Pretoria-skoliere oorleef Nepal-aardbewing

'n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

‘n Gebou in Katmandoe wat tydens die aardbewing ineengestort het. Foto: AP Photo/ Niranjan Shrestha

ʼn Groep Suid-Afrikaanse skoolmeisies van Pretoria is deel van die oorlewendes van die kragtige aardbewing wat Nepal Saterdag getref het.

Die St Mary’s Diocesan School for Girls het Saterdag op hul Facebook-blad geskryf dat die skool se World Challenge-spanne deur Nepal gereis het. “Ons het van een span gehoor en sal na verwagting binnekort van die ander span ook hoor. Ons sal julle op hoogte hou,” het die inskrywing gelees. Dit is kort daarna gevolg deur nog ʼn inskrywing wat aangedui het dat daar kontak gemaak is met al die spanne en dat almal veilig is.

Die aardbewing, wat lewensverlies in vier lande tot gevolg gehad, het ook eeu-oue tempels vernietig en selfs ʼn sneeustorting op Everest veroorsaak. Volgens die polisie in Nepal is minstens 876 mense in die land dood. In Indië is 20 mense dood, ses in Tibet en twee in Bangladesj.

Adventure Global, ʼn maatskappy van Kaapstad wat in verkenningstogte spesialiseer, het gesê hy het ʼn ekspedisie in die area gehad ten tyde van die aardbewing , maar kon daarin slaag om die span wat deur die Suid-Afrikaner, Ronnie Muhl, gelei is, op te spoor.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking, het gesê alle Suid-Afrikaners in die area is opgespoor en pres. Jacob Zuma het ʼn boodskap van medelye na Nepal gestuur.

“Die president het ʼn boodskap van medelye aan die regering en mense van Nepal gestuur ná die verwoestende aardbewing wat honderde en honderde lewens geëis het,” het hy gesê.

Intussen het die Suid-Afrikaanse humanitêre organisasie, Gift of the Givers, 20 soek-en-redding vrywilligers en 20 mediese trauma-spesialiste na Nepal gestuur om te help. Hulle sal R5 miljoen se soek-en-redding en ander mediese toerusting en voorrade saamvat.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Ek glo nie ons besef die omvang van hierdie katastrofiese gebeure. Die natuur het ook kosbare geboue platgevee wat die geskiedenis van die bevolking uitbeeld. Hier ter plaatse wil mense daardie uitwissing doen met ons verlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.