Pretoriase sanger en radio-omroeper in ateljee aangeval

Mariëtte Coetzee

Mariëtte Coetzee

ʼn Pretoriase sanger en radio-omroeper is Sondagmiddag in die ateljee van ʼn huis in Doringkloof in Centurion aangeval en erg aangerand.

Een van Mariëtte Coetzee (55) se aanvallers het tydens die nagmerrie op haar nek getrap en ʼn beentjie in haar keel gebreek. Hoewel sy vir ʼn ruk lank buite aksie gaan wees en nie kan sing of agter die mikrofoon vir Impala Radio gaan inskuif nie, lyk dit darem nie of daar permanente skade aan haar stembande gaan wees nie.

“Sy huil die heeltyd en moes vir skok behandel word. Sy het baie seergekry, hulle het haar baie verniel,” het ʼn besorgde familielid van Coetzee, wat verkies om anoniem te bly, Maandag aan Maroela Media gesê. Coetzee was te getraumatiseerd om self met die media te praat.

Volgens die familielid woon Coetzee saam met ʼn kollega en vriend, Pierre van Niekerk, in die huis in Doringkloof waar ʼn ateljee is vanwaar albei omroepers hul programme vir Impala opneem.

Coetzee is omstreeks 13:15 in die ateljee oorval nadat drie mans toegang tot die perseel gekry het deur ʼn deur oop te breek. Van Niekerk was in daardie stadium nie tuis nie.

“Hulle het Mariette met ʼn koppie of ʼn bottel oor haar kop geslaan en haar erg aangerand. Sy is geslaan, geskop, hulle het op haar getrap en haar ook op haar rug en bors gebyt.”

Die mans het haar op haar slaapkamerbed vasgemaak met ʼn gordel voordat hulle die huis geplunder het. Coetzee se rekenaar, met al haar werk op, selfoon en klere is gesteel. “Sy het letterlik niks oor nie. Ons moes vir haar gaan klere koop.” Van Niekerk se rekenaars en klanktoerusting is ook onder meer gebuit.

Van Niekerk het intussen by die huis opgedaag en die mans onderbreek. Hulle het in ʼn motor van die toneel gevlug.
Coetzee is na die Unitas-hospitaal gehaas vir behandeling en is reeds ontslaan. Sy moes onder meer steke in haar kop kry en het ook gebreekte ribbes.

André van Zyl, mede-eienaar van Impala Radio, het ʼn beroep op mense gedoen om vir Coetzee te bid. “Bid vir genesing, nie net vir die uiterlike letsels nie, maar ook die innerlike,” het hy aan Maroela Media gesê.

Hy beskryf Coetzee as ʼn klein, maar sterk vrou wat die lewe voluit leef. “Niemand verdien om so iets oor te kom nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Sterkte vir jou Mariëtte.
Ek gaan my weerhou om enigsins iets verder te sê. Ek het reeds kommentaar gelewer aangaande die Springs-voorval.

Winston ·

Ja Peet. Kan maar net saamstem en sterkte toewens vir weereens n slagoffer deur die regering goedgekeur.

Pierre Celliers ·

Dit gaan net aan en aan en aan….en….
Wat doen die regering? Hy sit en grawe in sy neus!!!!

Strussbob ·

Mariëtte. So bly jy leef. Mag jou stem vorentoe vir diegene praat wat nie n stem het nie. Mag niemand jou keer nie.

SNEL ·

Byt? Vir wat sal jy nou afbuk en iemand byt! Ai, dis vreeslik wat met die arme vrou gebeur het en helder oordag. Om te dink mens is in jou huis agter slot en grendel en hulle kom net in soos hulle wil. Dis nie n kwessie van bang iemand is tuis of iemand gaan my sien of eers die feit van dit behoort nie aan my nie. Hoe kan mens net voel jy kan vat wat nie aan jou behoort nie en dan nog die eienaar van die goed so aanrand. Dis skokkend in wat ons land verander en al die skelms word beskerm, maar eerlike ouens moet veg om te oorleef en in tronke bly, en nie eers dit is voldoende nie. Waar is die dae wat jou deure opstaan deur die dag en jou kinders in en uit hardloop en speel en op hul fietse op en af in die strate ry. Sal of gaan ons land ooit weer n veilige blyplek wees?
Baie sterkte Mariëtte!

SNEL ·

Ek het die artikel gelees, baie dankie RSA, as die “ander” maar net dit so kan insien en verstaan. Die Afrika kontinent is die beste in klimaat, landbou en mynbou van enige ander, maar as jy so kyk hoe dit bestuur word sal dit nooit gesê word nie. Dis vreeslik jammer.

JoeV ·

So ‘n vreemde gevoel die een. Dit moet ondersoek word hoeveel items is in die hele huis gebuit, is die ateljee geteiken meskien?
Wat sou jou deursnee rower nou daaruit put?

Treurgrond ·

Wat gaan aan in hierdie wereld – dis ‘n siek land – dit raak net erger en erger en erger?

Ben ·

As genoeg van ons blanke mense asook veelvuldige Swart slagoffers e-posse stuur aan die Vereenigde Volke en hulle versoek om ‘n vredesmag na Suid Afrika te stuur, dalk kan hulle eventueel regop sit en ‘n bietjie aandag gee dat daar wel nie ‘n krisis was in 1994 nie, maar wel nou is (in hoofletters)!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.