Pretoria-onluste: ‘Weermag net as laaste opsie ontplooi’

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Foto: Flickr/GovernmentZA

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, het Dinsdag aangekondig dat die weermag nie in die stadium ontplooi sal word nie te midde van geweld oor groot dele in en om Pretoria.

Mapisa-Nqakula het gesê alle veiligheidsmaatreëls sal eers uitgeput word voor die weermag as “laaste opsie” ontplooi sal word. Sy het gesê die situasie word daagliks onder die loep geneem en dat wetstoepassingsagentskappe 24 uur per dag op gereedheidsgrondslag is.

Mapisa-Nqakula het gesê Pretoria is die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika en dat wetstoepassingsagentskappe nie “anargie” sal toelaat nie. Sy het gesê chaos en vernietiging wat die massabetogings kenmerk, is onaanvaarbaar en kan nie toegelaat word nie. Die minister het die publiek versoek om kalm te bly en gesê sigbare polisiëring is opgeskerp en dat sogenaamde “brandpunte” gemonitor word.

Mapisa-Nqakula het gesê minstens 20 sake word ondersoek in verband met die geweld en vernietiging van eiendom en dat daar ook al talle arrestasies gemaak is. Volgens haar veroordeel die regering geweld en die vernietiging van eiendom en sal diegene wat daaraan skuldig bevind word aan die pen ry.

“Dit [Pretoria] is die hoofstad van die Republiek van Suid-Afrika en daar is geen manier dat wetstoepassingsagentskappe sal toelaat dat die soort van anargie wat in die afgelope 24 uur waargeneem is, voortgaan nie.” Sy het die tonele wat in die strate van verskeie gebiede van Pretoria uitgespeel het beskryf as die werk van “skollies”, “anargiste” en “bendelede” wat vasbeslote is om die protesaksies van inwoners, wat waarskynlik geldige griewe het, te kaap.

David Mahlobo, minister van staatsveiligheid, het tydens die mediakonferensie verwys na ʼn sogenaamde rooi waarskuwing wat die ronde doen op sosiale media. Die waarskuwing lui dat geweld in die Pretoriase middestad aan die toeneem is en dat mense daar moet wegbly. Volgens Mahlobo is die inligting vals en het dit ten doel om paniek te saai.

Mahlobo het gesê enige inligting oor moontlike bedreigings sal van die regering af kom en dat die land se intelligensiedienste nou saam met die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (Natjoints) werk.

David Makhura, premier van Gauteng, en lt.genl. Elias Malewa, die polisie se afdelingskommissaris vir operasionele reaksiedienste, was ook by die mediakonferensie teenwoordig.

Massabetogings woed sedert Maandag in en om groot dele van Pretoria, glo weens ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metrogebied.

Die ANC het Maandag aangekondig dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane vir die komende munisipale verkiesing sal wees. Kgosientso Ramokgopa, die huidige burgemeester, asook sy adjunk-streeksvoorsitter, Mapiti Matsena, sal dus nie weer verkiesbaar wees nie.

Die besluit het massabetogings in townships in en om Pretoria tot gevolg gehad. Geweld het op verskeie plekke uitgebreek en eiendom is vernietig. Die betogings het ook met plundery gepaardgegaan.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vroeër in ʼn verklaring gesê ʼn spesiale krisissentrum is op die been gebring om die onrus te hanteer. Alle polisielede in die stad, asook dié wat van diens af is, is ontplooi in Arcadia, Mamelodi, Soshanguve, Atteridgeville en in die weste van Pretoria. Lede van die SAPD-hoofkantoor is ook ontplooi om met die polisiëring te help.

Lees alle vorige berigte oor Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Lida ·

Genade waarvoor wag hulle? Spring in en handhaaf wet en orde. Belaglik

Ivan ·

Sy het nie die vaagste benul waarvan sy praat nie, en is een van die vele wat nie in soortgelyke poste hoort nie.

Jana ·

Ja nee…. Hulle gaan nou eers wag tot Pretoria heeltemal verwoes is voor hulle gaan optree!

Wikus ·

Mnr Cyril onthou jy nog in die laat 80’s toe die ANC burgerlike ongehoorsaamheid gepropageer het! Geen dienste betaal ensomeer. Dit het nou kultuur geword. Wat verwag julle nou anders.

Irene ·

Bendelede en skollies wat verantwoordelik is wat se pille gebruik sy

HEVW ·

natuurlik bang vir die wereldbeeld wat deur die teenwoordigheid van die weermag geskep gaan word. Ook n wyse van sensuur wat toegepas word. Speel tog maar oop karate sodat die wereld kan sioen.

Lida ·

Sy moet seker eers gaan vasstel of die weermag nog bestaan en presies wat van hulle verwag word. Duidelik het liewe lulu nie n idee nie.

Steven Siege ·

Hierdie oproer en onluste laat 1976 soos n piekniek lyk, die ergste is dit is die regerende party se eie mense !

CVS ·

Dankie Steven Siege.!! Wonder net?..gaan ons n vakansiedag kry? Of gaan jeug DAG net verleng word na Jeug Week??????

Elanie ·

Die minister moet nou eers die weermag gaan soek en kits opleiding gee. Wonder maar net waarom Zuma so stil is.

TTh ·

Ek sou niks van die ANC (SAKP + EFF) vertrou nie – niemand is aan die stuur van sake nie – ek dink ons is by die punt van ‘omdraai’ verby, maak reg vir baie moeilikheid met die ‘people’, die polisie sonder diens en die sogenaamde ‘weermag’ … gaan kyk gerus na wat tans gebeur in Venezuela !!!

Anti-Haas ·

Soos die liedjie gaan…… “Die witbroek sit nie nice nie want dis nie die regte size nie……..”

Sampie ·

Hoekom as laaste opsie?
Want die weermag sal soos die brandslaners net wag tot hulle op die job is en dan staak vir meer pay…..lol!

Jean B ·

Die ANC is primer ‘n terreurorganisasie. Hul sal nooit teen hul eie optree nie. Hul kan breek en verwoes, maar niks meer nie. Ongelukkig is daar vele wat steeds gebluf word en die foute liewers elders wil soek as by diegene wat kwansuis die land regeer.

Bosveld g ·

Het julle nie gehoor Zuma sê ons moet ekonomie aan gang en werkskep. Die ding van brand e breek cause hul ken, maak nie saak, dit sal nie ekonmie verder breek…
Trokke staan oral met groente op en wag dat 2 bendes uitsort wie volgende die jamtrein dryf…. Please release me let me go, for I don’t love u never before ….

Frans ·

Weet sy wa om die weer profeete te kontak ek glo ni sy weet wat die verskul isi

Frans C ·

Lyk my eerder na stamopstande wat vreemdelinge nie duld nie. Die ANC se kandidaat is gebore in Durban wat haar dus ‘n vreemdeling vir die inwoners van Tshwane maak.
My vraag ,is die optrede van die oproermakers dan nie rassisties nie?

Ouman ·

Dalk kan sy die duikbote gebruik as hulle nie te besig is om die haaie rond te jaag nie. As ek reg onthou het ‘n handjie vol SAPS so paar jaar terug ‘n spul van ons brawe soldate uit mekaar gejaag tydens ‘n protesaksie by die Uniegebou. Hoe die persoon dink dat haar weermag die betogers kan stop gaan my verstand te bowe.

Sus ·

Ouman, jy sê duikbote? Sover ek weet staan aldrie by die panlebeaters. Die een is teen die seebodem vasgery, die ander een teen die droogdok se muur en die 3de een, dink wk is sommer net stukkend! Daarby glo ek nie die bemanni g is in veel beter kondisie nie.

Belinda ·

Die regering sal moontlike bedreigings kommunikeer? Dieselfde span wat betogings nie op die nuus wil uitsaai nie- ek wonder hoe gaan hulle te werk gaan?

Bach ·

Hierdie vrou het die wet oortree deur ‘n persoon onwettig die land in te bring en ook haar eie kind onwettig op staatskoste te laat rondry. Sy hoort nie in haar pos nie en moet afgedank word. Maar nou ja, sy is z se pel wat maar net doen wat hy doen. Foeitog min. van verdediging nogal.

Phillip ·

Hulle moet mooi dink as hulle dit wil doen ,, was daar in 86 .. en toe was die weermag en SAP nog operasioneel en pro aktief en nog steeds het hulle ons vrek besig gehou.. as die perde net’n idee kry dat hulle dalk die weermag ore kan aansit gaan hulle dit NIE kan keer nie..

Danielmens ·

hoe kan ons die info vir hulle (die “skollies”) deurgee ons moet dan die storie regte aan holywood verkoop hul kan nie n kers vashou teen sa se aksie tonele nie

Pastoor ·

God en Sy volle wapendrusting en Sy Bloed beskerm ons. Van weermag watontplooi kan word weet ek niks van nie. Is daar so n mag. Ps 91 sê Hys ons skuiling

Pastoor ·

God en Sy volle wapendrusting en Sy Bloed beskerm ons. Van weermag watontplooi kan word weet ek niks van nie. Is daar so n mag. Ps 91 sê Hys ons skuiling sorry

Lh ·

Nee tog, asb. net nie hierdie weermag nie, daar gaan ongelooflik baie onskuldige buitestaanders verskriklik seerkry, selfs die mense by Harties en Brits sal moet begin skuiling soek.

Veritas ·

So’n klompie jare gelede is dieselfde WEERMAG Lesotho toe gestuur om ‘n handjievol dronk polisiemanne uit hul barakke te kry. Na sowat ‘n week se gesukkel, moes ‘n afdeling van Botswana se weermag al die pad van Gaberone af ry om die situasie, binne ‘n paar uur, op te los. Nou wonder ek net of die Botswana weermag al op ‘standby’ is.

Jan van Riebeeck ·

Dis ek wat die busse aan die brand steek. Sit agter ‘n bos en as niemand kyk nie waag ek my kans. Vatso jou vabond.

Rln ·

dit is Jan van Riebeeck wat 2000 jaar gelede gebore is se skuld.

Lance ·

Ja ja soos met alles gaan hulle maar net weer te laat wakkerskrik ….sy voer mos mense die land in sonder paspoort …eers daarna moet sy as munister gese word dat dit teen die wet is ..wat n joke !!

John ·

Die nuwe krisissentrum, gaan die brandslaners van Kanada-faam dit beman? Hulle is mos uiters kundig op die gebied van mega-loononderhandelings terwyl alles buite in mega-flamme opgaan.

CL ·

Kan verstaan waarom die huiwering met weermag ontplooing. Kan dalk Marikana soos piekniek laat lyk. Die weermag nie meer ‘n anker nie.

m ·

wonder ma net wie gaan betaal vir alles wat so afgebrand en opgeneuk word. Die rekening is seker soos gewoonlik vir die tax betaler……………………………

Joann ·

Weermag? Minister? Het jul al gesien hoeveel verpleegsters loop met rangtekens op hul skouers en vra hul om EKG te doen dan kyk hul jou aan asof jy van mars kom. Vra om binneaarseingieting te doen dan is hul op ander stasie. Nou weet ek nie waar kry hul die rangtekens nie

John ·

Ons het ‘n groot probleem. Sedert Marikana is die polisie bang om aksie te neem. Sou hulle die betogers effens hardhandig vasvat, is hulle die sondebokke en doen hulle dit nie, versaak hulle hul plig. Vergeet nou eers die feit dat baie polisielede onbetroubaar is. Wie anders buiten die weermag (??) Is daar? Miskien ‘n VVO-taakspan uit Nigerie? Indien ‘n aandklokreel ingestel word, sal die buiteland groot-oe-trek en die rommelhoop nader skuifel. Die polisie se taak is om misdaad te bekamp. Die betogers by Marikana is as die martelaars uitgemaak. Nou sit die regering met ‘n taaaai tammeletjie en wil dit duidelik nie in die oe kyk nie. Al weer tyd om ‘n geheime mag en hul geheime wapens te blameer… ek glo so.

Neewat ·

Moet nie verbaas wees as die dalks beplan is om komende verkiesings uit te stel / te kanseleer.

Neewat ·

Moenie verbaas wees as die dalk ‘n beplande slenter van die ANC regering is om komende verkiesings uit te stel / te kanselleer nie.

Simon ·

Ek wonder nou maar ook net, Die Amerikaners en Britte het tereur waarskuwings uitgereik oor moontlike tereur aanvalle in SA. As die spul (ANC Regering) nie eens oproeriges in toom kan hou nie, wat nog van tereur dade? Of miskien het die buitelanders die oproer gesien as “Tereur aanvalle” soos die klomp plunder en afbrand.

ADRI ·

Hulle is te bang om die weermag in te bring, want weermag vra nie vra nie hul skiet net….. Hulle is reeds op standby, reg vir aksie, maar die narre weet hul gaan jammer wees as weermag intree,,,,,

Neewat ·

Die is verseker beplan. Die eerste skote is geskiet met die SAUK se sensor van geweld op die nuus.

Chrisjan ·

Amper soos in die ou dae, die verskil is daai bruin strepie blanke dienspligtiges wat die chaos uit die woonbuurte gehou het. Hulle is nou weg. Die SAPS is nie opgewasse nie en die die SANW sal net ANC belange beskerm.
Hierdie is net soos die xenofobiese aanvalle ‘n oefenlopie vir wat ook al die kummuniste binne die ANC beplan.
Die punt is, burgers van die land is op hulself aangewese, uitgelewer aan chaos, ons kan op geen staatshulp staatmaak nie.
Organiseer en mobiliseer ‘n beskermingsplan vir wie en wat vir jou kosbaar is, moet nie al jou kaarte op die tafel sit nie, nie nou al nie.
Bly uit die pad en kry gebeurtelikheidsplanne in plek.

wagbietjie ·

Glo nie daar is genoeg rooi oorpakke vir die soldate nie

Belinda ·

Die ANC kan nie die weermag stuur om die ANC ondersteuners wat baklei oor die regte / verkeerde burgemeester wat ook ‘n ANC lid is onder beheer te bring nie – hoe gaan dit lyk? As dit ‘n ander politieke party was sou die weermag lankal ontplooi gewees het.

neelsie ·

Moet asb nie die sg. weermag ontplooi nie.
Oorgewig en onbevoegde mense wat ons beeld nog meer sal skaad .
“Anc, julle het mos die skurke so grootgemaak, so hanteer nou die gevolge”

Anika ·

Is dit nou dieselfde weermag wat met slippers in Pick ‘n Pay rondgeloop het ‘n paar jaar terug??? O ja, dit is, ook dieselfde weermag wat hulle seun girlfriend onwettig vanaf ‘n ander land invoer!!

Bloues ·

Ek moet Saterdag die N1 ry na Naboomspruit toe. Die wat daardie geweste ken kan dalk help. Is daardie gedeelte veilig of watter ompad moet ek gebruik?

pieter ·

MENSE ZUMA HET GESE HY GAAN WERK SKEP LOS DIE DIE MAN HY KOM REG.

HANS ·

Die weermag as laaste uitweg? Dit maak sin, want sy moet eers al die vliegtuie wat voormalige lugmaglede gesteel het gaan soek!

Aitoggie ·

Watter weermag nogal, het S.A. ooit nog soiets? Hulle salarisse sal eers bespreek moet word, anderste toi toi hulle soos in Kanada, voordat hul iets probeer doen. En as ons nog n weermag het, sal hulle seker eers ontplooi word, nadat daar niks oor is om te brand. Dan dinkZuma die wereld gaan nie weet Pretoria brand nie? ?? Dink weer ANC, daars iets soos n sosiale media.

Ina ·

Watse weermag lmga!!!! Hulle is net so nutteloos soos die sapd in tswane wat orde moet handhaaf en loop dan met n sak mielie meel weg van die einste plek waar hy moes order hamdhaaf….. die regering is n sirkus met die president as hoofnar…… die land maak my siek…….. immigreer eerder as om my kinders aansulke geweld te ontbloot

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.