Pretoria se ‘supercop’ gegroet

‘Supercop’ Stoffel Holtzhausen. (Foto: Verskaf)

“Ons woorde is min, maar ons trane is baie. Al wat ons kan sê, is dat ons jou baie gaan mis. Jy laat ʼn groot leemte.”

Só het AO Adri Horn, ʼn kollega van AO Stoffel Holtzhausen, wat as Pretoria se “supercop” beskryf is, hom Vrydag tydens ʼn roudiens in Pretoria-Noord gegroet.

Die diens is ook op Facebook uitgesaai en is aanlyn deur meer as 400 mense bygewoon.

Holtzhausen is verlede Vrydag in ʼn motorfietsongeluk dood. Hy was 27 jaar lank in diens van die polisie, waarvan 22 jaar in Pretoria-Noord was.

Verskeie kollegas, onder wie brigadiers en kolonels in die polisie, het om die beurt roerende huldeblyke aan Holtzhausen voorgelees.

“Ons mis jou krag, gees en drif waarmee jy alles aangepak het. Rus in vrede, vriend,” het Horn bewoë gesê.

“Stoffel was altyd gereed om sy gemeenskap te dien. Ons het ʼn held verloor.

“Hy het waarlik met dissipline, toewyding, passie en ywer gedien,” het brig. Matshidiso Kgoadi van die Tshwane-distrikspolisie tydens die diens gesê.

Kgoadi sê Holtzhausen se dood het nie net die stasie waar hy werksaam was in rou gedompel nie, maar laat ʼn leemte in die Suid-Afrikaanse polisiediens in geheel, en die gemeenskap van Pretoria-Noord in besonder.

“Ons kan getuig dat mense vertroue in Stoffel gehad het en dat hy sy werk met ywer uitgevoer het.”

Aan sy familie het Kgoadi gesê hulle is nie alleen nie.

“Julle pyn is ook ons pyn.

“Julle kan baie trots wees op julle soldaat, Stoffel.”

Holtzhausen laat sy vrou, Geraldine, en twee kinders, onderskeidelik 19 en 21 jaar oud, agter.

Debbie Zaayman, jare lange kollega en ʼn vriendin van Holtzhausen, sê hy word veras.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Shakespeare ·

Hy is gelyk aan ten minste 500 SAP kaders. Groot
verlies !!!! Sterkte aan die naasbestaandes.

FM ·

Ja, Shakespeare
Goud, silwer, diamante
Niks kan met só man vergelyk nie

Toy ·

So jammer vir sy gesin en familie, my innige simpatie, mag die Here julle krag gee om deur hierdie swaar tyd te kom.

Di ·

Rus in Vrede! Jou plekkie gaan leeg wees in die samelewing. Sterkte aan sy vrou, kinders, vriende en familielede

Trotse Boervrou ·

Wens ons kan vir hom dankie sê vir sy onbaatsugtige diens wat hy met soveel passie en ywer gelewer het. Ons is werklik so jammer. Simpatie aan sy gesin, familie, kollegas en vriende.

Anette ·

Ek en my seuns sal jou altyd onthou en vir altyd en ewig waardeer wat jy vir ons gedoen en beteken het. Jy was altyd daar – dag en nag. Jy is meer as net nog n polisieman, JY IS N LEGEND! n Grot verlies vir ons gemeenskap en baie huisgesinne. Vir sommige kinders in ons area was jy n beskermsengel, al waarop hulle kon staatmaak. Hulle hero. Jy was een van God se grootste instrumente. Salute!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.