Pretoria-polisie waarsku teen jongste roofslenter

isdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-3

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Brooklyn in Pretoria het Maandag manlike motoriste gewaarsku teen die jongste misdaadtendens waar hulle die slagoffer van ʼn vroulike rower is.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 69-jarige man van Newlands het sy voertuig die naweek omstreeks 23:00 oorkant Menlyn Maine-winkelsentrum parkeer.

“’n Onbekende vrou het skielik die passasiersdeur oopgemaak, in die motor geklim en hom vir R100 gevra. Die man het vir haar opdrag gegee om uit sy kar te klim, hy het haar gedreig met die polisie en gesê hy het nie geld by hom nie, maar sy het geweier om uit te klim.”

Volgens Weilbach het die man toe in die pad af gery tot by ander mense en hulle gevra om hom te help om die vrou uit sy motor te kry.

“Die vrou het begin skree dat hy haar seksueel aangerand het en het ’n reusebohaai opgeskop.”

Ná die vrou later daar weg is, het die man agtergekom sy het hom van ’n baadjie op die agterste sitplek van sy motor beroof. Die vrou is baie kort met reguit swart hare.

“Daar is ʼn man met ʼn blou oorpakbaadjie op die toneel gesien en hy het ook die toneel saam met die vrou verlaat – daar word vermoed dat hulle dalk kan saamwerk.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van diefstal en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Volgens Weilbach is soortgelyke voorvalle in ander omgewings in Pretoria aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Beskrywing ·

Goeie beskrywing: ‘Baie kort met reguit swart hare.’ Ai tog, kom ons raai verder . . .

Sanet ·

2006 al gebeur met my man oppad vanaf Sandton 2 persone in sy bakkie gespring en n wapen teen sy kop gedruk by n baie besige interseksie, een was n vrou. Geld en wapens gesoek toe hy nie gee nie trek sy haar bloes uit en skree as hy nie saamwerk nie maak sy n saak van poging tot verkragting…..

MK ·

Wonder net wat soek so ou oom (69) daai tyd van die aand oorkant ñ winkelsentrum? Hy sê nie wat hy daar wou maak nie. Ons kan seker bespiegel, maar hoe minder mens dom dinge doen in die land, hoe beter.

John Samuel ·

Dalk het hy n lewe..? Dalk wil hy saam met vriende en familie kuier..? Dalk het hy iemand wat daar werk gaan haal..?
Maak dit werklik saak???

Nick ·

MK, hoekom poog jy om die slagoffer verdag te maak? Wat is jou agenda?
Mens kan seker net bespiegel wat jy daaruit kry…, maar hoe minder mens dom en irrelevante vrae vra, hoe beter.

LB ·

Die wêreld is heeltemal te ouderdom behep! As iemand nou “jonk” genoeg was sou dit dan saak maak dat hy daar parkeer het? Dalk ‘n drankie wou gaan drink met vriende of ‘n kind gaan oplaai het miskien of net die reg het om te leef? Ek het vriende wat baie ouer as ek is en glo my die diepte in gesprekke en die kwaliteit vriendskap wat ek ervaar is onvervangbaar.
Hierdie gebeure speel ook in plattelandse dorpe af helder oordag, die ouens moet maar hulle deure gesluit hou.

Eps ·

Ek is 63 en aktief betrokke in buurtwagpatrolies. Moet asb. nie ons mense se reg om vryli te beweeg ontneem nie. Moenie almal verdink van wandade nie.

John Samuel ·

Uhmmm, enige persoon wat sommer so in my motor klim gaan ge-pepersproei word (ek ry n blikkie SWAT ‘direct-stream’ in my kar rond).
Die kriminele kraai koning in hierdie eens prag land!

JSG ·

Moet asb net nie dit binne jou motor spuit. Dit het ernstige nagevolge. :-)

Oom Jaco ·

Eerstens moes die 69 jarige alles binne sy vermoë gedoen het om nie daardie tyd van die aand op ń onveilige plek te parkeer het nie. Sou hy moes dan moes sy motor se deure gesluit wees. Indien ń persoon dan aan jou motor sou raak dan ry jy DADELIK weg. Watter deel van ONS IS IN N OORLOG TEEN MISDAAD verstaan Suid Afrikaners nie?!

Gert ·

My Toyota Etios sluit al die deure oop te gelyk miskien het sy ingespring toe hy terug gekom het toe hy sy deur wou oopsluit, nie almal se karre is dieselfde,Ja dit is nie veilig.

CJ ·

Dankie Nick vir jou perspektief. Ek wou die ritteltits kry toe ons in Israel sien hoe klein kindertjies [so 8-10 jr oud] (skoolvakansie) so 20:00 – 21:00 in strate en winkelsentrums rondloop en dan ewe in n bus klim huistoe. Dit is TOE dat ek besef hoe skeefgetrek my perspektief geword het (en met goeie rede). Nou vra ek net: almal weet van die sensitiewe (demonies geïnspireerde) sporadiese aanvalle in n stad soos Jerusalem. Maar steeds respekteer almal (Jood en Arabier) kinders se lewe en het daardie kinders vryheid wat ons kinders in SA nie eers op Vryheidsdag kon geniet nie!

RH ·

Klink soos die man en vrou wat op facebook rontes doen en mense waarsku. Daar is ook fotos van haar glo op facebook. Beskrywing van vrou pas by dit wat ek gesien het op facebook.

Avra ·

Well said Oom Jaco. En vir wie wag hierdie 69 jarige om 23:00 in elk geval. Het die man nie n huis nie?

Oom Piet ·

Ek ry waarheen ek wil so laat ek wil en wag vir wie ek wil. Bly jy by die huis.

anton ·

As mense van daai Ouderdom die kans wil vat om 23:00 in die strate rond te wees, moet hulle maar weet en vat wat na hulle kant toe mag kom.
Die land het ongelukkig so gevaarlik geraak dat mens mooi moet dink oor wanneer, waar, watter tyd en hoe jy rondbeweeg in die land.
Ja as jy wil dobbel met jou veiligheid, is dit seker maar jou saak maar moenie simpatie verwag as jy n slagoffer word weens dom besluite nie!!!

Olwen Bakke ·

My oorlede pa was amper 80 en helderoordag in Voortrekkerweg, Kuilsrivier (waar hy destyds gewoon het) toe amper dieselfde ding met hom gebeur het (minus die seksuele aantuigings). Hy is van sy beursie met bestuurslisensie, bankkaarte, kontant, ens beroof. Hoekom probeer party mense dit te wil laat voorkom dat dit die slagoffer se skuld is? Gaan my verstand te bowe!

Alwyna ·

Ek kan nie glo dat lesers nou die slagoffer amper n misdadiger maak nie.
Dit het NIKS met NIEMAND uit te waai hoe oud hy is of wat hy daar gemaak het nie! Feit bly…hy was n slagoffer van misdaad en ons moet altyd op ons hoede wees!!!!

$ ·

Ek stem. Dis ´n ou laai van Maroela-lesers; in plaas daarvan om die misdadigers te veroordeel, blameer, beskuldig, verwyt en veroordeel die lesers die slagoffers. Lees maar meeste van die kommentare waar slagoffers iets oorgekom het terwyl hul aangegaan het met hul lewens met aktiwiteite wat as normaal geag word in ´n normale samelewing. In Suid-Afrika word mense verwyt en beskuldig omdat hulle lééf (of probeer). In plaas daarvan om empatie te betoon, verwyt en betig ons lesers die slagoffers vanuit hul gemakstoele. Wat het Suid-Afrika van ons mense gemaak? Wat het van ons menswees geword? What a sad state of affairs. Cry my beloved country. Weep my beloved people.

Erika ·

Sluit jou deure onmiddelik as jy in die kar/bakkie klim. Ek doen dit. Hy/sy kan nie dit oopruk nie. Probleem opgelos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.