Pretoria-onluste ontwrig Junie-eksamens

Tydens die onluste in Pretoria in Junie 2016. Foto: Twitter

Tydens die onluste in Pretoria in Junie 2016. Foto: Twitter

Die gewelddadige betogings wat sedert Maandag in Pretoria woed, het skole se onderrig en die Junie-eksamens ontwrig, het die Gautengse departement van onderwys Woensdag gesê.

“Junie-eksamens vir deeltydse Senior Sertifikaat-kandidate is deur die betogings geraak,” het Oupa Bodibe, woordvoerder van die departement, gesê. “Ons is in gesprek met die departement van basiese onderwys om te besluit wanneer die vraestelle geskryf sal word. Plaasvervanger-vraestelle is voorberei vir sulke moontlikhede.”

Bodibe het gesê herskryf-geleenthede vir die ander grade wat eksamens misgeloop het, sal met die onderskeie skoolhoofde bespreek word om voorsiening te maak vir die vakke wat geraak is.

Geweld het drie dae gelede in Pretoria uitgebreek waartydens paaie afgesper, busse gebrand en winkels geplunder is in onder meer Atteridgeville, Mamelodi, GaRankuwa en Hammanskraal. Betogers is glo gekant teen die ANC se besluit om Thoko Didiza as die party se burgemeesterskomiteelid vir Tshwane aan te wys.

Talle winkels is Dinsdagnag (21 Junie 2016) in Pretoria geplunder. Foto: Twitter

Talle winkels is Dinsdagnag (21 Junie 2016) in Pretoria geplunder. Foto: Twitter

Woensdag was die betogings kalmer, hoewel geweld steeds plek-plek opgevlam het. Die geweld het na Mabopane versprei waar plaaslike winkels deur betogers bestorm en geplunder is. Die polisie het ook bevestig dat twee mense wat Dinsdagnag glo ʼn winkel in Mamelodi geplunder het, doodgeskiet is.

Bodibe het gesê die Gautengse departement van onderwys is in noue verbinding met die polisie om skole in die provinsie te monitor.

“Ons skoolpatrolleerders is opdrag gegee om oplettend te wees en enige verdagte aktiwiteite rondom die skole onmiddellik by skoolhoofde aan te meld. Ons doen ʼn beroep op gemeenskapslede en die skole se beheerliggame om die departement te help om ons skole veilig te hou sodat die toekoms van ons leerders nie in gedrang geplaas word nie.”

Lees alle vorige berigte oor die Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

charlene ·

Hi, julle sal ons nie glo nie maar Hermanstad, Hercules, Booysens (Pretoria), Clearmont, Mounten View, Tuine ens is ook geraak deur die betoogings…. ons kare is ook met klippe bestook, die paaie in daai areas is ook verbrand…….

Edward ·

Die skade aan winkels en eiendom het fo … niks met protes te doen nie. Dit is plein barbaarse optrede deur sy ondersteuners. Eintlik moet Ramokgopa daarvoor betaal aangesien hierdie betoging nie “sommer net” begin het nie.

Irene ·

Man regering hits hul aan laat ons wit mense dit doen skiet hulle ons praat van ontwrig vir skole hulle ontwrig dit self sien dit op tv

Maria van Dieweeck ·

Tata Tukkies of askies, farewell amatuks. Lekker brand!

m ·

Hoop regtig mense se oe sal oopwees as hulle moet gaan stem. Hoe gouer ons hierdie patetiese regering afstem hoe gouer sal hierdie land weer na normaal kan terugkeer. Dinge kan nie meer so aangaan nie. Zumpie swyg ma net oor al hierdie chaos omdat dit sy eie mense is wat so aangaan……..

DD ·

Ongelukkig lyk dit of hierdie “opgevoedes” nie vir hulself kan dink nie. Brand vandag, maar more stem hulle maar weer vir die rede hoekom hulle gebrand het. Requires a special kind of stupid.

Theuns ·

Graag deel ek ‘n gediggie van Totuis wat jare gelede betrekking op ‘n ander situasie gehad maar wat hy net sowel vir al die gemors wat huidiglik gebeur kon geskryf het! Totuis noem dit:

BALLADE VAN DIE GRYSLAND

Die vroegre boere-paradijs
is nou een molshoop, groot en grijs

Totuis: Trekkerswee

Daenerys Targaryen ·

Sjoe ek wonder nou net wat sal gebeur as so ‘n tipe betoging naby Nkandla moet uitbreek. Sal daar dan ingegryp word? Sal plundery dán voorkom of gekeer word?………….

Sterretjie ·

Gee vir die studente wat nie kan eksamen skryf 100% vir die vraestel want dit is nie hulle skuld nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.