Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, kon nog nie sy stadsrede lewer nie weens ontwrigting.
ANC-raadslede het tot dusver geweier dat die stadsrede van die hoofstad voortgaan omdat dit op die dag gehou word waarop die struggle-ikoon, Solomon Mahlangu, in Pretoria gehang is.
Die verrigtinge is reeds byna twee ure laat nadat die ANC-raadslede ingestap het met plakkate wat aanvoer die DA het Mahlangu vermoor omdat die voormalige leier van die DA, Tony Leon, se pa, regter Ramon Leon, Mahlangu laat hang het.
Een van die raadslede is met ʼn galgtou deur die tydelike raadsaal by die Pretoria-skouterrein in Pretoria-Wes gelei, terwyl die res van die ANC-raadslede gesing, gedans en plakkate rondgeswaai het.
In die styl van die EFF het die ANC die speaker, Katlego Mathebe, herhaaldelik tot ʼn punt van orde geroep en aangevoer die raad “kan nie op die historiese dag voortgaan met die stadsrede nie, aangesien dit sal wees of die DA weer vir Mahlangu laat hang”.
Die speaker het egter nie die punt aanvaar nie. “Ek verwys julle na 27 September 2016, die raad se kalender is toe voorgelê en julle het nie op dié datum beswaar gemaak nie.” Die raadslede het die speaker uitgejou en aangevoer sy jok vir die raad. Mathebe het gesê hulle is welkom om haar beslissing op die punt na die stad se komitee vir etiek te verwys as hulle voel sy mislei die raad.
Sy het egter dadelik ingestem dat ʼn minuut van stilte ter nagedagtenis van Mahlangu gehou word. Ná die minuut was ANC-raadslede steeds nie tevrede nie. Hulle het gedreig om die blomme en versierings wat “ten duurste deur die DA aangekoop is en invreet op die stad se begroting” te vat en op die graf van Mahlangu te gaan lê.
Daarna het die speaker die verrigtinge verdaag waarna raadslede twee tafels omgegooi het. “Ons het dit verwag en sal voortgaan met die stadsrede al duur dit die hele dag,” het die hoofsweep van die stadsraad, Christo van den Heever, gesê.
Van den Heever het gesê die speaker het die reg om raadslede wat amok maak en die stadsrede ontwrig toegang te belet.
A thug by any other name is still a thug.
Net so John. Hul is nie in die naam van demokrasie, geregtigheid of enige iets goeds nie, net disaster. Hulle het genoeg tyd gehad om dit om te draai, maar nee kom ons het ‘n kans om wanorde te celebrate, geld te mors, dit is mos waarvoor ons lewe. As die ander partye moet wag tot dit niemand se doodsdag deur ANC is nie, sal dit nooit gehou kan word nie, want hulle vermoor daagliks eerlike hardwerkende mense in ander partye.
Gemors, rubbish
Eks glad nie verbaas nie.
Tipies. As hulle verloor speel hulle vuil. Kan mos nie sit en ‘n debat voer nie.
…wat gaan met die mense aan…hulle mag maar jy mag nie…lyk my hulle het lesse kom neem by my skoonma…
Hahahaha lmga! Goed gese Anton
Wereld Kampioene in alles behalwe, beskaafdheid
Ja!! Wat sal ons se!! Baie ou koeie uit die sloot grawe? Wat van al die wittes en die boere op die plase wat onskuldig vermoor word? Daardie is maar ok?
‘Ou koeie uit die sloot grawe? En dàn verwys jy na die massa meer onlangse plaasmoorde? Jy sal moet wakker word want jou kommentaar maak dit duidelik dat jy nie weet waarom genoemde moordenaar gehang is nie. Dit het fraksies van sekondes geneem om Dr Google te vra waarom hy gehang is. Hy is skuldig bevind aan twee klagte van moord en drie van terrorisme. En dan wil jy dit noem ‘ou koeie’? Sê eerder vir Tony Leon dat jy meer respek het vir sy pa as vir hom.
Is daar enige lid in die anc wat dissiplineerd kan optree?
Gooi die klomp uit maak soos hulle met die EFF in die Parlement maak smuit hulle uit die klomp …….
Ek sweer my sussie se 2jarige is meer volwasse as die lot.
Die ANC is so onverdraagsaam. Tot nou toe het mens dit nie so opgelet nie omdat die meerderheid vir hulle gestem het, en hulle heeltyd hulle sin gekry het, soos hulle gewildheid afneem, so raak hulle al hoe meer onverdraagsaam, opruiend en uitdagend. Once a thug, always a thug.
Ja nee die demokrasie sukkel maar. Stem en hoop? Glo nie so nie. Ek verkies ignoreerdie klomp en werk dat die biesies bewe om julle gemeenskap onafhanklik te maak.
en die kinders skaam hul dood…..
Tipies van ANC. Vi hulself tel anner mense nie. Gn gevoel vi ander mense. Die Regter sou beslis ni Mahlangu laat hang het sonder rede. Wens ek kon se wat ek wou. Hehehe
En die ander ding is. 1979 toe Sollimon gehang is, het die DA nog nie bestaan nie. Wys net hoe deur die wha is die spul.
Betreffende jou ander ding Ronel, die DA het wel bestaan. Hulle was toe bekend as die Progresiewe Party maar het vele mense (soos jy) ore aangesit deur van naam te verander.
Ek dog Mantashe het gister gesê die ANC will volwasse wees -seker maar net nog ‘n lieg storie
UITERS infantiel. Mens moet sommer met plakkate buite gaan staan en sê wie het anc almal vermoor. Sore loosers, jammer vir die Engelses, maar klink net beter as net swak verloorders.
Daar is geen beheer of dissipline onder die spul nie. As dit nou nie op Malhangu se hang-dag was nie sou die volgende barbaarse optrede voor die deur van Jan van Riebeeck of die afsterwe van een of ander sogenaamde/onbekende ikoon gelê word. Hulle het eenvoudig besluit om die DA stadsrade met banale optrede onregeerbaar te maak maar laat toe dat Numbawhon met alles wat verkeerd is wegkom. Gelukkig is daar nog mense wat in eersterangse- lande lewe wat dwarsdeur hierdie gemors sien.
Gee maar tou hul hang hulself op.
Soos Ramon Leon met Mahlangu gedoen het.
Volgens die geskiedenis was Solomon Mahlangu n terroris en moordenaar. Hoe kan hy n struggle- ikoon wees? Vra maar net.
Wanneer is ‘n mens “beskaafd”?
Natuurlik gesit en slaap toe die kalender in 2016 bespreek is…
Wie is Solomon M nou weer…die pad waar daar so baie verkeersknope elke oggend is?
Dieselfde optrede word deur die liberale van Amerika geopenbaar toe hulle in ‘n demokratiese stem hulle sê aan die meerderheid moes afstaan.Demokrasie tel net by hulle solank hulle in die meerderheid is.Wat ‘n grap.