Pretorianers gemaan om munisipale waardasies na te gaan

Foto: Argief

Die Tshwane-metro in Pretoria het sy waardasierol vir eiendom gepubliseer wat vir die volgende vier jaar geld.

AfriForum het dit Woensdag ten sterkste benadruk dat hierdie ʼn geleentheid is vir huiseienaars om hul waardasies na te gaan en seker te maak dat die munisipaliteit hulle teen die regte tarief aanslaan.

“Hierdie is ʼn geleentheid vir lede van die gemeenskap om seker te maak dat hulle eiendomwaardasies korrek bereken is, want dié waardasie tesame met die tarief bepaal jou eiendomsbelasting. Maak dus van dié geleentheid gebruik,” verduidelik Lambert de Klerk, AfriForum se Gauteng-Noord distrikskoördineerder.

Die Tshwane Metropolitaanse munisipaliteit het die waardasierol op sy webblad beskikbaar gestel. (klik hier om dit te besoek)

De Klerk het gesê huiseienaars moet hul eiendom se besonderhede gaan soek en seker maak dat die waardasiebedrag van hul eiendomme korrek aangedui word. Indien daar ʼn groot teenstrydigheid is, moet hulle teen hierdie waardasiebedrag beswaar maak deur die vorms in te vul wat op dieselfde webblad beskikbaar is.

“Dit is egter belangrik dat huiseienaars ten alle tye eerlik moet wees oor dié bedrae. Dit is sinneloos om ʼn dispuut te begin bloot om ʼn laer eiendomswaardasie te probeer bekom, terwyl dié laer waardasiebedrag nie die werklikheid weerspieël nie. Onthou dat aansoeke vir ʼn laer eiendomswaardasie later na die waardasie-appèlraad geneem kan word en as bevind word dat so ʼn beswaar kwelsugtig was, kan ʼn kostebevel teen die huiseienaar toegeken word,” het Morné Mostert, AfriForum se koördineerder vir plaaslikeregeringsake, gewaarsku.

AfriForum sal die situasie in die geval van teenstrydighede vir tendense dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

snoefie ·

weer n nuwe geleentheid om nog bloed uit reeds droëe klippe te pers.

simon ·

Snoefie, die ANC beheer nie meer die Pretoria munisipaliteit nie en die DA is baie gretig om die welwillendheid van Pretoria inwoners te verkry en te hou.
Daarom sal hulle nie bloed uit n klip wil pers nie.
Gee hulle n kans asseblief.

Harambe ·

Wel, Simon, Ek woon in Kaapstad en as jy dink die DA gaan jou minder laat betaal, dan gaan jy bitter teleurgesteld wees. Die DA is net agter die swart stem aan en hulle gaan jou wit Rande daarvoor gebruik. Maar moenie net my woord daarvoor aanvaar nie, kyk maar.

Elize du Plessis ·

En dis seker hoekom ons vanoggend met n R188 000.00 se rekening verras is sleg op erf belasting.

simon ·

Snoefie, die ANC beheer nie meer die Pretoria munisipaliteit nie en die DA is baie gretig om die welwillendheid van Pretoria inwoners te verkry en te hou.
Daarom sal hulle nie bloed uit n klip wil pers nie.
Gee hulle n kans asseblief.

arie ·

Elize hierdie waarskuwing kon net so goed aan julle persoonlik geskryf gewees het.
Uit die inligting tot algemene beskikking wil dit voorkom asof hier n fout ingesluit het.
My aanbevelings is om dit in die eerste instansie in alle vriendelikheid met die betrokke DA Raadslid op te neem om so die pad vorentoe na bevredigende (wen-wen situasie) uit te klaar.
Die.DA is gretig om jul welwillendheid te bewerkstellig in alle vrede.

Theresa ·

As ek op die link kliek wat gegee word, kom ek nie by die waardasieroluit nie. Op die link vra hul al my detail – wat ek nie gaan gee nie. Waar kan ons die waardasierol sien, asb.?

Janie Monsieur ·

Dagsê Theresa,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer om te hoor jy sukkel.
Die skakel gaan na die Tshwane-metro se amptelike webwerf toe waar die waardasierol gesien kan word. Die inligting wat gevra word is bloot om by die regte adres uit te kom, dit is hoekom hulle jou inligting nodig het. Vul gerus die velde in, en gaan dan deur na die waardasierol.
Indien jy daarna steeds sukkel, kontak gerus die munisipale kliëntediens by 0123589999.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Vuisvoos ·

En as jy prober op die skakel ingaan, kan jy nie die waardasierol sien nie. Hoe nou gemaak?

Janie Monsieur ·

Dagsê Vuilvoos,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer om te hoor jy sukkel.
Die skakel gaan na die Tshwane-metro se amptelike webwerf toe waar die waardasierol gesien kan word. Die inligting wat gevra word is bloot om by die regte adres uit te kom, dit is hoekom hulle jou inligting nodig het. Vul gerus die velde in, en gaan dan deur na die waardasierol.
Indien jy daarna steeds sukkel, kontak gerus die munisipale kliëntediens by 0123589999.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Johann ·

Snaaks die plakkers, lokasies, skema behuising, ens betaal nie ‘n sent belasting nie. Nou hoe nou?

As ·

Jip, hul sal bande brand en klip gooi as hul munisipale rekening ñ R5 meer is – dit is gewoonlik mense wie daardie belasting kan bekostig.

Marius Bester ·

Hul webwerf werk nie. Kry nie my adres op die site nie.

Janie Monsieur ·

Dagsê Theresa,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer om te hoor jy sukkel.

Kontak gerus die munisipale kliëntediens by 0123589999.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

WILMA ·

As jy die waardasie bedrag gekry hoe weet jy , jybetaal die regte bedrag erf belasting elke maand.

Gert de Jager ·

My huis is R100 000 opwaarts aangepas (10%) = wat my seker R100 pm meer gaan kos vanaf Julie 2017. Dit terwyl ander eiendomme wat groter as myne is is, laer waardeer is volgens 2007 se sogenaamde ‘desk-valuations. My raad aan lesers is, kontroleeer jou huis met ander in jou omgewing, (vergelyk). Indien nie saamstem met Tshwane = voltooi die vorm, ek gaan! Gert de Jager, Wierdapark

Tina ·

Ek het ook gesukkel om my eiendom se waardasie te kry. Toe tik ek slegs die GISKEY nommer (op jou rekening) in . Sonder veel moeite het ek nou my waardasie gekry.

Alida ·

Ek dink die DA probeer die stelsels hersien. Mens sal verbaas wees as die ware syfers weergegee word om te sien hoeveel is deur die ANC gesteel in die verlede. Doen die moeite en gaan dit na.

Jos ·

Ek het ‘n brief in die pos gekry en my waardasie is van R540,000 na R1,550,000 aangepas. Erfbelasting is nou R438 en wonder wat dit van 01 Julie 2017 gaan wees. Ek dink “Harambe” van Kaapstad is reg dat die DA net agter die swart stem aan is en hulle gaan jou wit Rande daarvoor gebruik.

Hennie ·

Hoeveel waarheid is daarin dat pensioenarisse oor 70 jaar korting kry op erfbelasting? Indien wel, waar kan ‘n mens aansoek doen daarvoor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.