Pretoria: Strenger waterbeperkings, groter boetes

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Argieffoto (Foto: EME, Pixabay)

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester, het Maandag strenger waterbeperkings ingestel te midde van waarskuwings dat watervlakke in Gauteng kritiek laag is.

Msimanga het tydens ʼn perskonferensie by die hoofkantoor van die Tshwane-metropolisie in die middestad gesê hy wil nie paniek saai nie, maar as inwoners nie drasties waterverbruik verminder nie, kan die stad teen die einde van die jaar sonder water wees.

Rand Water verskaf die meeste van die stad se water en het reeds waterbeperkings ingestel nadat die departement van waterwese en sanitasie op 12 Augustus in die Staatskoerant aangekondig het waterbeperkings van 15% moet in die geïntegreerde Vaalrivierstelsel-gebied ingestel word weens onvoldoende reënval in die opvanggebied en lae damvlakke.

Die Tshwane-metro het op 13 September in die spore gevolg van die stad Johannesburg, die Mogale City-munisipaliteit aan die Wes-Rand en die Ekurhuleni-munisipaliteit aan die Oos-Rand, en ook waterbeperkings ingestel.

“Rand Water het verlede week ʼn beroep op munisipaliteite regoor die provinsie gedoen om waterverbruik met 15% te verminder of die moontlikheid van ʼn volledige stelselineenstorting in die gesig staar,” het Msimanga gesê.

“Volgens Rand Water was die vermindering van watergebruik op 3 Oktober op ʼn teleurstellende 2,7% omdat mense nie genoeg water spaar soos verwag word nie.”

Hy het gesê die reeds ingestelde beperkings, in terme van die stad se waterverskaffingsregulasies, verbied onder meer dat tuine tussen 06:00 en 18:00 met munisipale water deur ʼn tuinslang of sproeier natgelei mag word. Voertuie mag ook nie met ʼn tuinslang gewas word nie en swembaddens mag nie gevul word nie.

“Dit is duidelik dat sommige van ons kliënte nagelaat het om te voldoen aan ons versoek om water spaarsamig te gebruik. Ons bevind ons nou in ʼn onhoudbare situasie en het met stappe begin om tegniese ingrypings toe te pas wat ons in staat sal stel om watervermindering van 15% te verseker.”

Van die stappe behels die beheer van die watervoorsieningstelsel deur wateruitlaatkleppe by reservoirs gedeeltelik te sluit sodat reservoirs goeie watervlakke kan behou, die inwerkingstelling van geskeduleerde beurtwater, vloeibeperkers by persele van hoë waterverbruikers en die vermindering van watertoevoer na residensiële komplekse, sakeondernemings en aftreeoorde.

Msimanga het gesê instandhoudingspanne gaan versterk word om waterlekkasies en gebarste pype vinniger te herstel en dat ʼn toegewyde telefoon- en SMS-lyn opgestel gaan word waar inwoners lekkasies en gebarste pype kan aanmeld.

Hy het verder gesê die stad gaan nie meer sy parke, sportvelde en verkeerseilande natlei nie.

“Die droogte is ʼn landwye probleem en nie net beperk tot die hoofstad nie. Inwoners wat nie gehoor gee aan die waterbeperkings nie kan boetes van R1 000 tot R20 000 opgelê word.”

Die Johannesburgse metropolisie het reeds 139 kennisgewings, 41 waarskuwings en 52 boetes van R1 000 elk uitgereik aan inwoners wat nie gehoor gee aan dié stad se waterbeperkings nie.

Die Ekurhuleni-munisipaliteit het ook aangekondig dat inwoners wat hul toegelate waterverbruik oorskry, 10% meer vir water gaan betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Frederik ·

Sal Maroela media so gaaf wees om byde die kontak nommer en sms nommer vir “waterlekke” ook hier te rapporteer sou dit beskikbaar word. Dankie.

Johann ·

Ja wel weer sake bly geloofsake so…spaar die moet ons; geldmaak die moet die DA seker on te betaal vir al die ANC vergrype MAAR: wanneer doen die sg regering wat om pro aktief voorsiening te maak vir situasies soos nou? Maar skuus…dan sit ons met die MEES ONBEKWAME ONBEHOLPE spul OOIT!

Mariana ·

Wat is die beperkings op boorgate? Kan iemand my help asb

Linda ·

Jy kan maar probeer spaar met die boorgat maar dan pomp al jou bure wat water uit dieselfde aar kry die ding droog. Vra my, ek weet. :)

Linda ·

Ons maak nie tuin in die winter nie dus gebruik ons geen water in die tuin nie. Die winter is pas verby. Ons spaar water vergeleke met verlede somer. Ek het nie ‘n swembad die en wasgoed moet gewas word. Sal ons maar afstof in plaas van bad? Hoe stel hulle voor moet ons 15% bespaar op winter verbruik?

Asjas ·

Meskien as my ryk buurman hier oorkant die straat ophou om sy “paving” nat te spruit sal ons spaar. Ek sien nie dat sy paving skielik groen is of meer bakstene gegroei het nie …

Ronel ·

Linda, ons bly in Kroonstad en ons het vir 6 weke geen water gehad nie. Niemand is vooraf beboet as hulle water “gemors” het deur tuin nat te maak nie. Ek is baie lief vir ‘n mooi tuin, maar in droogte kom mens se tuin ongelukkig laaste. Ons gebruik ons badwater om potplante nat te maak en om die toilet te spoel. So van toilet gepraat. “Of it’s yellow, let it mellow… If it;s brown, let it down” . Die badwater word ook gebruik om die stoepe mee te was. En ongelukkig is die beter opsie as dit by wasgoed kom ‘n twintub. Automatiese masjiene gebruik ongelooflik baie water. Ons buurman tap hul wasmasjien se water in ‘n 500L drom met ‘n drukpompie en begruik dan daai water om sy tuin mee nat te lei.

Ahooy ·

Frederik,
Wat wil jy met die nommer maak?
Dink jy iemand gaan dit antwoord?

michelle ·

Dis reg om water beperking in te stel MAAR wat van ons as gesin wat n jaar nou al sukkel met ons water rekening van 70 kiloliter n maand, elke maand is ons daar hul sit op hul ore en kom nie uit om te kom kyk na die meter leesing nie, ek neem n foto van die leesing ELKE dag en volgesn ons gebruik ons nie 20 kiloliter elke maand nie en so kom die rekening elke maand oor 30 plus en die maand was dit 72 kiloliter, nou hoe maak ek nou geen hulp van hul kant af en dan word ek nog MOONTLIK BEBOET OOK ???

Kevin ·

Dalk moet hulle begin water spaar by die wat dit verniet kry, ek kan nie dink dat as jy iets verniet gaan kry dat jy dit spaarsaam gaan gebruik nie. Net so ook met elektrisieteit.

Inge ·

Kevin, ek stem heeltemal saam! Weet jy hoeveel mense kry verniet water en elektrisiteit in Memelodi? Dit maak my siek! Soos jy se, as jy iets verniet kry, gaan jy mos nie spaarsaamig werk daarmee nie, dit is van toepassing op alle gebiede! Dit is soos Spur se “rib & wings specials – eat as much as you can”. Jy is propvol, maar jy bestel nog net een bord want jy is so lus daarvoor en dan bly die helfte oor want jy kan nie meer een happie vat nie. Mense mors met die water, want wie gaan hulle vang?

Linda ·

Eks so ontsteld oor die water beperkings en die studente wat met ‘n waterkanon gespuit is en nou kan ek nie eens ‘n glas water gaan drink om te kalmeer nie. Ek gaan nou maar ‘n glasie wyn skink om my deel te doen.

Tonginniekies ·

Die Polisie het hulle kant gebring. Hulle het die waterkanonne uit die Apies en ander rioolriviere volgemaak. Goeie herbenutting van “gryswater”. :-)

VRA MAAR NET ·

Hoekom publiseer julle nie n nommer waar mens sulke vermorsings kan aanmeld nie??? Johannesburg het wel een, het dit op Maroela media gesien, Waar rapporteer mens Pretoria oortreders en glo my, daar bo in die berg is BAIE mense wat met sprinkle spoeiers hul paving natmaak.

John ·

Linda, ontspan. Wie se dis skoon water? Dalk betaal hulle die studente in eie munt terug.

dook ·

ry elke oggend en middag verby Olievenhoutbosch , by die Engen vulstasie en by die winkelsentrim sien ek oggend en middag hoe die sproeiers die gras nat spuit , al te lekker

Elize van den Berg ·

Die ergste is dat ons amper uurliks aangemaan word oor die nuus om water te bespaar, intussen gaan miljoene kiloliters water verlore deur swak instandhouding van waterpype of dan in ons geval waar die waterpyp beskadig is deur werkers. Vir meer as 48 uur het water gestroom ondanks talle aanmeldings. Uiteindelik herstel maar lek steeds by hegting. Weer aangemeld nou wag en kyk terwyl kosbare water vermors word!

Gerhard ·

Geld die waterbeperkings ook vir SuperSport Park in Centurion..? Lyk nie so nie….hulle sprinklers hardloop non-stop regdeur die dag.

neelsie ·

Herwin julle gryswater.
Met n bietjie inisiatief kan alle afvalwater op die tuin gebruik word.

Dink 'n bietjie ·

Intelligente, minder intelligente en vlak kommentaar wat gelewer word. Julle slim kommentaar leweraars, as water op raak, hoe gang jy nog maak? Ons Skepper is die enigste wat DIT kan regkry. Geen geld gaan nog water bring nie. Hou op met jul selfsug en pas dít op wat vir ons gegee is om op te pas.

charmaine Moolman ·

ek het aan die “nuwe” DA raad in Tswane n voorstel gemaak waar ek voorstel dat alle skole, kantore, shoppingmalls en ander publike plekke gedwing moet word om n water besparings “device” in hul krane te sit. ek gebruik dit nou al meer as 3 jaar in al my krane (behalwe bad) en storte. Jy bespaar 2/3 van jou gebruik. Maar toe se Darryl Moss hulle kan nie so gou n wet deur sit nie. sien http://www.new-home.co.za

Daniel ·

Ironies geen nr van hul nog verskyn in my skoonpa se straat is daar waterlekke al vir 10 jaar wat ons gereeld aanneld my eie meter lek al 7 jaar wat ons hier woon al ophou om dit probeer lat regmk! Pateties is nie n woord! Ma nou wil ons spring?

johann barnard ·

Maak Sterkfontein dam oop laat die water Vaaldam toe gaan dan is julle probleem opgelos.

Francois ·

Ek wil graag weet hoeveel boetes al uitgereik is, en gaan die Raad se munisipale swembad fasiliteite sluit as die swembaddens nie meer mag opvul nie, as die swembaddens nie kan opvul nie, kan die elektriese motors en pompe nie funksioneer nie?

Irma van der Merwe ·

Rapporteer waterlekke per epos by: [email protected]
Rapporteer waterlekke telefonies by: 012 358 2111
Rapporteer water beperking oortredings by: 012 358 9450/7095/7096

Boetes wissel van R1 000,00 tot R20 000,00

Katryntjie ·

Mense kan darem maar ondeursigtige “comments” plaas. Waterbeperkings is vir almal.

As jy nei ‘n swembad het nie of tuin natmaak nie goed so vir jou. Maar baie van ons MOET spaar. Ek weet ons huisgesin kan baie spaar. Die feit bly almal van ons dink water is iets wat ons net ‘n kraan oopdraai en daar is ‘n onophoubare vloei vir ewig. Dit het niks met enigeen se onbeholpenheid te doen by watter instansie ookal nie. Dit is nou maar so, dit het nog nie gereen nie. In plaas van dat ons mekaar en die “goewerment” slegse, kom ons vra ons Hemelse Vader om ons genadig te wees en reen te stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.