Pretoria-polisie op soek na dié moordverdagte

Obienna Greg Ofdegbuliwe (Foto verskaf deur SAPD Pretoria)

Die polisie in Sunnyside in Pretoria het Dinsdag ʼn foto vrygestel van die 37-jarige moordverdagte Obienna Greg Ofdegbuliwe.

Ofdegbuliwe het van die Pretoriase landdroshof gedros ná hy vrygelaat is op R3 000 borgtog. Hy word beskuldig van die moord op die 23-jarige Shaun Douglas Chabalala wat dood is tydens ʼn onsuksesvolle rooftog by ʼn woonstel in Sunnyside.

“ʼn Soektog na Ofdegbuliwe is van stapel gestuur ná hy versuim het om in die hof te verskyn vir sy beweerde rol in die moord op Chabalala,” het kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die Sunnyside-polisie, gesê.

Chabalala en ʼn vriend is in Mei verlede jaar na ʼn woonstel gelok deur ʼn aanlyn advertensie van ʼn “luukse kamera” wat te koop aangebied is. “Alhoewel die vriend kon vlug, is Chabalala dood nadat hy uit ʼn venster op die sewende verdieping gestamp is, toe dit duidelik geword het dat die ‘verkopers’ die advertensie gebruik het om hulle in ʼn rooftoglokval te lei,” het Mavimbela verduidelik.

“Voor sy verdwyning is Ofdegbuliwe deur plaaslike polisie aangekeer danksy ʼn wenk van die publiek ná ʼn vyf maande lange soektog.”

Ofdegbuliwe is in Desember op borgtog vrygelaat. Hy het nie op 15 Maart of op 29 Maart vir sy geskeduleerde verskynings by die hof opgedaag nie. Mavimbela het gesê die polisie sal geen steen onaangeroer laat in hul soektog om Ofdegbuliwe weer aan te keer nie.

Enigiemand met inligting kan anoniem die Crime Stop-kontaksentrum kontak by 08600 10111 of stuur ʼn SMS aan 32211.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

manuela ·

My liewe aarde! Met so ‘n van is die man waarskynlik ‘n uitlander (klink soos nigeriese naam en van) en heel moontlik ‘n vlugrisiko. Hoe kan die hof so ‘n moordverdagte borgtog gee?

Oom Jaco ·

Dit kom nou van al hierdie ge-borg geeery… en dit nogal vir ń moord verdagte!!!

Bekommerd ·

Terwyl Vicky Momberg in die tronk sit, loop moordenaars en die skuim van die aarde los rond om weer en weer te moor. Ons land is gestuff, ons regering is gestuff en so-ook ons regstelsel.

Johanna Botha ·

Hoe kry mens borg as jy n moord verdagte is …het hy sonbrille op ?

Namibia ·

Wat moet die magistrate leer? GEEN borgtog vir ‘n moordverdagte. Ons het maar dieselfde struggles hier van te maklik borg gee.

Hennie ·

Belaglik! Skrikwekkend! ‘n Nigeriër wat 5 mas de lank die gereg ontduik word in hegtenis geneem en op R 3000 borgtog vrygelaat!

Slagoffer ·

Die “regstelsel” is veantwoordelik dat die moordenaar vry rondloop! Die polisie het hul werk gedoen. Dit het tyd geword om die “regstelsel” reg te stel!!!!!

Willehond ·

Borg?? Dis net vir sekere mense! Howe maak my lag. Patete, die klomp!

marous ·

Laat die landdros wat hom op borg uitlaat het hom soek , op sy eie koste .

oud aanklaer ·

Die van klink ook nie Suid Afrikaans nie maar soos die van ‘n buitelander. Onwettige immigrant?

Joe Olivier ·

Ek wonder baie hoekom word die “regstelsel” so genoem. Hulle maak darem baie verkeerde besluite en foute.

willem botha ·

Dankie verblydend om te sien alle verdagtes se foto’s word geplaas en ek glo die ou is klaar terug in mosambiek weereens n fout gemaak deur onbevoegde polisie.

Jeremia ·

Koddig hoe maklik verdagtes in hierdie land wegkom. Veral as hulle die regte konneksies het.
Selfs moordverdagte maak spore. Ander heel uitsonderlik genoeg vrygespreek. Krap nou nog kop oor die Divani saak.
Meer verdagtes wat los rondloop en wat agter tralies hoort as wat weggebêre is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.