Pretoria-man sterf in botsing met trein

ʼn Man is Dinsdagaand dood ná die voertuig waarin hy gery het met ʼn goederetrein by ʼn kruising in Jan van Riebeeckstraat, Pretoria-Noord, gebots het.

Volgens Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, wou die man die kruising oorsteek toe die trein hom getref het. Die trein het die voertuig sowat 200m ver gestoot voor dit tot ʼn stilstand gekom het. “Die man is op die toneel dood verklaar. Sy liggaam was in die wrak vasgevang en die brandweer moes lewenskake gebruik om sy liggaam uit die wrak te haal. Verkeer is ook erg in die omgewing ontwrig,” het Wicks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.