Pretorianers oor dringende wateronderbreking gewaarsku

kraan-water-glas

Foto: Arcaion/Pixabay.com

Die Tshwane-metro het inwoners in sekere gebiede van die ooste van Pretoria gewaarsku om gereed te maak vir ʼn dringende wateronderbreking.

Die stad se waterverskaffer, Rand Water, het die stad kennis gegee dat die Olympus-pompstasie dringend afgeskakel moet word vir instandhoudingswerk.

Volgens Lindela Mashigo, woordvoerder van die metro, gaan die pompstasie Sondag van 09:00 tot 15:00 afgeskakel word as alles volgens plan verloop.

Inwoners van Olympus, Zwavelpoort, Boardwalk Manor en Boardwalk Meander kan wateronderbrekings verwag.

Mahsigo het ʼn beroep op alle inwoners gedoen om ten alle tye water spaarsamig te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

Dringend afgeskakel moet word vir instandhoudingswerk? Lyk soos altyd geen beplanning. Instandhoudingswerk is in ‘n derde wêrld dringind maar in die eerste wêrld is dit geskeduleerde onderhoud waar die skedule op ‘n jaarlikse basis verspei word sodat almal daar volgens kan beplan.

Johanna Botha ·

Instandhouding wat reg gedoen word gaan gepaard met vooraf kennis …dit loop nie uit op n dringende beroep om alles afteskakel vir instandhouding ….klink meer na ” crisis management ” as jy my sou vra.

GAB ·

Ai tog. Almal kla. Stop dit! As iets gaan breek oor dit kan soos n kar of n enige iets, dan moet daar dringend aandag gegee word. Hulle het mos nou gese dis geskeduleer vir more. Wat meer wil die mense wat kla hierbo he. Gebruik net n bietjie logika en wees vir n slag positief oor alles.

Gert ·

Geskeduleerde onderhoud is die woord Dan is goeie begroting en belanning moontlik .Logika of bestaan dit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.