Pretorianers gewaarsku teen onwettige vuurwerke

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Pretoria is Maandag gewaarsku dat diegene wat vuurwerke sonder die nodige toestemming gebruik, swaar beboet sal word.

Senior supt. Isaac Mahamba, polisiewoordvoerder, het gesê inwoners wat vuurwerke wil afvuur, moet die nodige toestemming daarvoor kry. Inwoners wat lawaaierige vuurwerke afvuur, kan ingevolge die Gautengse Regulasies op Geraasbeheer beboet word, het hy gesê.

Volgens Mahamba word die perseel van persone wat aansoek doen om vuurwerke te verkoop, besoek, om te verseker dat daar aan die nodige vereistes voldoen word voordat ʼn vuurwerkpermit uitgereik word.

“Besighede moet aan streng vereistes voldoen, byvoorbeeld daar moet geen obstruksie voor brandblussers wees nie, daar moet ‘Geen Rook’-bordjies aangebring wees en die vuurwerke moet agter ʼn toonbank gehou word,” het hy gesê.

“Persone wat die wet oortree, sal ʼn boete van R2 500 opgelê word en kan moontlik strafregtelik vervolg word.”

Mahamba het gesê ondernemings wat vuurwerke wil verkoop, moes reeds teen 23 November daarvoor aansoek gedoen het.

“Hierdie besighede word ook gewaarsku dat dit onwettig is om die vuurwerke langs verkeersligte en op sypaadjies te adverteer.”

Hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om die owerhede dadelik in kennis te stel as hulle informele handelaars sien wat vuurwerke by verkeersligte verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Sonicka ·

Is daar spesifieke owerhede wat ons kan kontak? Ek weet van inwoners in Pretoria Moot wat gereeld vuurwerke skiet. Ek sal graag wil seker maak dat hulle nie oor nuwe jaar dit doen nie, aangesien ons diere erg skade lei met die klanke.

nig ·

Sonicka ek hoop jy kom reg. Dalk moet jy die Sen Supt Mahamba in die hande probeer kry en die regte nomemrs by hom kry.

Elbie ·

Dis so n irritasie vir die meeste mense, kan nie verstaan hoekom die gemors nie verban word nie?

tammy ·

Mense wat vuurwerke skiet is uiters kommin. Gee daardie geld wat jy so verbrand vir kinderhuise om kos mee te koop. Andersins help n werklose gesin. Dis absoluut n vermorsing van geld om sulke gemors te koop en boonop die mense om jou te verpes met die geraas en stank van brandende vuurwerke. Nee los dit heeltemal uit asseblief. Geen maar geen simpatie met die kinders wat hierdie seisoen weer gaan seerkry nie.

Johan ·

Ek sal graag wil weet hoekom vuurwerke nog verkoop word as dit dan teen die wet is om dit af te vuur? Stop die verkope en minder probleme vir mens en dier. Dis so waar…..die leegste blik maak die meeste lawaai.

Lorna ·

Sal graag wil weet wie om te kontak want male sonder tal die sapd help nie Dalk moet ek hul sê daar lê n lyk voor die oortreerders se huis

Peet Schabort ·

GEEN simpatie as die vingers en duime weggeskiet word.

Mike ·

Ek hoor sover nog elke
oujaarsaand ‘n ontploffing in Mamelodi, het julle dit ookal gehoor ek het al geonder wie is die ou wat die vuurwerke skiet.

Winston ·

Nie eers skote wat met wapens afgevuur word kan suksesvol opgevolg word nie. Plaas n totale verbod op vuurwerke dan sal dit beter gaan.

Rietrot ·

Dit is so hartverskeured . Hoekom doen mense dit. Om n kick daar uit te kry vir ñ rukkie en agterna net hartseer te saai.

Johan Fourie ·

Mense hoor maar net nie ,my buurman het nou die dag geskiet dat die spoeg spat,Hy self het honde wat verskrik was my honde ook ek het hulle laat in die huis kom,en dit als net om dat hy sy kinners wou vermaak het.En die volgende dag tel ek al sy gemors van vuurpyle in my jaard op……Dommer as gront as jy my vrae.Moet die goed nie eers in voer nie man.

Johann Marx ·

Johan Fourie…..moenie sê “dommer as grond” nie. As mens ‘n pit in grond sit, groei daar iets…

elize ·

Hoekom net in Pretoria hoekom nie in ander provinsies ook nie.

Jesuina ·

Waar mag mens vuurwerke gaan skiet in pretoria? Wat nie tussen huise is nie? Waar daar nie diere is nie en wel veilig is vir almal ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.