Pretoria: Metro-eiendom afgebrand

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek. Foto: ANA

ʼn Plaaslike munisipale kantoor van die Tshwane-metro en talle voertuie, waaronder vyf munisipale voertuie, is Donderdagaand aan die brand gesteek.

Gewelddadige betogings het in die Refilwe-township buite Cullinan, oos van Pretoria, uitgebreek toe inwoners die strate ingevaar het om hul ontevredenheid uit te spreek oor hul hervestiging.

Dit volg nadat beamptes van die Tshwane-metropolisie en die Rooimiere inwoners van die township se Marikana-uitbreiding 5-gebied verskuif het aangesien hulle die gebied onwettig beset.

Die betogers het vroegaand begin om strate te versper met klippe, stompe en bande wat aan die brand gesteek is, waarna hulle na die munisipale kantoor opgeruk en die gebou en voertuie aan die brand gesteek het. Die groep het ook private motors aan die brand gesteek en polisievoertuie met petrolbomme en klippe bestook.

Foto: ANA

Foto: ANA

Die metropolisie en beamptes van die openbare orde-polisie kon daarin slaag om die skare uitmekaar te dryf.

Konst. Conny Moganedi, woordvoerder van die Cullinan-polisie, het gesê die situasie was teen Vrydagoggend kalm. Die polisie bly in die gebied om die situasie te monitor.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dit is die tweede voorval van geweld in twee maande wat in die township uitbreek weens hervestigingkwessies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jef ·

Ag ja wat brand alles maar tot die grond af wie gee nog om, daar is nog baie om af te brand.

Johann ·

Brand en breek en verwoes want dis my reg…doen wat ek wil waneer ek wil …plak waar my pas…want daars net geen gevolge vir my aksie nie!

A.G ·

Eers gaan stem jy en na jy gestem het dan gaan jy voort om alles af te brand omdat jy ontevrede is met diens lewering ens.

Anti DA ·

Die munisipale kantoor en voertuie word aan die brand gesteek en niemand word gearresteer nie want in Suid-Afrika monitor die polisie net.

johan ·

Ja wat ons onwettige mense is mos wettig hier ons maak soos ons wil geen vinger af druke hier nie,en niemand kan ons opspoor en iets doen nie

Sarie ·

Die DA sal gou uitvind Tswane is ‘n ander ball game as die Kaap. Hulle sal moet streng optree van die begin af.

Karma ·

@Sarie, ja, Pretoria is ‘n ander “ball game” of, soos die Engelse “another kettle of fish altogether”. Want hier, in die Wes-Kaap, het die mense VERSTAND en hulle gebruik dit. Die ANC het die “boot” gekry in baie munisipaliteite in WK, al met die vorige munisipale verkiesing. En ons gaan voort – die enigste werkende provinsie in die Land!

Nita ·

Waar is stadsrade se beplanning. N stuk grond word geoormerk vir n nuwe buurt. Dit word opgedeel in erwe. Nou word EERS water, riool en elekrrisiteis aangele soontoe. Nou word daar op gediensde erwe gebou. Elke Jan Rap en sy maat kan nie agter elke bos en op enige heuwel bou en dan verwag alle dienste moet dan eers verskaf word nie

Wat-ek-lees ·

Hulle bou nie agter elke bos nie Nita, dit word as toilet gebruik . . . !!

Karma ·

@Nita, gee kans …. die metro was tot onlangs nog ANC-land. Dit was húlle wat dié spul plakkers daar toegelaat het. Die DA gaan dinge begin doen in wyke waarvan hulle in beheer is en dit is nou waar die beplanning inkom: grond vir stigting van nuwe buurte sal geïdentifiseer word, erwe uitgelê en strate gemaak, sanitasie aangelê ens. voor die mense pre-fab huise kry (of selfs net Wendy huise!) en hervestig word. Die ANC sou die mense net daar in hul ellende gelos het. Maar kyk dan nou so drie maande later in op daardie “nuwe” buurt – dan sien jy maar weer net krotte wat aangelas is aan die bestaande huise, hordes half-kaal, snotneus kinders en nog meer verhongerde honed wat aan kettings vasgemaak is in die hitte/koue, sonder kos of water. Dit is net soos hierdie mense leef!

Cherokee ·

Dit is steeds ANC-land, Karma. Administrasie is verskuif na die DA-afdeling van die ANC.

Peter ·

Ek is vanoggend deur my werker ingelig met presies wat daar gebeur het. Voor die verkiesing het die ANC blykbaar kospakkies ter waarde van R100 k uitgedeel. Toe wen die DA in daardie gebied. Die gedeelte waar die myn onwikkel se kontrakteur het om onbekende tedes die trekpas gekry toe sê die suur ANC raadslid die mense moet in die myn se huisies intrek want die DA kan nie vir hulle sorg nie en nou dat als afgebrand is, sal die DA geld moet leen by die ANC.

Marie ·

Die DA moet daai groot pakette wat die vorige klomp en munisipaliteits bestuurder dagvaar om daai geld te kry en alles weer te herbou en voertuie te koop.Dit sal die regte ding wees om te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.