Pretoria-onluste: 24 vas wat glo plunder

Talle winkels is Dinsdagnag (21 Junie 2016) in Pretoria geplunder. Foto: Twitter

Talle winkels is Dinsdagnag (21 Junie 2016) in Pretoria geplunder. Foto: Twitter

Minstens 24 mense is Vrydag in hegtenis nadat ʼn winkelsentrum vroeër vandeesweek tydens die Pretoria-onluste in die noorde van die stad geplunder is.

Volgens lt.genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiekommissaris, word die sukses toegeskryf aan ʼn deur-tot-deur-soektog deur die polisie in Mabopane.

Mabopane Mall het onder plunderaars deurgeloop nadat gewelddadige betogings regoor die stad uitgebreek het nadat die ANC Thoko Didiza as sy burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metroraad benoem het.

Klere-, meubel-, selfoon- en kruidenierswarewinkels is in die winkelsentrum geplunder.

Phahlane het gesê ʼn spesiale operasie is van stapel gestuur om na die gesteelde goedere te soek en dat dit tot dusver ʼn sukses is. Meer inhegtenisnemings word verwag soos wat die operasie voortduur.

Die polisie het onder meer beslag gelê op klere, yskaste, beddens en boumateriaal.

“Die gesteelde goedere word by die polisie gestoor en ons gaan met die sakeondernemings werk om dit te identifiseer,” het Phahlane gesê.

Lees alle vorige berigte oor die Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Wonder maar net ·

Wat gaan hulle nou doen met daai 24 ? Weer los laat? Of beboet? Om net weer aan te gaan soos voorheen? Walglik!

inhegtenis ·

inhegtenis geneem dit moes voor die plundering reeds gedoen word. verstommend dat sapd so spoedig hierdie plunderaars kon.vastrek. was hulle deel van die selfhelp operasie. ipv saakbeveiliging? Walglik om te dink jy betree more die strate en winkelsentrum en skuur skouer met dieselfde plunderaars

Lance ·

Net 24 …sluit dit polisie lede in ??? Polisie is pateties!!! Gaan ook niks met die 24 gebeur nie …glo my ….te damn lamsakkig .

pieter ·

ek dog hul plunder omdat hul honger is nou hoe maak meubels en toebehore jou maag vol

M A ·

Ek dink die SAPS is dapper om van huis tot huis te soek. Dat hulle al 24 gekry het, is baie goed, as jy in ag neem hoe die riemtelegram werk. Dis polisie is seker ook al moedeloos dat hulle mense vang wat dan net by die hof uitstap sonder enige straf. Hulle probeer darem, al is dit laat en min. Sterkte aan SAPS.

GES ·

Ek raai dit sal op die selfde manier as my geval waar ek die klaer was hanteer word. Die staatsaanklaer sal vra of die beskuldigdes aan ander ‘verwante’ (fiktiewe) sake gekoppel kan word vir ‘n swaarder straf. Die ander (fiktiewe) klaer sal sy saak dan terugtrek en die skuim sal weer losgelaat word. Hoe is dit vir knap regspleging?

Lance ·

Se wat jy wil die polisie is gevind dat hulle self geplunder het ….so ja sure hulle probeer hard (shame )….nee man SAPD is n damn joke !!

Johan ·

Yskaste, beddens, boumateriaal. …………dit f@@$/&*( belaglik……….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.