Pretoria-man in hof oor ‘onwettige skedulemiddels’

Die beskuldigde het na bewering ʼn geheime laboratorium wat skedulemiddels vervaardig onwettig vanuit sy huis bedryf. Foto: Verskaf

Die 28-jarige man van Pretoria wat in hegtenis geneem is omdat hy na bewering ʼn geheime laboratorium wat skedulemiddels vervaardig onwettig vanuit sy huis bedryf het, sal in Mei weer in die hof verskyn.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, sê die 28-jarige verdagte het Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van vervaardiging en handel in geskeduleerde middels. Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Volgens Ramovha het die Valke weke lank die verdagte se huis dopgehou voordat ʼn taakspan onder leiding van die Narkotikaburo (Saneb) op die perseel toegeslaan het met ʼn soek-en-beslagleggingslasbrief.

“Die span het afgekom op masjiene om kapsules te vul en te druk, asook pakke wat oënskynlik geslagsprikkelmiddels en steroïede bevat. Daar is beslag gelê op dié items met ʼn geraamde straatwaarde van meer as R300 000,” sê Ramovha.

Die beskuldigde sal op 10 Mei weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daan Erasmus ·

Die berig moet ‘n verdien ‘n opvolg. Die feite is nog min en dun. Klink interessant.

Maljan ·

Hy het vir homself werk geskep en n inkomste gekry. Nie by die verkeerskruising met n plakkaat gaan staan ie. Gee hom eerder n bonus en n rdp huis.

Swartbees ·

n Baie goeie voorstel maar ongelukkig tel sy ras teen hom.

Cheap pille en dwelms vir almal ·

As die lesers hierdie goedkeur en ondersteun dan is dit seker ook reg om dwelms by die huis te vervaardig en te verskaf om op die straathoeke te verkoop? Hulle verkoop alreeds, of nog steeds, daardie kruie dwelms vrylik in Pretoria se strate wat ook selfvervaardig word. Net so lank niemand vermoor word nie dan is alles OK?

juba ·

Ek weet nie van dwelms nie, maar sy prikkel middels het my gehelp en nou is dit so goed soos afgesny.

Karolis ·

Dit bly die koper se besluit om hierdie tuisgemaakte samestellings asook dwelms aan te koop en hom- of haarself te vernietig.

Marinda ·

Ek lees nerens van dwelms nie, maar wel van skedulemiddels.
Ja Maljan, presies wat ek ook gedink het van werk skep.

Sê maar net 1 ·

Skedule middels ten duurste by apteke koop of goedkoper by iemand wat dit self maak in sy garage? Weeg beide se voordele en nadele op.
Besluit self

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.