Pretoriase bejaarde in huis oorval, ure lank gemartel

Peter Treichel (Foto: Verskaf)

WAARSKUWING: Die inhoud in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers ontstel.

“Ons glo dat hulle daar was om hom dood te maak. Hoekom hom nie net vasbind en besteel nie? Hoekom twee uur van marteling? Ons het nie woorde nie.”

Só vertel Natascha Treichel nadat haar bejaarde pa verlede week in sy huis in ’n klein woonkompleks in die omgewing van Menlyn Maine in die ooste van Pretoria oorval en gemartel is voordat die aanvallers met persoonlike besittings op die vlug geslaan het.

Dié aanval volg nadat daar die afgelope twee jaar reeds nege keer by Peter Treichel (78) se huis met elektriese omheining ingebreek is. Niemand is volgens sy dogter se wete al in hegtenis geneem vir die aanval óf die inbrake nie.

Natascha vertel aan Maroela Media dat haar pa verlede Donderdag omstreeks 23:30 televisie gekyk het toe minstens twee aanvallers toegang tot die huis verkry en hom met ’n kristalbak oor die kop geslaan het. Hy was ten tyde van die voorval alleen in die huis.

Peter Treichel ná die aanval. (Foto: Verskaf)

Peter was egter nie bewusteloos van dié hou nie en het homself probeer verdedig waarna die aanvallers hom ’n tweede keer met ’n blompot oor die kop geslaan het voordat hulle hom gewurg, tot op die vloer gedwing en hom vasgebind het. Hulle het ook iets oor sy kop getrek waarna hulle op sy keel gestaan het.

Peter is die trappe op na die tweede verdieping van die huis gelei. Die verdagtes het in dié stadium ’n mes by hulle gehad en het hom beveel om sy trouring af te haal anders sou hulle sy vinger afsny.

Die aanvallers het hom toe beveel om die kluis in die huis vir hulle oop te maak terwyl hulle die mes teen sy keel gehou het. Peter het die kluis met ’n kode probeer oopmaak maar die kluis wou nie oopmaak nie. Hy het toe die kode vir die aanvallers gegee wat ook nie die kluis kon oopkry nie.

Een van die aanvallers is toe na onder om iets te kry om die kluis mee oop te forseer waarna hy met ’n ketel kookwater teruggekeer het. Die kookwater is toe oor Peter se arm, skoot en been gegooi waarna hy by die trappe afgeskop is.

Die gebreekte kristalbak (Foto: Verskaf)

“Hy het tydens die aanval herhaaldelik geskree maar niemand het hom gehoor nie. Die aanvallers het vir hom gesê hulle gaan hom doodmaak.”

Die aanvallers het Peter in ’n stadium vir die voordeur se sleutels gevra waarna hulle hom ietwat losser vasgemaak het en daarna in ’n laai begin rondsoek het. Peter het van dié geleentheid gebruik gemaak om die paniekknoppie in die hande te kry en in sy pajamas se broek te versteek voordat hy later die paniekknoppie gedruk en ’n alarm geaktiveer het.

“Hulle het hom toe op die vloer gegooi, sy gewrigte en voete aan mekaar vasgebind en ’n kombers oor hom gegooi voordat hulle ’n stoel oor hom geplaas het. Hulle het vir hom gesê hulle gaan terugkom.”

Die verdagtes het toe met verskeie besittings waaronder ’n skootrekenaar, ’n selfoon, ’n beursie en kontant op die vlug geslaan.

Peter kon daarin slaag om homself op te help waarna hy hulp ontbied het en na ’n hospitaal geneem is.

Sy dogter vertel dat haar pa 32 steke aan sy kop en hand moes kry ná die voorval. Hy het ook baie bloed tydens die aanval verloor.

Die gebreekte blompot (Foto: Verskaf)

“Hy was gister weer by die dokter, maar was baie gedisoriënteerd. Hy het ook hoë bloeddruk en hoë suikervlakke gehad en is op ’n drup geplaas. Ek het nie woorde vir wat my pa moes deurmaak nie.

“Hy is geweldig getraumatiseer. Hy het gedink hy gaan daardie aand doodgaan.”

’n Saak is ná die voorval by die polisie aanhangig gemaak.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gestuur en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Debbie

????ek is spraaaaaaaakloos ….gefrustreerd dat ons bejaarde mense so aangeval en gemartel word…wanneer gaan dit stop

Blondie76

Tipies die lafaards, slaan toe op weerlose bejaarde mense. Te bang om ‘n regte man te face want hulle weet hulle sal pak kry of self boet met hul lewens. Dis regtig siek. Ek wens die oom alle sterkte toe met sy herstel. Dankbaar dat hy nog vir sy kinders gespaar is.

Persheks Adri

Sterkte oom! Ons kan net bid!

Ek’s so upset nou! Kan nie dink hoekom hulle sulke goed doen nie. Ons blankes moet op ons hoede wees en as jy ‘n wapen het gebruik dit!

Belinda

Regtig soooo onnodig en soooooo verskriklik wreed

Wat op dees Aarde

‘n Mens is nêrens meer veilig nie. Aangesien dit ‘n kompleks is, waar is die sekuriteits wagte? Is daar kringtelevisie? Ongelukkig gaan die polisie se ondersoek ook net dood loop, soos alle ander wit sake wat aangemeld word.