Pretoria Sentraal-gevangenis sy naam kwyt

President Jacob Zuma onthul die nuwe naam. Foto: Kopano Tlape / GCIS

President Jacob Zuma het Woensdag amptelik die Pretoria Sentraal-gevangenis hernoem na die Kgosi Mampuru II-beheergebied.

Zuma het tydens ʼn spesiale geleentheid by die gevangenis in Pretoria gesê April is die maand van rekonsiliasie en vergifnis.

“Deel van rekonsiliasie sluit die herbenaming van geografiese plekname en landmerke in. Die doel daarvoor is om ons uiteenlopende politieke- en historiese erfenis te weerspieël en om die wonde van die verlede te genees,” het Zuma gesê.

Kgosi Mampuru is op 22 November 1883 in dié tronk gehang weens publieke geweld.

Zuma het gesê die nuwe naam moet ‘n algemene gevoel van samehorigheid skep, omdat dit die land se geskiedenis vasvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Ek het geen probleem om goed te hernoem na iets wat deel van almal se geskiedenis nie of ter ere van een of ander held nie, maar hoekom word alles hernoem na een of ander misdadiger?

GMaritz ·

Dit is jammer dat ons inheemse afrika bure nie die insig het om te besef dat ‘n behoorlike motivering, hoekom ‘n spesifieke ding gedoen word, soveel wrywing sal uitskakel. Die denkproses sal maar altyd primitief bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.