Pretoriase dokter tydens huisroof geskiet

(Argieffoto: Jossué Trejo/pixabay)

’n Kardiotorakale chirurg by die Netcare Montana- private hospitaal in die noorde van Pretoria is die afgelope naweek tydens ’n huisrooftog in die been geskiet.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê dr. Willem Roos en sy vrou is Sondag omstreeks 11:30 deur drie verdagtes in hul huis in Waterkloofrif aangeval.

Roos (58) is gedurende die voorval in die been geskiet en na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling. Sy vrou is ongedeerd.

Die verdagtes het ná die voorval met ’n vuurwapen, ’n televisie, buitelandse valuta in kontant en ’n skootrekenaar op die vlug geslaan.

Ben Rood, hospitaalbestuurder by Netcare Montana, het aan Maroela Media bevestig dat Roos in ’n hospitaal aansterk ná ’n skietvoorval by sy huis oor die naweek.

Volgens Rood het Roos ná die voorval ’n operasie ondergaan en hy sterk goed aan.

Die polisie probeer nog vasstel hoe die verdagtes toegang tot die huis verkry het. Daar word intussen gesoek na die drie verdagtes wat vermoedelik met ’n wit Nissan Xtrial rondry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Renee ·

Skokkend 11.30 op n’ Sondag waar gaan ons land heen en dr Roos is n’ fantastiese dokter

absoluut ·

Dr Roos is verseker n fantastiese dr, hy het my pa se hartomleiding gedoen daar in Montana hospitaal

Persheks Adri ·

Sterkte aan die dokter en sy gesin hoop hy’s binnekort tuis! Niemand verdien dit nie.

Helder oordag maggies en hulle het klaar wapens. Kriminele mos meer regte as ons so neem kennis hoedeman. Jou wapen wet gaan ons nie toelaat nie jy kan dit vergeet!

Winnie ·

En ons wapens mag nie vir selfverdedeging gebruik word nie

Sonneblomkind ·

So jammer om te hoor. 11:30 op n Sondag oggend dit is skokkend. Inside job….

Anoniem ·

Ons sal dit nie waag om in hulle buurte rond te ry en te doen wat hulle doen nie, want ons sal uitstaan soos ‘n moesie op ‘n neuspunt.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.