletjie se produktiwiteit met 100% ….. I wish!

Niel ·

Hulle is so pateties kan nie eers basiese dienste verskaf, ons buurt is al 24 uur sonder water!!

Louis ·

Op die oomblik is daar volgens my geen genoegsame geboue op fortklapperkop. Wat gaan dit kos om die nodige geboue daar op te rig. Wat gaan die bespaaring wees. Hoe dink die mense.

lag net ·

Na die komende verkiesing gaan Sputla nie eers meer die burgemeester van Pretoria wees nie so geniet dit terwyl jy nog so onsin kan praat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.