Pretoria-laerskool sluit deure vir Afrikaanse leerlinge

skoolskoene-2

Argieffoto

Met minder as twee weke voor die skole vir die Desembervakansie sluit, moet ouers van ʼn laerskool in die hoofstad dringend planne beraam om in 2017 Afrikaanse onderrig vir hul kinders te bekom.

Laerskool Meyerspark, in die ooste van Pretoria, het Saterdag by ʼn algemene jaarvergadering aangekondig Afrikaans as onderrigmedium by die skool gaan vir gr. 2 tot 6 wegval. Die skoolure sal ook verleng word van 07:30 tot 16:00 en die skool se uniform en embleem moet ook verander, omdat dit ʼn Afrikaanse leuse bevat. Die naam van die skool sal na Meyerspark Maths Science and Technology School verander word.

Volgens die ouers het dié vergadering in chaos ontaard, toe sekere ouers nie die mosie vir die veranderinge wou aanvaar nie. Van die ouers is ook nie ʼn kans gegun om beswaar te maak nie en die stemme teen die mosie is nie getel nie.

“Ek weet nie hoe hulle op grond hiervan ʼn besluit kan neem nie. Ons word geboelie en Afrikaanse mense beteken nou niks,” sê Yolande, ʼn ouer van ʼn gr. 2-dogtertjie wat nie haar van wil bekendmaak nie om haar kind se identiteit te beskerm. “My dogtertjie huil haarself elke aand aan die slaap. Sy weet nie hoe sy volgende jaar in Engels gaan skoolgaan nie.”

“Toe ek my kinders in 2011 ingeskryf het, het die skool gesê hulle sal hul onderrig in Afrikaans kan voltooi, maar dat die taal wel as onderrigmedium uitgefaseer sal word. My gr. 6-seun sal sy gr. 7 in Afrikaans kan voltooi, want daar is nog 31 Afrikaanse kinders in dié klas, maar die res van die grade se Afrikaanse kinders sal vanaf 2017 in ander klasse ingedeel word.

“Die skool moes ons vroeër in die jaar al aangeraai het om ander planne te maak, of voorbereidingsklasse vir Afrikaanse kinders aangebied het, maar niks van die aard is gedoen nie. Wat doen ons nou twee weke voor die einde van die jaar?” het Charlene Janse van Rensburg, ʼn ma van ʼn twee Meyerspark-leerlinge, gesê.

“Ek veg tans vir my kind se reg om in Afrikaans skool te gaan. My kind sal volgende jaar die enigste Afrikaanssprekende in ʼn klas van 29 Engelse kinders wees en dit is onaanvaarbaar,” het Elsa Combrinck, nog ʼn bekommerde ouer van ʼn gr. 2-leerling gesê.

laerskool-meyerspark-embleem

Laerskool Meyerspark se embleem soos dit tans lyk gaan binnekort verander. Foto: Rainbowgr.com

Volgens Combrinck is die skool ook tans in ʼn stryd rondom taxi-roetes gewikkel en word eise gestel rondom watter taxi’s as vervoer gebruik moet word vir kinders wat van Mamelodi en Eersterus af kom.

Maroela Media het vandeesweek verskeie e-posse ontvang van Afrikaanssprekende ouers wat bekommerd is oor hul kinders se toekoms by Laerskool Meyerspark. Van die ouers het al navraag by naburige Afrikaanse skole gedoen, maar die skole is reeds vol en sal nie hul kinders vir 2017 kan huisves nie.

Werner Human, ʼn prokureur van Hurter Spies, wat by verskeie hofsake van skole betrokke is, is genader oor die besluite van Laerskool Meyerspark, maar meen nog baie relevante inligting oor die saak is uitstaande.

“My gevoel is egter dat dit wel ʼn baie drastiese besluit is en vrae moet gevra word rondom watter prosesse die skool gevolg het en of daar behoorlike konsultasie met die ouers was.”

Laerskool Meyerspark se hoof het alle media-navrae na die Gautengse departement van onderwys verwys. Dié departement kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie, maar Maroela Media het wel ʼn e-pos ontvang waarin die departement ontvangs van die ouers se klagtes erken.

Die skool bestaan tans uit 1 297 leerlinge, waarvan 164 Afrikaanssprekend is en het tot dusver parallelmediumonderrig verskaf.

Bekommerde Afrikaanse ouers van Laerskool Meyerspark het komende Saterdag ʼn vergadering met die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en Hurter Spies waartydens hulle sal vasstel watter stappe gedoen kan word teen die skool se besluite.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

109 Kommentare

jaco ·

wees bly die enigste onderrigtaal is nie Zulu of Tswana nie. Lag ook in die mou dat die nuwe onderrigtaal ook ‘n “wit” taal uit Europa is. Laas toe ek na ‘n wereldkaart gekyk het, was Engeland in Europa. Lag ook in die mou daarvoor dat die onderrigtaal nou maar net n ander taal van sogenaamde onderdrukking is: dwarsoor die ou British Empire is die Engelse taal op verowerde volke afgeforseer. Die empire het op n stadium EEN DERDE van die wereld beslaan. sover ek weet, was Afrikaans as sogenaamde onderdrukkerstaal net assodanig in SA en Suidwes-Afrika toegepas.

Uli ·

My klein kinders is ook “ongelukkig in “die Skool” – En nou voor Kersfees moet al die ouers wie se kinders in die skool gevestig was en is- van Graad 1- 6 , nou moet die ouers rond hardloop en hulle kinders ontwrig – belaglik! Laerskool Meyerspark se hoof het alle media-navrae na die Gautengse departement van onderwys verwys? Pass the buck!!!!!!! Die skool bestaan tans uit 1 297 leerlinge, waarvan 164 Afrikaanssprekend is en het tot dusver parallelmediumonderrig verskaf- HOEKOM NOU DIE VERANDERINGS? DIT HET GEWERK TOT IN 2016?- HOEKOM ALLES AFBREEK WAT GEEN PROBLEEM WAS NIE? vrae moet gevra word rondom watter prosesse die skool gevolg het??? en of daar behoorlike “konsultasie” met die ouers was.” Stekte aan al die ouers van Laerskool Meyerspark, ek hoop en vertrou die Gautengse departement van onderwys sal spoedig met antwoorde kom.

Stoney ·

Dat ‘n mens jou eersgeboortereg só vir ‘n pot lensiesop verruil! Ek sou ook die vieste in gewees het. Ruggraatlose klomp! Ek sal beslis nie met só ‘n skool vereenselwig wil word nie! Sterjte aan die ouers

hugo vermaak ·

Dis die Afrikaners se eie skuld dat hulle nie genoeg kinders het nie.

michiel ·

Nog wenners van die kompetisie: Wie kan die minste kinders kry?
Ander pryse vir ons wenners: Verloor jou woonbuurt. Verloor jou land. Emigreer. Selfmoord.

Attie No1 ·

Hugo sit nie heeltemal die pot mis nie. Die demografie van vandag is die politiek van more en met een en twee kind gesinne het ons tot n mate inderdaad onsself in die gemors laat beland.

Attie No1 ·

Ondersteun die CVO skole al het jy nie kinders nie. Ondersteun die CVO skole al is jou kinders al uit die skool uit. Bou die CVO skole uit en ons sal nooit terugkyk nie ons kinders verdien beter as dit wat die kommunisties geinspireerde regering aanbied.

danie ·

Ek is seker CVO-Pretoria sal plek hê vir 167 leerlinge. Hulle moet net aan die vereistes voldoen.

Griet ·

Makliker gesê as gedaan Attie en Danie. Het julle onlangs die fooie van die CVO skole onder oë gehad. Hulle kompeteer baie goed met heelwat privaat skole se fooie…. VER bokant my vuurmaakplek.

Danie ·

Griet. Daar is hulp programme by CVO-Pretoria om ouers te help wat dit nie kan bekostig nie.

Lize ·

Indien daar meer kinders in die CVO skole is sal dit nie meer nodig wees vir sulke hoë skoolfonds nie. CVO skole het kinders bitter nodig om oop te bly. Ondersteun hulle asb!!

Johan ·

Griet. By ons CVO skool is daar regtig arm mense. Soms wonder ons of die kinders kos het. Maar weet jy wat? Hulle is nooit agter met hulle skoolfonds nie. Waar lê jou prioriteit?

CVO skole is die Afrikaner se antwoord! Suiwer Afrikaner Christen onderig!

Danie ·

Die mense is nogal naief. Blykbaar is dit maar reg as Afrikaans gekteiken word, solank dit jou nie direk raak nie. Met 164 uit 1297 was dit verseker net ‘n kwessie van tyd. Die enige minderheid wat nie verdrae hoef te word is die die Wit Afrikaanssprekendes.

Gits ja ·

Jy is 100% reg, Danie. Ek dink om so lank die minderheid te wees in ‘n skool, impliseer mos net ‘n kwessie van tyd? Dieselfde paadjie met my Alma Mater in Lyttleton. Is nou totaal Engels (wat eintlik verkeerde term is, mens kan maar net sê die Language of Learning and Teaching is Engels, geen eerstetaal Engelse leerders daar nie). Baie sterkte, ek besef nabygeleë skole soos Skuilkrans is vol, maar hopelik ondersteun die Afrikaanse gemeenskap julle in dié netelige situasie.

Frik Botha ·

Wat het geword van die grense wat vir elke skool daargestel was. Dit het heel goed gewerk en ek glo as dit so gebly het, sou daar nie ñ probleem gewees het nie. Maar nou word daar baklei oor taxi roetes ens. wat kinders van buite die skoolgrense aanry skool toe. Ag nee man, hou by die basics dan sal hierdie inkruipery nie plaasvind nie.

Adele ·

Dit is baie erg. Sterkte ouers! En ja daar is die klomp wat baie te se het wat nie eers geraak word deur dit nie!

Danie ·

Die tragiese gedeelte is dat hulle verskeie kere gewaarsku is oor die saak. Maar dit sou verg dat hulle dalk effens uit die gemaksone moes kom. Daar het toedan nog niks gebeur nie. Hoekom omgee of planne maak.

Marietjie ·

Klink definitief nie of die regte konsultasie prosedures gevolg is nie en beslis nie genoegsame kennisgewing nie. Ongelukkig is die skrif aan die muur. Die aantal leerders regverdig beslis nie afrikaanse klasse in die skool nie. Die ligpunt is dat daar net 29 leerders per klas is. Wow ek wonder hoe kry hulle dit reg aangesien dit plus minus 40 leerders is vlgs die dept. Se ratio onderwyser per leerders wat hulle gebruik. Ek hoop die ouers raak geholpe in nabygeleë afrikaanse skole en dat hulle kinders gelukkig sal wees in hulle nuwe skole. Verandering is nooit lekker nie en bring baie vrees en onsekerheid mee by beide die leerders en ouers! Ek sou die skool se distrikskantore kontak en dat hulle seker maak dat die kinders in geskikye afrikaanse skole geplaas word. Hoekom die onus nou op die ouers sit…. hulle is veronderstel om in situasies soos die ouers by te staan en plasings te doen!

Trudie ·

My kind is in die CVO skool en dis die beste besluit wat ek vir sy toekoms kon neem. Ek is nie ‘n dag spyt nie. Ons taal en Godsdiens word voortgebou en die regte beginsels word nog geleer. Ja die skoolgeld is bietjie duurder, maar vir my taal en my kind se toekoms betaal ek dit met liefde. Sterkte aan al die ouers. Dis ‘n groot terugslag veral die tyd van die jaar!!

Schalk ·

Omgedraaide apartheid. Rassisme noem dit wat jy wil maar die dinge gaan haat kweek en selfbestaan ‘n werklikheid maak. Die taal sal voortbestaan. die Afrikaner is nog nie platgeslaan nie. Ons word net sterker

Manie ·

Die feit dat daar oor taxi roetes gekibbel word se presies vir my wie het die skool gekaap. Bedank fw en sy trawante. Die sogenaamde liberale Afrikaners. Ek onthou goed toe ons moes ja of nee stem wat hetdie NP se plakkaat gestaan. Stem ja vir eie skole.

Frik Botha ·

Jy praat so reg na my hart.
Ons kastige no.1 is mos beroemd vir sy kapingsdramas.
Zupta doen en sy aanhangers volg.
In die land van die blindes is die eenoog koning.

yolandeh1978 ·

Wel ek is n ouer van daardie skool, en ek se julle wat…ek en n klomp ander ouers gaan geskiedenis maak want dit is soos dit is, afrikanervolk kan maar net nie saamstaan nie. maar nie hierdie ouers nie..ons baklei vir ons kinders wat watse tipe ouers maak dit ons as ons nie vir hulle baklei nie…se voet sal hulle hiermee wegkom…watch this space!!!

WW ·

Ek het 4 jaar lank in Manserstr gebly waar die skool geleë is. Pragtige straat en pragtige skool. Die containers wat egter opgerig moes word om die massas uit Mamelodi te akkommodeer het niks vir die skool se mooi beeld van weleer gedoen nie.
Sterkte, ek hoop julle kan hond haar-af maak julle weerstand.

WW ·

Ek het 4 jaar lank in Manserstr gebly waar die skool geleë is. Pragtige straat en pragtige skool. Die containers wat egter opgerig moes word om die massas uit Mamelodi te akkommodeer het niks vir die skool se mooi beeld van weleer gedoen nie.
Sterkte, ek hoop julle kan hond haar-af maak met julle weerstand.

JC ·

DANKIE VIR JOU POSITIWITEIT Yolandeh1978, jy inspireer my!!
Ek sit hier in Bloem, maar toe ek jou reaksie sien MOES ek jou komplimenteer.
Dit klink nie of ‘n behoorlike proses gevolg is nie, miskien die Hof nader met ‘n hersieningsaansoek, anders CVO (ook ‘n baie goeie opsie, en ek is seker hulle het plek vir al die Afrikaner kinders, dit help nie mens goeie geld agter ‘n verlore saak aan nie, soos die seding gaan?)

Walter ·

Dis baie maklik, seker elemente in ons land stel mos mooi die voorbeeld vir ons, brand net vanaand die blerrie skool af, dan kan niemand daar skool gaan nie, nee dammit ons kan nie aanhou net stilbly en stilsit terwyl alle afrikaans en afrikaner wese in die grond getrap word nie, hulle verstaan bloot een taal, vuur!!! Brand die blerrie plek totdat daar net ‘n hoop as en puin is……

Dee ·

Yolandeh1978 ek wens julle alle sterkte toe. Dis die regte houding. As net meer afrikaners wil saamstaan en standpunt inneem. If you can’t beat them, join them. Ek hoop om binnekort te lees van ‘n brandende mediasentrum of rekenaarsentrum….. Jou eie medisyne is gewoonlik die slegste…..

Charmaine ·

Ek is self n mamma van n graad 1 seuntjie in die skool en is meer as bereid om saam te staan vir Afrikaans.

Catryn ·

Stem saam jou, opstaan vir jou regte in skool, gaan swaai die plakkate en maak video opnames daaroor. Ons kinders en nageslagte word geforseer in ‘n vermengde “reenboognasie” wat nooit sal werk nie. Sedert 1854 bly daar reeds vandag meer as 30 miljoen etniese swartes, hulle het ALMAL aparte skole in hul eie TRUSTgebiede/CPA’s, en niemand maak daarteen beswaar nie. Na 1994 het hulle steeds aangegaan in “tuislande” word net trustgebiede genoem. Nou as hulle dit mag verkry, mag ons ook ‘n gebied verkry waar ons ‘n reg op het, internasionaal, tot volle soewereiniteit, eie skole, eie kultuur en taal. FW de klerk en sy spanne het al in 1980 al begin om SA op ‘n skinkbord weg te gee vir George Soros en Joe Slovo se kommunisme. DIT vriende , al skop ons teen swart bemagtiging en skole wat van ons kinders weggeneem word, enigste alternatief is selfbeskikking waar ons onsself kan regeer en vir ons kinders weer ‘n toekoms kan gee. STERKTE, onthou net, julle is nie alleen nie.
ENGELS was ook maar die Britse ryk se onderdrukkende taal, maar dis waar al die kommuniste se befondsing vandaan kom. Eintlik van ons eie land af, want hulle kry baie van ons minerale …

Sunet Goncalves ·

Miskien kan julle probeer om meer uit te vind oor die wet of reel wat hul vroeer die jaar wou inbring… om kinders te dwing om na naaste skool toe te laat gaan… email my privaat. Sterkte

Eugene ·

Laat ons nie klippe gooi nie, kom ons help in die krisis. Ouers stuur julle kinders na die Pretoria CVO skool. Vervoer kan gereel word. Lank leef ons moedertaal Afrikaans!

JC ·

DANKIE OOK VIR JOU KOMMENTAAR EUGENE, dit word waardeer :-)
Wat belangrik hier is, is die beste belang v/d kind en dit is dat hul by PTA CVO geakkommodeer word. Dit kan nie verwag word die arme jongelinge moet nou in Engels skoolgaan terwyl hul MOEDERTAAL Afrikaans is, die kinders gaan verseker benadeel word vir die res van hul lewe.
Asb, luister na die kommentaar hierbo en stuur jul kindertjies na Pretoria CVO. (Afrikaanse en Christelike onderwys) Soos hierbo vermeld sal hulp ook verleen word m.b.t. studiegelde, VRA ook vir AFRIFORUM VIR HULP IVM STUDIEGELD INDIEN NODIG. SAAM MAAK ONS ‘N PLAN!

Elmarie Swart ·

Dis so jammer om dit te hoor. Was my hele laerskool jaar by Meyerspark. Onthou nog so die skoollied. Dit is beslis so dat afrikaanse skole wat dubbelmeduim word verengels. Dit gebeur al klaar by Gordonsbaai. Gelukkig is my laaste kind uit laerskool.

Eugene ·

Laat ons nie ”klippe gooi’ nie. Kom ons vat hande ter wille van ons geliefde taal Afrikaans. As die nood druk dan moet ons eerder planne maak en help. Los asseblief die beskuldigings.

Danie ·

Dit is wat die ouers verder sal moet ry indien hulle besluit om CVO-Pretoria te oorweeg:
11,4 km via M6 en Simon Vermopten weg (M12)
13.2 km via M6
13.9 via M6 en N4

Wessie ·

Dit is mos nou nie ‘n verrassing nie. Ons mense weet die goed gaan kom maar ons glo vas dit sal alles uitwerk. Mense word nou wakker en nie die dag as hulle vir jou die nuus gee nie. Hoeveel keer moet die geskiedenis homself nog herhaal.

Verwyder jou kind ·

Nouja toe .. daar sluit hulle dit vir AFRIKAANSE leerlige maar dit is nie diskriminasie nie. Jy mag nie engelse studente uit ‘n afrikaanse skool uithou nie maar jy mag afrikaanse kinders uit ‘n ‘voorheen afrikaanse’, nou parallelmedium skool hou deur sy taal weg te vat. Mooi man, hoop net die skool kry hulle skoolgeld elke maand, of is dit van daardie gesubsidieerde skole, want nie almal is so eager om te betaal soos die arme ou leeggemelkte Afrikaner nie. Gaan sit julle kinders in ‘n ander skool, ek dink dit gaan daar net slegter gaan .. brace yourself, of soek vir jou kind ‘n ander skool.

WW ·

Die woorde wat ek dink mag ek nie hier skryf nie!
Mede- Afrikaanse ouers van Meyerspark: brand die skool af en gaan soek maar ander skool. Jy wil in elk geval nie hê jou kind moet die enigste “afrikaanse” kind daar wees nie. Maar brand eers af – dis mos die regte ding om te doen as jy gehoor wil word.

Pietser ·

Dis duidelik dat die getalle nie Afrikaansonderrig regverdig nie. Die onderrigtaal behoort Engels en Tswana te wees. Die ouers is dan gewaarsku dat die taalbeleid gaan verander toe hul kinders ingeskryf is, nou huil hulle omdat hulle nie beplan het vir die ooglopende verandering nie.

Vicky ·

Pietser, die punt is eintlik dat die skool nie die kinders toe al moes aanvaar nie. Uitfaseer beteken nie net een dag in November besluit ons dat daar glad nie meer in Afrikaans sal klas wees nie. Dit beteken dat hulle van een jaar af glad nie meer Afrikaans gaan aanbied vir gr.1, dan gr.2, maar die kind wat laas jaar in gr.2 was mag sy laerskool klaarmaak in Afrikaans. Hierdie was beslis onregverdig!

Teresa ·

nou wonder ek net hoekom word dit nie ook gesien as diskriminasie nie? hoekom word afrikaanse skole so aangeval? afrikaanse mense gaan forseer nie engels uit ander skole uit nie!!

Moeks ·

Waar is Mnr. Lesufi nou? Laat hy die gemors kom uitsorteer en vir die kinders plek in ander skole kry. Die ouers moet ook sommer eise instel vir die nuwe skoolklere en ekstra vervoerkostes wat hulle nou moet opdok.

Asjas ·

Ek stem saam hy kan die hele Desember vir die kinders plek soek want aansoeke vir 2017 moes al voor Junie vanjaar in wees, en die skool moet on dieselfde prysklas en omgewing wees.

Jean ·

Verander dan asb net die wapen ook want dit is nie in die regte taal nie en ook nie meer verteenwoordigend van die leerlinge nie.

Pietser ·

Afrikaanse skole word nie aangeval nie. Dis tog logies dat waar daar slegs 10% Afrikaanse leerlinge is, Afrikaansonderrig nie ekonomies vatbaar is nie. Sit jou kind in ‘n skool waar Afrikaansonderrig regverdig word deur getalle.

Jaco ·

ek sê weer: wees bly die onderrigtaal is nie Zulu of Tswana nie. Dink net hoe sou julle wit kinders daarmee gesukkel het. Engels is darem algemeen verstaanbaar en julle kinders hoor dit ELKE dag op televisie. Dis eintlik ironies dat die ANC wat so teen Afrikaans is omdat dit glo die taal van onderdrukking was, nou oorslaan na Engels. Engels is ‘n taal wat oorspronklik net deur wit mense in Engeland in Europa gepraat is. En soos wat die Wit Engelse die wêreld verower het, het hulle hulle taal of verowerde mense afgedwing. Eers in Wallis, Skotland en Ierland en later dwarsoor hulle Empire was ENGELS die taal van onderdrukking. So as die ANC nou alles so Engels maak, diskrimineer hulle ook teen hulle eie tale soos Xhosa, Zulu en Tswana.

Eva ·

Dit is tragies, maar ook, as net 12.6% van die skool Afrikaans is, maak dit vir die skool nog sin om afrikaans eerste taal onderig aan te bied? Wat vir my die grootste probleem is, is die feit dat dit nie lank al met die ouers bespreek is nie.

Asjas ·

Die skool behoort ook te betaal vir die nuwe skool klere en wat ookal ander uitgawes daar mag wees aangesien die ouers nie hulle kinders uit eie vrye wil skuif nie. Dan is daar nog die ekstra klasse want nie alle skole werk dieselfde nie, die kinders gaan moet gehelp word om aan te pas. Sue daai skool bankrot!

groenewaldt ·

Sterkte aan almal wat hierdeur geraak word. Steur julle nie aan kommentaar wat julle nie pas nie – dit is oorbodig. Ignoreer dit. Dit is nie belangrik nie. Doen wat gedoen moet word vir julle kinders- en soos ek se. Sterkte daarmee.

Ben ·

Ja, die storie maak my ook so bietjie warm onder die kraag. Die slegte is dat die skool die ouers van die moontlikheid bewus gemaak het en dat slegs 0.77% van die totale leerlingtal Afrikaanssprekend is. Ekonomies maak dit nie sin dat Afrikaanse onderwysers vir so min kinders aangestel moes wees nie. Dit maak die brand in my nek so bietjie ligter. In billikheid moes die skool dalk baie vroeer hulle planne met die ouers gedeel het.

Aan die ander kant is ek opgewonde. Die CVO skole en ander kerkskole soek na kinders om getalle so bietjie te lig. Kostes is wel hoër maar hoe meer kinders , hoe laer die kostes. Hier kry jou kinders gebalanseerde onderrig deur puik onderwys strukture en geniet al die voordele van staatskole. Hulle word opgevoed in hulle eie kultuur tussen hulle eie mense. Hierdie kinder word pragtige senior leerling en jongmense. Ek kan so sê, want ek ken ‘n hele paar van hierdie jongmense.

Pieter Pompies ·

Mense, die land behoort nie meer aan ons nie, ons het nie meer regte nie. Asdaar ‘n CVO-skool in jou dorp of stad is, ondersteun dit asb. Die skole gaan net erger raak en die twak wat hulle in staatskole leer is nie opbouend vir jou kind nie.

TongInDieKies ·

Ek was ook jare gelede in Laerskool Meyerspark – en het net goeie herinneringe. En dit lyk ook nie vir my of die regte roetes gevolg is tydens hierdie hele proses nie, sterkte aan die ouers. Maar ek wonder al baie jare lank oor die skool se wapen en leuse – want ek het nog nooit ‘n regop garingboom gesien nie, die goed hang alewig skeef… “Ons is die Meyersparkse skool, ons doen ons plig in werk en vlyt…”

Mariette ·

My 2 kleinseuns is daar in die skool een volgende jaar gr 6 die ander gr7. Nou is alles ontwrig, en nee, daar is nie vooraf met die ouers gekonsulteer nie. Hulle word in die ding in geboelie en die kinders lei daaronder.

Donovan ·

Weet ek is nie eers meer lis om mooi te praat nie… ek weet nie van julle nie maar ek is GATVOL….

Mina ·

As mens nou emosieloos na die feite kyk: 164 vs 1297 dan wil ek vra: waaroor gaan die bohaai?

Asjas ·

Dit was altyd ‘n Afrikaanse skool en toe albei en nou word die Afrikaanse skool net eenvoudig oorgeneem. Soos malema dit sal stel, die skool is by die Afrikaner gesteel.
As daar een Engelse kind in ‘n klas vol Afrikaanse kinders is dan MOET daar vertaal word, maar hoekom nie andersom nie?
Daarom die bohaai.

peet ·

mense dit gaan oor baie meer as net die taal, die afr sou uit faseer word. Bl het anders besluit bl en hoof verdraai storie.Kyk na vandag se berig

Koos1 ·

Julle moet asb ‘n mosie van wantroue teen die beheerliggaam insit. Dit is ‘n besluit wat hulle geneem het en het net die ouers se goedkeuring daarvoor nodig gehad, en met die getalle was die goedkeuring byna ‘n gegewe.
Nou my nuttelose opmenrking. Ek dien tans op ‘n Beheerliggaam van ‘n skool. Nou wil ek nie veralgemeen nie maar by ons skool gebeur die volgende elke jaar en elke drie jaar, en dit is hoofsaaklik wit mense. As daar Beheerliggaam verkiesing en algemene jaar vergadering is sukkel ons om 35 mense by die vergadering te kry om ‘n korum te skep. Ouers stel eenvouding net nie belang nie, maar as die beheerliggaam besluite neem, wat altyd een groep bly maak en ‘n ander groep vies, moet julle hoor wat die ouers te sê het! Hulle was nie daar toe die beheerliggaam gekies is nie, ook nie as die begroting goedgekeur moet word nie, maar spoel hulle monde behoorlik uit. Met ‘n tussenverkiesing in hierdie jaar was net een nominasie ontvang en GEEN ouer het opgedaag vir die verkiesins vgadering nie!
As ‘n beheerliggaam se kind ‘n prys wen op die prysuitdeling (en heel verdienstelik ook!) word die opmerkings gereeld gehoor: “Ja Pappie is mos op die beheerliggaam.”
Word deel van julle skole en die bestuur daarvan, julle betaal immers ook skoolgeld. As julle deel van die bestuur is het julle ook ‘n sê, en sou die situasie heel moontlik kon vermy gewees het.

janKarsten ·

Stem 100% saam, ouers het geen verskoning as hulle nie deelneem nie.

JanKarsten ·

Regtig, .1267% afrikaans sprekend en julle het dit nie verwag nie, word wakker afrikaans sprekende boere. Ons sal getrap word tot in lengte van dae, en ek laat my nie vertel daar is nie plek vir 164 leerlinge nie. Maar dit is lekker om in die media bejammer te word.

Dis regtig so ·

Dink nie dit gaan oor selfbejammering nie, dit gaan oor ‘n kind wat jy dalk in sy laaste Laerskooljaar moet ontwrig en na ‘n ander skool toe stuur, nuwe skoolklere koop, nuwe area, nuwe vriende. Dit is maklik vir mense om te praat as jy nie direk daardeur geraak word nie, maar probeer jou tog in daardie mense se skoene sit, al was daar nie enige kleur betrokke nie, as jou kind graad 7 was, sou jy hom graag volgende jaar vir een jaar in ‘n ander skool wou sit voordat hy Hoërskool toe gaan? Sommige kinders ry met geleenthede skooltoe, sommige ry met bussies, hulle is in sportspanne, dalk volgende jaar eerste span gehaal waarvoor hulle 4 jaar gewerk het .. daar word reëlings getref vir die kinders en nou die groot ontwrigting. Waar is die plek vir 164 leerlinge? Jy moes reeds ‘n jaar gelede vir jou kind aansoek gedoen het by ‘n ander skool, jy moet wakker word dis nie soos die ou dae wat jy net die 7de Januarie kan gaan opdaag by ‘n skool en hulle jou inskryf nie .. sommige skole het waglyste van twee jaar en langer ..

Elize ·

Wanneer sal die gepruim ophou van alles wat die regering wil he.alles wat die regering se pruim die onderwysers en skoolhoofde. Staan n slag op wys julle is mans genoeg. Alles wat die regering verkeerd doen pruim die regstelsel. Hou tog n slag op.julle sal siek raak van al die gepruim.nie eens ons staatspresident kan behoorlik engels praat nie.maar engels moet alles wees.dis n damm grap.my kleinkind van 5 praat beter engels as hy.

Leonard van der Dussen ·

Daar moet simpatie wees met die gesinne wat in hierdie situasie beland het. Dis nie vir alle gesinne so maklik om vanuit ‘n bestel wat al ‘n eeu lank rondom staatskole gebou is, en dus ‘n bepaalde gemeenskapsverhouding van gewoontes, woonplek, werkgeleentheid en so aan kombineer nie. Waar die druk uitgeoefen moet word, en die swepie van aansporing selfs met verwyte ingespan moet word, is by die welvarende Afrikanergemeenskap wat vooruit moet kan sien en betyds moet belê in gemeenskapskole wat privaat is en self kan bepaal om Afrikaans en christelik te wees en dit vir eie gemeenskap en eie kultuur kan opbou. Maar die waagmoed om die kapitaal in te sit, is nie daar nie. Daar is min mense so lafhartig as ‘n skynryke, pasryke of halfryke nie.

Pietman ·

Kan iemand my asb sê wat die skoolfooie is vir n cvo skool?

Johan ·

Wissel van skool tot skool. Lichtenburg CVO werk dit so ±R1400 per kind uit (gesin van 3). Werk gewoonlik op glyskaal. Eerste en enigste kind is gewoonlik meer.

Wonder uit Weskaap ·

Pragtig om the hoor van die opsies wat daar weereens geskep is vir “Afrikaners” deur “Afrikaners”. Soos vroeer die vorige eeu. ATKV en ander Afrikaanse instansies en skole wat net blatant oorgeneem word omdat ons terugstaan en almal moet en wil akkommodeer. Hoe lank voor selfs hierdie nuut geskepte bastionne soos CVO en Academia ook oorgegee “MOET” word om die vrede te bewaar?

Antoon ·

En dit word net aanvaar? Myns insiens moet instansies soos die geboikot word. Die aksie is on konstitusioneel en dit mag nie aanvaar word nie

Nico ·

My kind is ook in n CVO skool ek ek kan se dit is die beste besluit nog. Baie goeie onderrig. Lekker sportbyeenkomste ens.

J-lee ·

Wat presies is cvo skole? Eerste keer wat ek hoor hiervan. Ek seker die meerderheid afrikaners weet nie eers hiervan nie. Waar kan ek meer uutvind? Maroela Media???…is dit moontlik dat jul ‘n berig met meer inligting oor cvo skole en kontak informasie, ens kan doen? Asb? As daar ‘n skool is vir net ons volk se kinders met christelik waardes en onderrig wil ons hiervan weet. By ons skool trap die kinders af met geboelie vanaf ander volke se kinders en die hoof kan niks meer doen. Met elke saak slaan die onderwys departement hom oor die vingers. Hys net so raad op. Ons skool is nie die enigste n

Penellope Jones ·

En die skool wag tot NOU om die ouers in te lig???

Danie ·

Dit is so beplan gewees om dit op eenslag die einde van die jaar te doen. Die onderwysdepartement lag in die mou. Dit is mos sout in die wonde. Enige iemand verwag dat daar ‘n geruime tyd gegee sal word vir kinders om te skuif, vernaam as mense hulle kinders voor Junie alreeds moes inskryf vir graad 1. Dit is om ons uit te tart en te wys hulle kan doen wat hulle wil. MENSE, ASB LEER HIERUIT EN WEES REG. Dit maak ons net sterkte, hoe vinniger en harder hulle teen ons ingaan. Koop huis redelik naby aan Afrikaanseskole wat groot is. Beplan nou al om weg te bweeg van staatskole af.

Disselboom ·

Bietjie gaan loer op http://www.bcvo.co.za en http://www.cvopta.co.za – lyk of toelatingsvereistes nogal streng op geloof en volkskap is; wonder of CVO-skole noodwendig dan die oplossing is? Dis nie kritiek op hulle toelatingsbeleid nie – dis juis ‘n privaatreg van privaatskole wat mens moet respekteer. Dis dalk net nie so algemene oplossing as wat dit klink vir alle Afrikaanstalige kinders nie.

peanut ·

Nou wonder ek net hoeveel van die “Engels sprekende” kinders praat werklik n ordentlike Engels, en tot watter mate is hulle van die direkte omgewing van die skool

. . . . . en hoeveel van hulle word in “ge-bus” van die “voorheen agtergeblede gemeenskappe

Rina ·

Hierdie Skool word “gerun” deur die ouerbeheerliggaam. Glo my. Daai onderwysers het GEEN se by daai Skool nie….dis nie al besluite wat geneem word sonder ordentlike vooraf beplanning OF goedkeuring nie. En…die onderwys departement is al bewus gemaak oor die wanorde. Maar wat het gekom daarvan….NIKS. SO…..as jy weet jy kan wegkom met ALLES, wat doen jy? Antwoord….NET WAT JY WIL !

Cecily ·

Dit maak sin dat n skool tenvolleoor sal skakel na eng as daar oor die 1200 kinders eng is en daar net 164 afr kinders is want die ander kinders verstaan tienteeneen nie die afr juf nie.

d ·

Ons moet ons nie so baie bekommer, die afrikaner gaan n ander plan maak soos altyd tevore. Ons is min maar ons is slim.

van der walt ·

Dit is ‘n belaglike storie, so gaan dit by meer en meer skole gebeur. Ek stem dat CVO skole die antwoord is, daar is 4 in Pretoria se omgewing , PTA CVO, CVO Moot, PTA Noord CVO en CVO Kleinfontein. Elkeen van hierdie skole is verskillende pryse en elkeen het hulp prosedures t. o. v. finansies. Ek hoor gedurig dat ouers nie hulle kinders in CVO sit nie omdat daar nie sport is nie maar alhoewel dit kleiner is is daar al die sport geleenthede. Buitendien, as daar meer Boere Afrikaners die CVO ondersteun sal die sport ook baie groter word en die kostes kan verlaag. Ek myself was in CVO skole van graad 1 tot graad 12 en ek het deelgeneem aan al die sportsoorte waarin ek belang gestel het. Het selfs by 2 Europese Universiteite toelating gekry juis omdat BCVO ‘n uitstekende standaard het. Ja baie CVO skole lyk nie so mooi en toegerus soos staatskole nie maar dit is een van die enigste veilige plekke waar ons kinders ‘n Christelike, hoë vlak onderwys kan kry in hulle moedertaal, in hulle eie kulturele omgewing en deur onderwysers wat soveel omgee dat hulle selfs vir n veels kleiner salaris daar bly.

Ihs ·

Vergeet van die taal, kyk na die skooldag se tyd-7:30 tot 16:00. My kinders sal weier om skool te gaan. Wat van sport, huiswerk en die belangrikste-om by maats te kuier!

Izzy ·

My hart is seer as ek sien in watter chaos ons land se onderwys verkeer – en hier’s nog ‘n skool. Aan die ouers….. julle kan vasstaan, petisies teken, aan die minister van onderwys (of wie ookal) skryf, maar…….. op die end van die dag gaan hulle net hulle skouers optrek(soos wat hulle met alles doen deesdae) en gaan hulle se dat almal ( BEHALWE Afrikaans sprekendes ) regte het om in hulle taal skool te gaan en dat engels ‘n internasionale taal is ens ens(mos 1000de verskonings solank hulle net nie in Afrikaans hoef skool te gaan nie).

Op die end gaan julle kinders OF in engels moet skool gaan OF julle gaan deur die proses moet gaan van …… ver ry, meer betaal, gewoond raak aan ‘n nuwe skool, nuwe maats vir julle kinders, nuwe gebou om aan gewoond te raak ens. ens. Ongelukkig het die department van onderwys deesdae (so lyk dit) baie geld om te bestee aan prokureurs om hulle sake te verdedig ens. So die proses kan laaaaaaank neem en wat gebeur intussen tyd met julle kinders terwyl hulle in die skool is? Baie sterkte aan die Afrikaans sprekende leerders (en ouers) wat dit verseker NIE verdien nie. Hulle sal nie stop voor ELKE staatskool verengels is nie!

Joey ·

Waar is al die instansies wat gedurig sms en telefoonbemarking doen om afrikaans en regverdigheid te beskerm. Ek betaal elke maand ‘n goeie bedraggie aan twee welbekende “instansies” – ek doen dit juis om ons taal en kultuur te beskerm. Ek kan nie glo dat ‘n skool kan verwag dat kinders skielik in ‘n ander taal moet onderrig ontvang nie. Ag nee maggies ons raak ‘n tweede Zimbabwe.

Marietjie ·

Apparently, the AGM was a huge success. The majority of the parents attended the meeting and from that point it was clear that a very good consultation was made to make sure the parents attend the meeting. In his presentation, the SGB noted that Afrikaans claases were as low as 10 learners per class whilst non-Afrikaans (or rather Blacks) were as high as 45 per class. To balance operational imbalance, and the cost of keeping only White teachers, it was important to reverse the ills of the past created by the dark history. I think this is what made majority of parents happy that the SGB is addressing the major issues very well and patiently.

Dan ·

Is die probleem nie terug te voer na ‘n aantal jare gelede toe so baie “verligte” ouers heeltemal ten gunste was van bywoning deur ander leerlinge nie? Nou dat die wiel gedraai het wil hulle kla en na CVO skole hardloop. Destyds met die stigting van die CVO skole was die konsep baie erg deur die “verligtes” veroordeel en uitgemaak as ‘n bose plan deur “simpel regses”. Hou dan nou?

pbotha ·

Dis jammer om sulke nuus op kort kennisgewing te kry. Iemand moes daarvan geweet het maar het geswyg. Realiteit is egter dat daar seker genoeg geleentheid was om die Afrikaanse leerling getalle op te stoot deur die jare? Ons mense moet daadwerklik optree lank voor hierdie goed plaasvind. Dit help nie om slagoffer te speel as dit eers gebeur het nie. Dalk nie ‘n slegte idee om ons kinders bloot te stel aan Engelse onderrig nie…maak hul sterk vir die besigheids wereld. Afrikaanse blootstelling kry hul sekerlik met trots tuis.

Corné ·

Ek was baie jare terug in Laerskool Meyerspark! Elke keer as ek ń garingboom sien dink ek aan die leuse: Groei groots en suiwer!

Sterkte aan elke ouer en kindjie wie se wortel geruk is deur hierdie verandering, my gebed is dat julle julle wortels op ń beter plek sal kan vestig en voort gaan om groots en suiwer te groei!

Penny ·

Dis hartseer ,alles gaan tot niet ,,onthou jul die JA Stemmers ??

Charmaine ·

Afrikaans val weg asook skool ure wat verleng word, hoe moet n graad 2 kind vir solank skool gaan op n dag?

Kriekit ·

Buiten die gesprek oor hoe dit almal se reg is om in hul huistaal onderrig te word, regtig mense! As ek al vir 5 jaar lank geweet het my kinders sal voor hulle klaar is met hoërskool na Engels toe moet verander as a medium, het ek lankal plan gemaak om hulle ekstra onderrig te gee in Engels. Om nou te huil oor iets wat jy 5 jaar terug geweet het is net dom onnosel.

Sê maar net ·

Ek het my kinders ingeskryf by Impak. Hulle eerste jaar is nou very en ek moet sê dat hulle punts baie verbeter het. Hulle was hierdie jaar by ‘n Tutor sentrum, maar sal van volgende jaar tuisonderrig doen. Dis goedkoper as skoolgelde en mens hoef nie skoolklere te koop nie. En bo en behalwe alles ontvang hulle individuele aandag.

jaco ·

n Kind kan lekker maklik crook in n eksamen wat hy na n jaar van tuisonderrig by die huis skryf. Dis maar net so useless soos vraestelle van staatskole wat elke jaar uitlek en op Whatsapp versprei word.

thelsa ·

Komaan ouens. Glo julle werklik 167 Afrikaanssprekende leerders (12%) is die meerderheid ??
What were you thinking ?!?! Julle maak aanspraak op wat ?????

Johan Barnard ·

Alle staatskole is in elk geval chaos, van die onnoselwysdepartement regdeur. Geen mens met nugtere denke kan meer daarop aanspraak maak dat die staatskool waarin sy/haar kinders is, ‘n ‘goeie’ skool is nie want die leerplanne is nie goed nie.

Dit kos ons ongeveer R1 300 per jaar vir 3 kinders om tuisonderrig op Kenweb te doen, sonder uitgawes vir skoolklere, vervoer, die alewige bedelbriefies van die skool af vir nog geld, ens.

Ek weet dit is nie vir alle mammas moontlik om tuisonderrig te gee nie, maar dit is wel moontlik om ‘n klompie kinders na een mamma wat daarvoor kans sien te laat gaan vir tuisonderrig en haar dan miskien daarvoor te vergoed.

Die leerplanne maak sin en daar is regte vakke soos Geskiedenis, Aardrykskunde, ensovoorts, nie hierdie deurmekaar gemors wat die staatskole opdis as ‘n kamtige uitkomsgebaseerde klomp snert nie. Al uitkoms wat ek nog ooit gesien het, is matrikulante wat uitkom en glad nie kan lees of skryf nie.

Oorweeg dit gerus, dis deur en deur die moeite werd.

Ockert Kruger ·

Dis OK om afrikaans suiwer te hou… maar as jou kind nie heeltemaal vlot is met engels nie, het die kind n agterstand… Julle kan maar nou net so wel dat julle kinners hulleself regmaak met n wereld taal. Hulle gaan in elk geval heel waarskynlik oorsee opeindig en afrikaans dan net n gedagte. Universiteits boeke is in engels. Ek weet. Ek het in Bloemfontein Afrikaans grootgeword en gesukkel in die wereld met engels… Laat julle kinners dit so gou as moontlik vlot in hulle lewe kan praat en verstaan. Solank afrikaans as n vak nog daar aangebied word.

Patty ·

Die skooltye laat my terug dink aan wat my ma ons altyd vertel het. Hul het in die oorlogsjare skool gegaan hier in die 1940″s. Hul skoolure was ook so lank maar alles is in hierdie tyd gedoen. Skool/sport en huiswerk. So as die kinders huis toe gegaan het was alles afgehandel. Miskien is dit die rede vir die verandering omdat die kinders met taxi’s aangery word nou hoef ouers by die huis nie te worry nie en die skool weet die huiswerk word gedoen??

Cobus ·

Bietjie lig op die onderwerp. Die beheerliggaam se groot meerderheid is swart. Die skoolhoof baklei vir maande om te verhoed dat afrikaanse kinders pad moet vat. Hy het daagliks met die Departement van Onderwys gepraat. Daar gaan nou n hofgeding wees rondom hierdie nagmerrie. Ongelukkig is dit so dat die beheerliggaam die afrikaner wil uit he, soos met als anders.

peet ·

Dit us nie al nie, daar is baie ander sake betrokke wat ook engelse leerders raak

koos ·

Hul gebruik afrikaans as rede, daar is baie meer wat onderwysers en albei tale raak! Ouers was nie bewus wat daar in die skool aangaan nie!

peet ·

Hul gebruik afrikaans as rede, daar is baie meer wat onderwysers en albei tale raak! Ouers was nie bewus wat daar in die skool aangaan nie!

Neewat ·

Die ja-stemmers moet verantwoordelikheid vat. Maar hulle is te sleg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.