Pretoria-naamvergadering van die baan ná derduisende SMSe

red pretoria naambordAfriForum het betroubaar verneem dat die Tshwane-metroraad besluit het om die openbaredeelnamevergaderings, wat hulle op 12 Oktober oor die verandering van Pretoria se naam sou hou, te kanselleer, nadat dit duidelik geword het dat AfriForum se veldtog ter behoud van Pretoria se naam oorweldigende steun van die publiek ontvang het. Binne enkele dae nadat AfriForum sy veldtog van stapel gestuur het, het meer as 160 000 lede van die publiek reeds per SMS hulle stem ter behoud van Pretoria se naam laat hoor deur hulle naam na 31481 te SMS.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die kansellasie van die openbare vergaderings ʼn oorwinning vir almal wat deur die sosiale media en per SMS druk op die metroraad geplaas het om nie voort te gaan met die naamsveranderingsproses nie. “Die metroraad se plan om die uitslag van verlede jaar se openbaredeelnameproses, waartydens 81% van deelnemers ten gunste van Pretoria se naam was, te omseil met ʼn nuwe proses op 12 Oktober, is in sy spore gestuit deur die praktiese demonstrasie van die oorweldigende steun vir Pretoria se naam,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat die oorwinning met die kansellasie egter nie beteken dat die stryd vir Pretoria se naam finaal gewonne is nie. Volgens hom sal AfriForum en voorstaanders van Pretoria se naam steeds op hulle hoede moet wees en aanhou om steun vir Pretoria te wys. Kriel het daarom aangedui dat AfriForum sy SMS-petisieveldtog voortsit en ook op Saterdag, 2 November weer ʼn musiekfees by die Voortrekkemonument gaan hou om steun vir Pretoria se naam te wys. “Dit is nodig, aangesien die ANC die proses om Pretoria se naam te verander, sal voortsit, sou hulle vermoed die steun vir die hoofstad se naam begin taan,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is AfriForum gereed vir die gebeurlikheid indien die metroraad op kort kennisgewing openbaredeelnamevergaderings sou reël om die proses vinnig deur te stoomroller. “Die nuwe tegnologie en sosiale media maak dit gelukkig moontlik om die meer as 160 000 mense wat per SMS hulle steun vir Pretoria gewys het, op kort kennisgewing te mobiliseer en in te lig van enige nuwe rondte openbare vergaderings,” het Kriel gesê.

AfriForum het die publiek by monde van Kriel bedank vir hulle voortgesette steun ter behoud van Pretoria se naam, “aangesien die afwering van die naamsverandering die afgelope agt en ʼn half jaar, nie moontlik sou wees sonder die oorweldigende steun van die publiek nie.”

Lees die Tshwane-metro se kommentaar hier.

Lees ook: 
Pretoria se naamstryd nou snelwegnuus
Meer as 100 000 stem in een dag vir Pretoria-naam
AfriForum: “Kulturele vandalisme van Pretoria se naam belemmer Erfenisdag”
AfriForum sê ANC-wraaksug is die rede vir naamsveranderings
81% wil glo Pretoria se naam behou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Louis Marais ·

Selfs die magtige ANC sal sy dag kry, goeie werk AfriForum, tot die volgende aanslag.

Makkie Bothma ·

AMEN. Ons sal Veg vir die Pretoria Stad om sy naam te behou met ons LEWE. Dit is al wat ons nog oorhet

Pieter van Wyk ·

Knap gedaan.

Dit is hoog tyd dat die anc eerder aandag skenk aan hulle verkiesings beloftes en orde skep in die chaos wat hulle veroorsaak. Spandeer publieke geld op die bou van huise, opknapping van infrastruktuur en die instandhouding daarvan en los ons geskiedenis uit.

A.W. ·

Pretoria sal Pretoria vir my bly al verander hulle die naam na WAT en WIE ookal!!!!!

waaromnie ·

Verander sommer al die name in die land wat julle wil en kry nou vir eens en altyd klaar.

magdalena ·

Jammer jij denk so ! Is jij nie trots op jou eie kultuur en taal nie?Veg daarom een bikie en laat die heel wereld en al die SAfrikaners hulle gekende name behou.! Ek is fier dat ek kon help bij die ondersteuning van Afriforum. ,vanuit Vlaanderen,dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.