Pretoriase polisieman met eie wapen doodgeskiet

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Speurder verbonde aan die Garsfontein-polisie in Pretoria is Saterdagoggend doodgeskiet, glo deur dieselfde verdagte wat hy en twee kollegas op ʼn aanklag van ernstige aanranding in hegtenis wou neem.

Die drie speurders het vanoggend inligting opgevolg en die verdagte omstreeks 10:30 op die hoek van Garstfonteinweg en Rubensteinrylaan, in die ooste van die stad, genader. Die verdagte het die beamptes met klippe bestook.

“Terwyl hulle hom in hegtenis probeer neem het, het die verdagte een van die polisielede se vuurwapens gegryp en hom doodgeskiet,” het kol. Brenda Muridili, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die ander polisielede het gereageer en die verdagte is gewond. Hy word aangekla van moord en poging tot moord en sal in die hof verskyn sodra sy mediese toestand dit toelaat.”

Die verdagte word in dié stadium nog in ʼn hospitaal in die stad behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SomeOne ·

sterkte aan almal verbonde, polisie wees asb versigtig, dit was onnodig

Cherokee ·

Die moornaar word in ‘n ‘h hospitaal ‘behandel’.

Lorna ·

Moet ek nouweer betaal vir n moordenaar se hospital hulp
Regtig die een sapd kid moet gaan vir skiet lesse
Hy het 1 van hulle doodgeskiet

Bloedhond ·

Wat ek vir daai 3 wil sê is om erenstig ‘n ander beroep te oorweeg! Miskien is berading ‘n ringting waarin julle beter sal vaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.