Pretoria-skool moet gedragskode herskryf ná rasseherrie

Een van die bewerings deur 'n leerder van Pretoria Girls High School. Foto: ANA

Een van die bewerings deur ‘n leerder van Pretoria Girls High School. Foto: ANA

Panyaza Lesufi, die LUR vir onderwys in Gauteng, het Maandag die hele dag by die Pretoria Girls High School deurgebring nadat bewerings van rassisme by die skool aan die lig gekom het.

Die bewerings hou verband met die skool se reëls oor leerders se hare. Swart leerders beweer dat hulle nie by die skool toegelaat word om hul natuurlike hare te dra nie en dat rastalokke (dreadlocks), haarvlegsel- (braids) en afro-haarstyle verbied word.

Tydens ʼn vergadering tussen Lesufi en leerders het verskeie ander bewerings oor rassisme egter ook aan die lig gekom. Een van die leerders het gesê ʼn onderwyser het haar ʼn aap genoem, terwyl nog een gesê het dat sy deur ʼn medeleerder die k-woord genoem is. Een van die leerders het ook beweer dat ʼn onderwyser aan haar gesê het dat swart leerders nie akademies kan presteer nie omdat hulle te gefokus is op politiek en ras. Die leerders beweer ook dat hulle ontmoedig word om hul moedertale by die skool te praat.

Teen 18:00 Maandag het Lesufi met die skool se beheerliggaam vergader en die besluit geneem om onmiddellik alle reëls in verband met haarstyle van leerders op te skort. Die skool word nou ʼn geleentheid gegun om ʼn nuwe gedragskode op te stel.

Die departement het laat Maandagaand op Twitter gesê dat onderrig by die skool vandag sonder onderbreking sal voortgaan.

Intussen het die burgerorganisasie Sanco daarop aangedring dat die skool se beheerliggaam ontbind word en dat die leerders se bewerings deur die Menseregtekommissie ondersoek word.

“Ons veroordeel ten sterkste die haatlike, giftige en beledigende behandeling van leerders by Pretoria Girls High School,” het Chris Malematja, Sanco se Gauteng-woordvoerder, gesê. “Die manier waarop meisies, wat hul grondwetlike reg op onderwys uitoefen, behandel word, herinner aan die haat en volslae minagting en skending van menseregte gedurende die apartheidsera.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

100 Kommentare

Sus ·

Goed so. Skole moet chill oor hare. Swart mense se hare is verskriklik moeilik en ek dink nie witmense verstaan wat n gesukkel dit is nie. En bowendien is dit tyd om die ou reels te hersien. My seun was in n skool waar daar geen haar reels was nie. Jou haarstyl het niks met jou akademiese vermoens te doen nie. Los die kinders tog uit! Ons leef in moderne tye en volg nie meer die britse manier nie

MissDemeanor ·

Dit is fantasties. Ek sal my dogter ook na ‘n skool toe wil stuur wat nie stupid reels het nie. Fokus op onderrig, los hul haarstyle uit. Riglyne is beter as reels. Dit was vir my so simpel dat my skool rook verbied het want dit “sleep die skool se naam deur die modder”. Dit maak veel meer sin om vir die leerders te verduidelik hoe sleg dit vir hul gesondheid is. Skole se prioriteite kan soms so verkeerd wees.

Koos1 ·

Sus, regtig …… geen reels nie. Dan was daar to ‘n reel : Geen Reels nie,
So gaan dit reg wees as ‘n 18 jarige met ‘n bottle brandewyn skool toe gaan, om ‘n doppie tydens pouse te maak? Daar is geen wet in die land waar dit verbied word dat ‘n 18 jarige gedurende die dag alkohol mag gebruik nie, sal dit dan ook reg wees by die skool?
Reels is daar om ‘n sameleweing te verbind en te versterk.
Almal wat teen reels is moet ‘n bietjie by kom in die lewe!
Toe God die mens geskape het het Hy reels in gestel. Dink bietjie daar aan.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees het seker meriete maar reëls het tog ‘n geskiedenis van hoekom dit daar is. Die hoofsaak van reëls is DISSIPLINE. Geen dissipline of die afwatering daarvan lei tot ander probleme. Op skool is daar ook by ons gelet op netheid en jou haarstyl. Op die oog af is daar sekere goed wat jy leer op skool in vakke wat jou laat wonder hoe op hierdie aarde jy dit ooit in jou lewe gaan nodig kry. Tog het dit te doene met jou OPVOEDING om van jou ‘n beter mens te maak. Maar Lesufi & kie. weet kwansuis van beter en daar sal in latere jare die wrange vrugte gepluk word deur die samelewing.

Berhalet Beukes ·

Miss Demeanor, as ons al die reëls en regulasies uit die skole haal en die grondslag van dissipline van kinders ontneem sit ons met ‘n land soos ons nou sit. As skoolkinders al toegelaat word om die onderwysdepartement voor te skryf sien ek maar swarigheid vorentoe. Dissipline was nooit nog ‘n euwel vir mense met selfdissipline nie, dis is wel vir mense wat wetteloosheid wil wees. As ons in werkplekke by die reëls en regulasies aanpas kan ek nie sien waarom snuiters op skool dit nie kan doen nie. Die fotos wat ek van die haarstyle gesien het is werklik “over the top” en plein weg belaglik. So los maar skole se reëls uit, in die regte wêreld daar buite is daar net soveel reëls, laat hulle dit vroegtydig aanleer en respekteer.

jana ·

Nou wonder ek.. Die wat so klaar.. As hul by ‘n plek gaan werk waar daar ‘n drag kode is gaan dot ook ‘n PROEBLEEM wees????

Eliza-beth ·

Daar is TONNE produkte op die mark om hare van alle soort onder beheer te bring. Hierdie is ‘n blatante uittaarting van reels en outoriteit. Hoekom is haar hare ewe skielik so – hoe was dit die eerste deel van die jaar? Hou nie van die reels? Nou neem gerus jou kind na ‘n skool waar sy kan doen wat sy wil en sien hoe dit werk!Het julle in elk geval foto’s van heirdie meisie se hare gesien?! Gaan kyk gerus!

Grap ·

Ek stem daar was ‘n geregverdigde probleem wat al uitgesorteer moes word glo dit sal nou gebeur.

Vic ·

Missdemeanor, ek dink los maar die verduideliking oor hoe sleg rook vir mens se gesondheid is. Wag net tot jy en jou kind hof toe gevat word oor die skade wat sy rokery aan ander se gesondheid doen. As jou kind deur die skool vertel moet word hoe sleg rook vir sy gesondheid is, is jy n onbekwame ouer

Blom ·

SUS, dis deur mense soos julle wat nie wil he daar moet reels en regulasies wees vir julle arme bloedjies nie wat die skole in die toestand is waarin dit is! Kinders HET reels en dissipline nodig. Ons het reels gehad rondom hare, klere en rook, en ons was FINE. Kinders vandag het geen respek of dissipline nie en die ouers is daarvoor verantwoodelik!
MissDemeandor…..dink eerder dis die ouers wie se prioriteite verkeerd is!

Cherokee ·

Miss Demeanor, ek gaan nou vir nagte wakker lê en wonder of jy ‘n uiters skerp sarkastiese antwoord gegee het vir Sus en of jy regtig net soos sy redeneer. As jy tussen die lyne gelees moet word is dit diep begrawe. Andersins moet jy maar Berhalet Beukes se antwoord lees.

Jan maak n Plan ·

Sus en MissDemeanor, eerstens kom ons gaan sommer voluit. Lekker rook wat jy wil en waar jy wil, trek aan wat soos jy wil indien jy wil, sommer lekker vrye seks ens ens ne. As jy jou kind so wil groot maak, maak dan so, maar ons is n bietjie baie wat van reels hou. Die meisies het toe hulle by die skool ingeskryf het die reels geken. So as dit hulle nie pas nie wat soek hulle dan daar. Kry n skool wat jou pas.

Rudolph Venter ·

Ek dink nie jy het gesien hoe lyk die haarstyl nie. Haar reëls vorm deel van basiese dissipline.

Oupa D ·

Sus, noem vir my een voorbeeld waar iets goeds uit wanorde ontstaan het. Die wanorde wat tans in die samelewing heers is te weeg gebring deur mense soos jy wat reëls teenstaan. Die Skepping is die beste voorbeeld van orde en reëls. Haarreëls in skole gaan oor ‘n ordelike milieu en het niks met die akademiese program te doen nie. ‘n Baie bekwame Streekdirekteur van skole in die Vrystaat het dit duidelik gestel; “Dreadlocks is not culture, it is fashion”.

Willie ·

Regtig?? Daar gaan reels weer by die deur uit? Netjies lyk is n gewone reel van die samelewing? Dreadlocks, moet die ander kinders nou toegelaat word met erge hair exstensions? Vra maar net?

Lance ·

Presies ….Hammer op ras en appartheid …hammer eerder op die punte en word iets in jou lewe behalwe n slagoffer van n ver verlede

dea ·

Die haarstyle gaan hulle nie deur die skool kry nie! Al verander hulle die reels soos hulle wil – die “haarstyl” skoliere gaan net aan hulle hare dink en nie aan hulle akademie nie. Dan gaan dit seker ook die skool se skuld wees. Ai waar is die mentaliteit tog.

Varkie ·

Ek moes self elke 3 weke my hare afskeer toe ek op skool was oor die BEELD van die skool, terwyl eerste span kaptein kon doen wat hy wil met sy hare oor hy n witbroodjie was. Geen Laerskool ouer ry verby n skool en gaan “Haai oe Jan ! Kyk hoe mooi is hul hare gesny, ons moet sooo ons kinders na die skool toe bring !”

Anoniem ·

Dis waar jy die fout maak! Ouers maak wel keuses gebaseer op die uiterlike van ‘n skool. Reël is belangrik om dissipline te handhaaf, tye mag verander het, maar selfs maatskappye het reëls. Welkom by The Real World

Johan ·

In 1976 is daar besluit om disipliene weg te gooi, dit is nou daai geslag wat in beheer is en ongelukkig kan hulle nie hulle kinders disiplineer en lei.Ons sit nou met n jeug wat als wil hê sonder om daarvoor te werk, jy kan nie die verlede verander nie leer werk en eendag sal jy trots wees en weet jy het dit gedoen en nie verniet gekry omdat jy n 1976 voorouer gehad het nie.Reëls en disipliene skepn goeie samelewing.

Stem Saam ·

Ek stem saam met jou. Mens voel die gevolge van daai generasie elke dag orals! In die skole, in die werksplek, oral. Dissipline is daar vir ‘n rede, as jy alles by die deur uitgooi dan gaan jy chaos hê. En die vrou wat sê mens ry nie verby ‘n skool en dink, ai jannie jou hare lyk mooi vandag nie, seker nie, maar ek persoonlik sal beslis dink, SJOE, is dit hoe hierdie skool se kinders lyk?! as hulle hare in alle rigtings staan en blou en pers is en die veral die seuns se hare lank en onnet is. Hierdie generasie wat nou in beheer is moet net onthou dat kinders nie altyd die regte keuses kan maak op hulle ouderdom nie, daarom is leiding nodig – as jy dan as jy 20 is jou hare snaaks wil kam is dit op jou – maar voor dit is sit ‘n beeld van waar jy rondbeweeg – ook van jou mevrou wat sy ma is!

Karen van Zyl ·

Johan ek is in 1977 gebore en ek is bitterlik jammer om jou in te lig dat ek nie deel van daai “generasie” is (jy veralgemeen nou) en ook nie meestel van my vriende my ouderdoms groep nie, ek dink jy mag dalk ‘n verkeerde stelling hier geplaas het want netheid is vir my verskriklik belangrik en saam met netheid kom discipline en reels! Ek gee nie om wat die regering sê nie, ek slaan nie my kinders nie maar hulle sal wragtig waar nie met snaakse hare en kleure iewers gaan nie en dit weet hulle.

Johan ·

Is daar nie reël in n skool is nie…dan gebeur wat van oggend wat in die Citizen gekryf staan oor Edenglen Skool waar matrieks met hul 40 dae….hulle soos barbara gedra het….daar is een ooreenstemmende link met die skole…..hulle is Engels, Model C skole en………..Die lusufi gaan dieselfde afdwing op afrikaanse skole……jou taal gaan verander, jou reg om in moedertaal skool te gaan, skool reëls gaan verander……..as daar nie reëls is nie waar gaan dit eindig……neusringe, tattoos, skool drag…..as jy nou n kind in die model c laerskool het en jy dink daar is n blink toekoms vir jou bloedjie……dink weer…..ek sê weer afrikaanse ouers moet wakker skrik…….

Cherokee ·

Waarom skryf jy Engels met ‘n hoofletter en Afrikaanse met ‘n kleinletter? En weer vra ek jou, wat moet die Afrikaanse ouers doen wanneer hulle ‘wakker geskrik’ het?

Mielie ·

Snaaks dat daar na die reels gekyk was en onmiddelik besluitneming Kon plaas vind maar as daar proteste oor slegte regerings diens lewerings plaasvind, moet daar n kommissie van ondersoek aangestel word. Dis net so vinnig soos die Valke se ondersoek na Gordhan. Blits vinnig……maar ander goed sloer vir ewig aan. Ongelukkig is daar nie meer hoop vir hierdie land nie.

Cherokee ·

Wat maak almal van julle so seker dat Gordhan nie skuldig is aan dit waarvoor hulle dreig om hom aan te kla, nie? Is hy werklik so onskuldig soos julle voorgee? Of praat julle net in ‘n koor agter mekaar aan? Daar is bewerings dat hy iemand se vroeë aftrede goedgekeur het en dieselfde persoon kort daarna weer aangestel het. Daar is ook bewerings van verband hou met goedkeuring van kontrakte vanuit Indië wat veel duurder was as lokale kwotasies. In ‘n forum sing mense dikwels saam as iemand ‘n noot gee hetsy vals of nie.

Gogga ·

Op skool moes ons ook reels nakom insake hoe ons ons hare vasmaak. Ons mag dit nie gekleur het nie, dit moes natuurlik wees. As dit aan jou kraag raak moet jy dit netjies vasmaak. Jy mag nie slierte(side bangs) gehad het nie, jou kuif mag nie aan jou wenkbroue raak nie.
ALMAL mis die punt hiervan – dit is nie om moeilik te wees nie – dis selfdissipline!! Dis soos om jou hemp intesteek.
As leerders nie skool reels kan volg nie, sal hul ook nie n gedragskode by n werk kan volg nie.
Mense, skool is juis daar om REELS toe te pas en leerders die nodige kennis daarvan te gee om hul lewenspad NA SKOOL te vergemaklik.

So as ju nie die reels wil nakom nie, sit jou kind in n skool wat nie sulke reels het nie, moet nie hul vorseer om hul standaarde te sak nie. Jou kind is immers in daai spesifieke skool vir n rede!

Sus ·

Bly jy het dit geniet. Ek en my maats het dit gehaaaat. Maar ons is met geweld in toom gehou. Soooo bly die skole mag nie meer pak gee nie.

Coleen ·

My mening is dat daar reels in ‘n skool moet wees. Netheid, netjiese haarstyle, kleredrag. As mens trots is op jouself, dan is jy trots op jou skool en respekteer elkeen in die skool sy of haar mede-skolier en die onderwyser. En is dit dalk net ‘n plesier om skool toe te gaan ongeag wat die reels sê of nie sê nie. Reels is tog daar om nagekom te word, anderste kan mens maar net maak en breek soos jy wil as daar nie reels is nie. Deesdae is skoliere nie eers meer tydsgebonde nie. Hulle kom en gaan soos hulle wil.

Lille ·

Coleen, ek stem saam. Voordat mens jou kind by ‘n skool inskryf maak mens mos seker jy en jou kind verstaan die skool se reels en dan teken mens dat jy dit verstaan en daarby sal bly. Ek is self betrokke by ‘n skool waar daar nie haarreels is nie, die kinders en ouers verkies dit egter en hulle is bewus van die AL die reels in die skool. As hul egter die gedragskode oortree, word hulle in sommige gevalle dadelik die deur gewys. As jy nie die betrokke skool se reels wil nakom nie, gaan kyk vir ‘n skool wat wel jou kind, en in die geval, geen reels vir hare, sal aanvaar.

yolandi ·

Hoekom altyd die rasse kaart speel? Kan alle leerlinge nie wees soos die leerders van St. Albans college nie? Dit is vir my altyd so n voorreg om daardie kinders te ontmoet, trotse gedissiplineerde seuns met uiters goeie dissipline ongeag hul kleur en ouderdom….

DC ·

Alle ouers word vergewis van ‘n skool se reels VOOR hul kind by die skool begin. Daar is goeie rede vir die reels. Dit gaan oor die kinders selfdissipline leer en ook natuurlik oor die skool se beeld na buite. As jy nie ‘n skool se reels wil volg nie, gaan soek ‘n ander skool.

Klaas ·

As jy aansoek doen by die skool kry jy die reels voor die tyd en jy teken daarby. Wat nou? As jy nie by die reels wil hou nie soek n ander skool.

Wessie ·

Mooi so , kom vat alle vorme van dissipline weg. Ons begin sommer by die parlement en gaan so af na alle staats departemente. Vergeet van reëls en regulasies. Kom ons kyk waar eindig dit.

Elsabe ·

En weereens is dit ras wat vanaf blankes kom, maar aan sy mede swart genote wat elke dag vertel hoe ons gaan dood gemaak word word niks gedoen nie!! Lesufi kom by!!

Lou ·

Ek was in die 70’s en 80’s op skool. Die skool reels was baie streng. Na skool is ons almal weermag toe. Daar was die reels nog erger. Ons het dit almal gehaat. Maar reels en lyfstraf (alhoewel soms onnodig) het ons generasie gemaak wie ons is. Ons het respek vir onsself en ons medemens. Al daai reels het ons gemaak wie ons vandag is. Kinders van vandag wil alles te maklik he.

LeonR ·

Columbiana, ek is een van daai generasie waarna Lou verwys. Kyk na vandag se jong manne nadat diensplig afgeskaf is, slapgat begin nie eers om hulle te beskryf nie, wil net he, maak of breek. GEEN DISSIPLINE hoegenaamd!

f.peters ·

Mense is so nou geset op reels,regulasies aparthied en menseregte.met alle die goed kyk ons verby oor hulle se toekoms.Kinders is so maklik beinvloedbaar dat ons as groot mense moet versigtig wees hoe ons n saak benader en oplos,en op die einde van alles kom sit ons met n kind wat jy moet kos gee.Dit is n kind se reg om skool te gaan,gee dit vir hulle,asb.Sodat hulle beter mense as ons kan word,nie vir hulle nie…vir hulle nageslag.DANKIE.

Jan ·

MENSE Is te stuck in the past OOR apartheid, alles is apartheid se skuld, as jy nie jou sin kry nie, skreeu jy apartheid en rassisme, dis hoekom meer as 15 skole onlangs gebrand het en busse en treine omdat jy dit alles kon blameer op apartheid en rassisme. Omdat MENSE geen verantwoordelikheid vir hulle eie dade aanvaar nie. Daar is niks erger as slordige of vuil hare nie, of jy wit of swart is, dis slordig . dis gross!

Anoniem ·

Nou word die skool gedwing om hulle reels te verander omdat dit rasisties is.

Wonder of die twee skole in Soweto wat ook dreadlocks ens verbied ook aangekla gaan word van rasisme?

Klink vir my na dubbel standaarde

anne ·

Hierdie hele storie raak nou belalik. Eers is dit cupcakes nou hare. Natuurlik gaan die wat gevra word n rassistiese staaltjie he om te vertel. Miskien moet die LUR hom by die regte probleme bepaal soos skole wat afgebrand word. Wonder hoekom daar altyd ‘n probleem by n sekere groep as dit by dissipline kom. Jy is in die skool om geleerdheid te kry nie om te betoog oor hare nie !

AGGENEE ·

Hierdie is duidelike bewys dat onderwyser REG was dat hul net fokus op politiek en ras!!!!!!

A.G ·

In die samelewing word ons almal groot met reels en regulasies in jou huis op kleuterskool op skool by die werksplek in winkelsentrums op die paaie so wil ons nou die reels en regulasies by die venster uit gooi dan gaan dinge nog erger gaan as wat dit reeds is. Leer eerder die goeie dinge aan dan kan dinge dalk beter gaan.

Adri du Plooy ·

Ek het geen probleem met skoolreëls nie! As ‘n mens nie eers skoolreëls kan gehoorsaam nie, hoe gaan jy eendag landswette gehoorsaam? Ek dink net die reëls in terme van “hare” moet hersien/aangepas word. As daar van blanke kinders verwag word om by sekere haarreëls te hou (nie kleur nie, vasmaak as dit ‘n sekere lengte is, kuiwe wat nie in die oë mag hang nie, ens.) moet dit sekerlik vir kinders van ander rassegroepe ook geld? Ek dink nie die personeel het ‘n probleem met die dogter se “afro” hare nie. Dit het te doen met hoe die leerders hulle “afro” hare dra!

Jeanne ·

Ek kan nie verstaan nie, as jy by ‘n skool inskryf kry jy REEDS die reels, as jy nie daarby wil inval nie, kry ‘n ander skool waar jy kan maak wat jy wil. Ons het ook reels gehad, veral hare reels wat baie streng was, sodat ons kuiwe in in ons oë mag gehang het nie, ons s’n was nog strenger, as ons hare oor ons krae gehang het, moes ons dit vasmaak .. dit was GEEN rassistiese reëls nie, alhoewel ons baie geprotesteer het omdat ons ons hare wou laat loshang, het ons nooit Dept van Onderwys toe gehardloop of ons ouers betrek, of dit as rassisme of diskriminasie teen dogters met lang hare afgemaak nie. Dit raak nou belaglik, alles wat onder die vaandel van RASSISME hanteer word, kry die hoogste vorm van aandag .. dis hoekom die land lyk soos hy lyk en jongmense standbeelde afbreek, busse, en treine verbrand en kampusse vernietig, hulle word op skoolvlak al geleer om opstandig te wees. Dit gaan oor basiese beginsels en reels, as daar niks is nie, word jy wetteloos groot en brand jy al wat voorkom is af en vernietig alles waarmee jy nie saamstem nie.

Siestog ·

‘n Skool se Reëls berei leerders voor vir sekere reels in jou werks omstandighede. Hoe jonger die werks kollegas hoe minder lojaliteit, stiptelikheid, deursettings vermoë, en ook hoe minder hardwerkend is hulle. Die bietjie ouer generasie wat nog regte skool reels gehad het, is baie beter werknemers omdat hulle reeds op skole geleer is dat daar sekere reels en regulasies is waarby daar gebly moet word. In my skool dae was daar baie streng opgetree teen oortreding van hare, naels en on net skooldrag. Dit het my net geleer om meer netjies op myself te wees, om ‘n eie trots te hê op my voorkoms en op my skool. Netjiese hairstyle geld vir enige ras en geslag. Hoekom soveel drama maak oor hairstyle ? Leerlinge is tog daar om te leer nie vir die mode/voorkoms nie. Dan op skool sou ons baie keer praat van “jy is ‘n bobbejaan”, Dit is geensins gemik op ‘n spesifieke ras nie, al was daar net blanke leerlinge in ‘n klas het dit ook opgeduik. Maar vandag is ons so sensitief vir elke woord, en trek ons dit aan.. Ongelukkig word daar ook baie woorde toegesnou aan blankes, en daar word geen fout daarmee gevind nie. My opinie: hou die reels en regulasies net so, die wat nie wil inpas en aanpas nie kan ‘n ander skool gaan soek !

Marietjie ·

Stem saam met jou. Het niks met ras te doen nie. Daar moet reels wees om alles glad te laat loop.

Willie ·

Ek is skeker dit gaan gepaard met brandvoorkoming? Dink nou net as daai sokker styl moet vlam vat?

Allie ·

“Betoog” is seker ‘n nuwe vak wat nou neem word, dis hoekom dit deesdae so gaan.

Vra net ·

En wat van die “dogtertjie” se gedragskode tydens haar anlmok nakery by die skool? Die gevloek ens? Of is dit maar als reg ondat sy van ‘n spesufieke ras is?

Mara ·

Stem saam met jou. Het niks met ras te doen nie. Dis maar net skoolreels.

waarheid ·

Kry dinge vanaf die TOP KOP …dan…MINISTERS reg, dan sal alles ondertoe of wat volg weer stelselmatig in ORDE kom tot by die Skool. OUERS wees heel eerste VOORBEELD vir jou KIND, JY is verandwoordelikheid vir JOU en sy voorkoms.

Miemie ·

Ek het geen probleem met wegval van haar reëls nie maar dan moet dit vir almal tel. Al wat ek oor die jonge dame en haar hare kan sê: “Sussie ek is bly ek moes nie agter jou op skool gesit het nie, want mens sou nie verby die hare op die bord kon kyk nie.” Hopenlik sit sy heel agter in die klas met daai GROOT Kapsel.

brenda ·

Hoe belaglik is dit? wat het hare met dissipline te doen? AGV die absurde reëls in 1976 by n sekere opleidings hospitaal waar ek my verpleging opleiding moes voltooi het ek nie; agv die (skoene) wat ek gedra het; hulle het een van die grootste verpleegpersoneel leiers verloor agv dit!! ekt bedank; die hele situasie by die skool is verkeerdelik hanteer en inkriminerend vir die meisies!

Emile ·

In dieselfde SABC nuusbulletin waar breedvoerig nuusdekking en bespreking oor die haar-protes gedoen is, is ook berig oor die arres van 9 (swart) KZN onderwysers oor die verkragting en verfiliming van seks met minderjarige skoolmeisies.

Geen opwagting van die Departement van Onderwys by hierdie sake of nasionale oproer daaroor nie. Moet ons nou daaruit aflei dat meisies se hare belangriker is as hul verkragting?

Peter ·

Hoekom noú skielik die herrie? Die meisiekind is volgens ander berifte reeds voirheen by ander skile geskors oor hasr gedrag. Ipv dat sy en haar ouers dankbaar is teenoor die een skool wat haar nou weer ‘n kans gegee het inkrimineer sy nou in die media. Belaglik….regtig. reëls is in plek om orde te handhaaf. Kyk wat nou gaan gebeur omdat reëls wegval. Ek kan net dink hoe die houdinkies van nou af gasn wees. Alles wat enige iemand gaan sê gaan verdraai word en die raskaart gaan lustig geswaai word. Ek wonder hoevéél van hierdie beweringe wat gemaak word is eg. Dalk moet ondersoek ingestel word na die agtergrond van die persone wat al die aantygings maak. Dalk word ‘n blik wurms oopgemaak

E.K. ·

Iemand het gister op die eerste berig gevra hoekom was die nie ‘n probleem vroeer nie – is dit omdat die kidners net skielik besluit het hulle gaan gesag uitdaag en toe die hare woes laat staan? Ek het gisteraand op tv die meisie gesien, liewe aarde, kyk, daai hare staan maklik ‘n halwe meter regop rondom haar kop. Tog kry sy dit reg om die hare reg teenaan haar gesig plat te kry! Ek weet daardie tipe hare is moeilik maar daar is tonne produkte op die mark om te gebruik – en die het sy heel waarskynlik by die hare gebruik reg naby haar gesig, want dis goed onder beheer!Ek het my bediende vanoggend die stuk op tv gewys – beide haar kinders is in ‘n swart skool en sy kon dit nie glo! Haar kinders se hare moet plat, glad en vasgemaak wees, geen juwele, nie eers oorringetjies al het jy gaatjies, rok presies net so lank ens ens. So, is daar dus meer disipline en word reels in ‘n swart skool dan beter nagekom as in gemengde skole? Lyk so!

Lizzy ·

Ek onthou hoe ek vele kere pakslae gekry het op skool, omdat my naels te lank was, asook omdat my hare nie die regte rekkie in gehad het nie, en dit onnet was of nie reg vas gemaak was nie. Dis al hoe kinders dissipline leer. En die onderwysers het ons pakslae gegee, nie ons ouers nie. Jy het nie eers gewaag om jou ouers te vertel nie, anders het jy nog ‘n loesing gekry by die huis.

Anoniem ·

Maak al die reëls dan slegs van toepassing op blanke leerders. Dissipline is die beste geskenk wat jy jou kind kan gee.

m ·

Sjoe ma daar word darem ma gespring as sekere mense brul oor iets.

Popeye ·

Die hare kwessie is maar net die voertuig vir protes teen die “histories-wit” skool instelling. Eintlik het die protes bitter min werklik in gemeen met hare. Dis ‘n beplande aanval teen nog ‘n koloniale instelling. Hulle gaan op elke denkbare manier aanhou wegkap totdat alles wat “koloniaal” beskou word tot niet is. Kyk maar net hoe het “hare” tot “rassisme” gevorder in die geteem.

Jakes ·

Ek werk in Hamanskraal. Elke oggend ry ek by duisende kinders wat oppad skool toe is. Elke iedere een is netjies. Hulle hare en klere is netjies. Die belhammels sou hier gou gese gewees het om iets te doen aan hulle voorkoms deur hulle mede skoliere.

Karen van Zyl ·

Jakes, ek stem heeltemal saam met jou ek werk in JHB middestad en elke liewe seun en meisie wat ek sien is ongelooflik netjies aangetrek, die haartjies mooi skoene gepolish de lot en hulle is trots daarop. En ek het vanoggend juis daarvoor uitgekyk en was lekker verbaas met die netheid wat ek gesien het.

Adam Tas ·

Ons bly in SA. Die afgelope plaaslike verkiesing het gewys hoe baie kiesers voel. Ongelukkig is daar politici wat verloor het. As dit nie “hare” is nie, sou dit iets “anders” gewees het om dit wat nog belangrik is, verder af te breek. Dit gaan nie hier om hare nie – dit is ‘n georganiseerde politieke/rasse geding. Kyk hoe gemobiliseerd was die aksie. As u voel daar moenie reëls wees in die skole nie, dan voel u seker ook dat die wetstoepassing en regpleging in die land afgeskaf moet word. Dit gaan oor respek of die gebrek daaraan.

Hans ·

Hulle kan kla oor hare, en hoe hulle rasisties behandel word.
Maar nie teen staande, is daar duisende joung “dames” wat jaarliks half naak die “reed” dans doen. Hel, nie geweet dis ok om half kaal rond te hardloop, maar nie om haar reels na te kom nie

E.K. ·

Peter – as jy reg het dat sy al vooreen geskors is dink ek die ander kinders moet nou geraas maak omdat reels vir haar verander is. Hou maar haar dop – sy klink na ‘n regte moeilikheidmaker. Maroela, kan julle dalk vir ons ondersoek doen of sy wel voorheen geskors is oor gedrag? Sou DIT dan graag aan die groot klok wou hang!

koos ·

Die klomp het alweer gedurende die jaar hulle besig gehou met allis behalwe skool werk. Nou dat dit eksamen tyd is word die hele skool ontwrig sodat die leerders n mens kan hulle nie meer kinders noem nie want van hulle is al diep in hul 20’s wat hard gewerk het ook benadeel word. Lekker verskoning want ek is beswaard. Doen jou self n guns skryf hulle name neer en kyk of dit onder die onder presteerders gaan voor kom. Ek was ook lank gelede n kind en het ook stories op gemaak as ek nie geleer het vir n toets of huiswerk gedoen het nie. Een van die verskonings wat ek al gebruik het was dat ons hond my huiswerk boek op gevreet het. My boude het gebrand en klaar .Die minister of inspekteer het nie skool toe gekom omdat my hartjie seer is ni maar om ons geluk te wens met ons prestasie. Vandag is dit rasisme maar in my tyd was dit die hond.

Dit is nou Jammer ·

Dit is nou jammer want haar hare lyk te mooi so met die avro die problem is hoe moet jou klas maats wat agter jou sit voor haar op die bord of selfs die juffrou sien. Nou gaan Juffrou jou agter sit want dit is n problem en nou gaan ons toi toi want Juffrou is n rasis want ek word heel agter in die klas gesit hmm never a dull moment opvoeding begin by die huis.

MVJ ·

So so waar! Ek persoonlik is mal oor ‘n afro. As ek swart was sou ek ook een gedra het, maar vir skool moet hy darem bietjie getrim word, vir praktiese doeleindes. Braids is baie netjies, maar dreadlocks is doodeenvoudig slordig. As jy klaar is met skool kan jy mos met jou hare maak wat jy wil. Die samelewing is besig om uitmekaar te val met al hierdie kwaai kinders en gehoorsame ouers.

Karen van Zyl ·

Mens kan in die koerante baie duidelik sien dat dit nie haar regte hare is nie en dit is ook so deur ‘n haarkapster haar kleur bevestig. Dit lyk dalk vir julle mooi maar oe nee van voor het ek amper van my stoel afgeval.

Tiekie ·

Hierdie is net ‘n bewys dat onsin ‘n sameleweing leef met gehoorsame ouers het wat doen wat die arme bloedjies wil hê. As daar nie dissipline by die huis toegepas word nie hoe in hemelsnaam sal hulle weet wat dissipline by die skool is. Selfs in kleuterskole mag dit nie toegepas word nie. Indien kinders liefde, roetine en dissipline gee vir ‘n kind sekuriteit, maar dit kan net by die huis geleer word en dan sal ons land verseker ‘n beterplek wees. Sedert hulle geen pakslae mag kry maak hulle net soos hulle wil en die ouers sê net ja ja en nogmaals ja. Ek dank die Vader my kinders deur die skool is met dissipline en soms ‘n goeie loesing en hulle is nie dood nie, weet net wat reg en verkeerd is en respekteer ander en hulle besittings. Sterkte aan alle jong pappas en mammas. Bly net op julle knieë vir julle spruite.

Kloekie ·

Hul moet seker nou eksamen skryf nou dink hul n protes uit.

Wilma ·

Slapgat kinders raak slapgat volwassenes en dan sit ons met slapgat mense wat ‘n land moet regeer……fantasties.

johan ·

Maklik as jy nie die skool reels wil nakom nie soek ‘n ander skool (BLY BY JULLE REELS)

Mdp ·

Ek stem volkome saam met jou, Johan! Dieselfde moet geld vir reels by werkplekke, in woongebiede en in dorpe. Uitpluk van rassekaart dwing almal om hul reels aan te pas om ‘n handjievol gelukkig te maak! Teen die pas wat sekere groepe “tantrums” gooi (as hulle ongelukkig voel oor bestaande reels) is dit nie verbasend dat hul maniere en optredes vir die jeug ‘n aanvaarbare manier blyk te wees van hoe probleme opgelos kan/moet word nie! Ek wil nog baie se, maar kan nie R150 000-00 of R80 000-00 bekostig nie! Gemeenskappe en individue moet hou by basiese reels in die samelewing andersins word die lewe hel vir die wat beter opgevoed was!

Theresa B ·

Ek het ook so gesê Johan. In ons dae was dit nog erger, maar reels was reels. Nou word daar weereens aan hierdie arrogante spul se eise voldoen. Bog snuiters wat arms swaai en die een wat haar arms kruis voor volwassenes en siedaar – die reels word herskryf. Weereens het hulle geslaag. Wonder wat gaan hulle volgende uitdink. Die top skool gaan ook nou daal tot op die grond.

Mariette ·

Ek verstaan glad nie waar kom die rassisme weer in die onderwerp in nie. Wat het geword van self respek, respek vir jou skool uniform, respek vir jou skool reels. Deesdae is alles wat jou nie pas nie rassime, so kom ons brand nog n paar plekke af, toy toy en gooi die appel kar om. Sonder self respek is enige mens, tiener, volwasse, bruin, pienk of groen in sy kanon, want sonder dit kan jy NIKS anders respekteer

dirwou ·

Hulle moet nie huil oor taal nie Engels is Hulle regerings beleid Versmoor inheemse tale beleid

Anoniem ·

Volkspele gaan seker volgende onder die oog kom….Ons almal gaan leer om te toi…toi….

Andrea ·

Ek kan nie glo dat die skool so vinnig die knie buig en agteroorbuig om Lesufi en sy trawante te akkommodeer nie! Waar is die Engelse wat se voorvaders n ryk gehad het waaroor die son nooit ondergegaan het nie? Dit moes tog mense met murg in hul pype gewees het?
Lyk my die Afrikaner is die een wat meer ruggraat en veglus het om sy saak te verdedig! ;)

Arizona ·

Klink en lyk vir my met die kameras en gehoor word die pap baie baie dik aangemaak.

Columbiana ·

Die probleem is nie die Afro nie maar sie groote daarvan. Hoe op aarde moet die kind agter jou die bord sien as jou Afro alles uitblok. Dis net soos ‘n kuif in die oë

Wollie ·

As jy nie van die reels hou nie moenie na die skool toe gaan nie!!!!!!!!!!!

Mieiepit ·

Eerste ding wat my oog vang as ek by ‘n skool in stap, is die leerders se netheid en goeie maniere, dit sê nie net baie van die skool nie maar ook van die ouers.

Louise ·

Lance, shoe ek kan net nie meer saam jou stem nie.
Lug jou gat en doen iets oor jou omstandighede eerder as om te kla oor wat jou verhoed om dit te doen.

Rina Pretorius ·

wat van: gaan na julle eie skool toe waar julle kan doen wat julle wil wanneer julle wil en soos julle wil, reels is reels en disipline is nodig, gaan kyk maar die ouens wat in die army was, hulle het disipline en die regte grondslag word dus deur goeie streng disipline gele.

Maggie ·

Op ‘n ligter noot en tong in die kies: Wat maak dit saak hoe jou haarstyl jou skolastiese vermoë beinvloed? Ons stry en redekawel oor hare, terwyl daar in Amerika (en ander wêrelddele) toegelaat word dat ‘n 4jarige kan besluit watter geslag hy/sy graag wil wees…ongeag van met watter geslagsdele hulle gebore is. So …waarom al hierdie bohaai oor haarstyle?
Daar word nou ook naskoolse satanistiese klasse by skole in Amerika aangebied!
So kom ek by die gevolgtrekking dat ons mens in ons land eerder dankbaar kan wees oor die feit dat ons net oor haarstyle in skole kan stry…dit kon soveel erger wees.

Karen van Zyl ·

Ek glo dit nie? ‘n minderjarige kan veroorsaak dat ‘n skool wat al dekades lank al die reels het dit moet verander? Dit is net vir my heeltemal nonsense hierdie, daar skuil iets agter alles dit.

johan ·

By alle opvoedkundige instellings is daar reels wat nagekom moet word. Dis agv leerders wat nie reels wil nakom, dat daar chaos is. Die skole in hierdie geval, moet by HULLE reels aanpas sodat dit hulle pas. So ook is dit by universiteite. As die reels nie lekker is vir die studente nie, brand hulle dit af.
Daar is ook blanke kinders met ” moeilike” hare. Eenvoudigluk moet nie ouers n plan maak daarmee sodat die kind aan die reels en regulasies voldoen. As jy jou kind na daardie skool toe stuur, glo ek, word al die reels en regulasies aan die ouers en leerlinge gegee. Die dag toe hulle daar toegelaat is, het ouers en leerlinge die reels en regulasies aanvaar. Punt

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.