Pretoria-straat dalk na Mao Tse-tung vernoem?

'n Foto van die Pretoriase middestad

‘n Foto van die Pretoriase middestad

Die Tshwane-metroraad het voorgestel dat ʼn straat of plek in Pretoria na Mao Tse-tung, die leier van die kommunistiese revolusie in China, vernoem moet word.

Elmarie Linde, DA-raadslid, het uitgevaar teen die voorstel en na hom verwys as ʼn “massamoordenaar, ʼn rokjagter, ʼn leuenaar en ʼn dwelmbaron”.

“Mao Tse-tung se naam is voorgestel en ondanks ʼn vurige debat en sekere opposisiepartye wat die voorstel teengestaan het, is dit goedgekeur,” het Linde gesê.

Die Tshwane-metroraad meen egter Tse-tung verdien die nominasie. “Mao Tse-tung was ʼn revolusionêr in eie reg,” het Lebogang Matji, woordvoerder van die metroraad, gesê.

“Dit is een van die kriteria wat die stad gebruik het om sy naam te kies. Terwyl die DA nie van die voorstel hou nie omdat hy ʼn diktator was, moet hulle in gedagte hou dat Andries Pretorius en Paul Kruger ook diktators was, maar dat die stad hulle name gehou het ter wille van nasiebou.”

Die besluit om Tse-tung se naam by die Tshwane-metroraad se naambasis te voeg, is Donderdag tydens die maandelikse raadsvergadering aanvaar. Die name in die naambasis word gebruik om strate, plekke en geboue in die munisipale area te vernoem.

Linde sê die ANC vier die dood van nagenoeg 70 miljoen mense in China deur Tse-tung se naam voor te stel. “Mao Tse-tung was so boos soos Hitler en Stalin en wou oorlog maak met Korea, wetend dat die verliese astronomies sou wees,” het sy gesê.

Tse-tung was tot en met sy dood in 1976 die voorsitter van die Kommunistiese Party in China.

Linde sê om Tse-tung se naam in Pretoria te gebruik sal doelbewus die land se struggle-jare ignoreer. “Die DA sal nooit toelaat dat ʼn straat of gebou na Mao Tse-tung vernoem word nie, aangesien dit amper so erg is as om plekke na Barend Strydom, Eugene de Kock of Clive Derby-Lewis te vernoem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elizabeth ·

Ek haal graag aan uit Wikipedia omtrent Mao Zedong (sy eintlike naam) : “.. critics and historians have characterised him as a dictator who oversaw systematic human rights abuses, and whose rule is estimated to have contributed to the deaths of 40–70 million people through starvation, Forced labour and executions, ranking his tenure as the top incidence of democide in human history…” en hy wil VEREER word met ‘n straatnaam in SA??

Paul ·

Daar’s nie ‘n “eintlike naam” vir die man nie. Enige manier om sy naam te skryf in die Romeinse alfabet is ‘n sogenaamde transliterasie.
Enige woord of naam wat in sy eie taal in ‘n ander alfabet geskryf word, moet ge-translitereer word. Daar is dus nie dan ‘n “regte” of “verkeerde” spelling nie.
Dis ook hoekom Russiese name meestal in Afrikaans anders as in Engels gespel word. In Engels word die naam Горбачёв as “Gorbachev” of as “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans as “Gorbatsjof”.

Hoe iets ge-translitereer word, hang van die uitspraak af. Die vraag is dus eintlik hoe Mao sy eie naam uitgespreek het – dan kan jy self besluit hoe jy dit na Afrikaans sal translitereer.

Elizabeth ·

Ja Paul, weet dit eintlik, het dit ironies bedoel. Dan moet hul dit mos in een van hul tale transliteer siende hul nou so slim is en dink dis ‘n gepaste naam.

Paplepel ·

Laat hulle dit gebruik en enigiets se naam ten duurste te verander. Die Pretoria wat ons op trots was bestaan nie meer nie. Net ‘n gedagte, Elke rand wat op sinnelose naamsveranderinge, partytjies en reise gespandeer word is ‘n rand minder beskikbaar om VIGS en binnekort EBOLA, te beveg. Daar IS lig in die tonnel.

Grassie ·

Chris is reg – dit gaan om bakhand staan by China vir geld, en om ‘n spesifieke rede. Dink maar aan Nkandla, “konings” se paleise, reuse salarisse, plundering van staats- en munisipale fondse, toelaes aan 18 miljoen mense en….en….en. Die ANC begin nou agterkom dat die blankes wat nog oor is se skouers nie meer breed genoeg is om hul uitspattige finansiële wanbesteding te dra nie en hulle wil tog nie hul leefwyse afskaal nie. Hulle het gesien dat ou Bob reggekom het by China en hulle wil nou ook probeer.

Babs ·

SA gaan nog ‘n Chinese president hê. Hulle soek nie vir Zuma – net die land se geld.

willie beetge ·

Dieselfde ANC het dan n straat in Amanzimtoti na die terroris wat vrouens en kinders vemoor het vernoem. Andrew Zondo die man wat n bom in die Toti sentrum geplaas het. Het hierdie mense nie enige gevoelens of is dit verstand nie. Sulke aksies is werklik nie opbouend nie, dit is inteendeel n verklaring van minagting vir minderheids groepe in Suid Afrika. Dit is gekamofleurde haatspraak en druis in teen enige demokratiese deelname. Hoop die DA het meer dryf in Pretoria, hulle het niks in Amanzimtoti bereik nie. Ten tyde van die naamverandering was daar nog nie n afriforum tak in Amanzimtoti nie. Miskien moet julle die Chinese en Koreanse konselaat nader om die voorstel teen te staan.
Die Oposisie moet uit die boks begin dink

Meisie ·

Wat nog?????? Laat mens wonder waaraan gaan hulle volgende dink om ons Pretorianers die harnas in te jaag!! Waarom verander hulle nie vir `n slag die straat name in hulle eis gebied nie?? Verander Nkandla sommer na Disney land!!!

Elfie ·

@Meisie – jy het my dag gemaak met jou Nkandla storie hahaha!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.