Pretoria-man doodgeskiet tydens huisroof

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn Man is Saterdagaand doodgeskiet toe drie gewapende mans by sy vriend se huis in die Buffelsdrift-bewaringsgebied in Roodeplaat, Gauteng, ingebreek het. Die man het die aand by sy vriend se huis gekuier.

Volgens lede van die buurtwag het die verdagtes die huis omtrent leeggedra.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die drie verdagtes het Saterdagaand omstreeks 23:30 die huis deur die badkamervenster binnegegaan. Hulle het die inwoner van die huis en sy vriend, wat die aand daar gekuier het, onkant betrap.

Die verdagtes het die twee mans, vermoedelik in hul 50’s, met elektriese koorde aan stoele vasgebind.

Die inwoner se vriend het probeer terugbaklei en is in die proses geskiet. Petrus Nel, die voorsitter van die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê die slagoffer is nie dadelik dood nie, maar het eers later aan sy skietwond(e) beswyk.

Nel sê hul GPF se subsektor in Buffelsdrift het op die voorval gereageer. Lede van die Buffelsdrift-gemeenskap het ook gehelp om die toneel te beveilig.

Die polisie is ook na die toneel ontbied.

“Die twee mans was amper twee ure lank vasgebind terwyl die verdagtes die inwoner rot en kaal besteel het. Hulle het omtrent alles in die huis gesteel,” het Nel aan Maroela Media vertel.

Makhubela sê die verdagtes het die gesteelde goedere op een van die mans se VW Amarok-bakkie gelaai en gevlug. Die bakkie met die gesteelde goedere is egter net daarna by ʼn padblokkade op die R101 in Annlin in Pretoria-Noord deur die metropolisie afgetrek. Die verdagtes het toe uit die bakkie gespring en te voet gevlug. Die meeste van die gesteelde goedere is teruggevind.

“Net na die verdagtes weg is, het die inwoner van die huis homself losgewoel en sy vriend wat geskiet was, probeer help, maar dié het aan sy beserings beswyk,” vertel Nel.

ʼn Saak van moord is by die Kameeldrift-polisiestasie geopen. Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“Medelye vanaf die Kameeldrift GPF aan almal wat geraak is deur hierdie sinnelose misdaad,” lui ʼn boodskap wat deur die Kameeldrift GPF uitgestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Delon ·

ek wonder hoe lank dit mense gaan vat om te besef wat werklik aangaan
blankes is so naief

Fedup ·

It is disgusting that people are getting robbed and killed. And mad hatter and the stupid circus will not lift a finger to stop this.

Genis ·

Dis sleg, in n padblokkade, toe weghol… pateties verby…

Spookasem ·

Condolences to the friend and family of the victim.

I have yet to read that the police catch everyone they are in pursuit of or at a road block! What is the matter with them? Unfit? Too afraid to give chase? Don’t know how to use their firearms? Or too busy checking for cigarette smokers? Exactly what did they learn during their six month’s training? Zilch, Nada…

Our police force is a total joke, led by the clown in the hat. However, what they know to do is assaulting and robbing defenseless civilians.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.