Pretrit met ambulans eindig noodlottig

’n Ambulans soortgelyk aan die een waarmee ’n voetganger doodgery is. Foto: Facebook

ʼn Werknemer van ʼn Johannesburgse motorwerkwinkel het ʼn voetganger doodgery nadat hy vir die pret ʼn ent gaan ry het met een van die stadsraad se ambulanse wat vir herstelwerk na sy werkplek gebring is.

Michael Sun, Johannesburg se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê die ongeluk het Saterdag in Hoofrifweg gebeur nadat die werknemer die voertuig sonder toestemming “vir ʼn pretrit” geneem het.

“Ons is geskok om te verneem dat ʼn voetganger dood is weens die ongemagtigde gebruik van een van die stad se nooddiensambulanse deur ʼn werknemer van ʼn motorwerkwinkel,” het Sun Maandag gesê.

“Wanneer ons diensverskaffers aanstel om ons ambulanse en patrollievoertuie te herstel en in stand te hou, vertrou ons dat hulle hulself volgens die hoogste standaarde van professionaliteit en sorgsaamheid sal gedra wanneer hulle met ons voertuie werk.

“Ons sal geen steen onaangeraak laat om agter die kap van die byl in dié tragedie te kom nie,” het Sun beloof.

Hy het die stadsraad se meegevoel met die voetganger se naasbestaandes en vriende betuig en onderneem om die oorledene se familie te besoek en die stadsraad se bystand aan te bied.

Die polisie ondersoek intussen die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Alida ·

Seker nie n lisensie nie. Waar was die voorman van die werkswinkel? Hou hy dan nie die sleutels van die voertuie nie?

mof ·

duh!!!! nee alida. die sleutels word aan n pegboard gehang bokant die eienaar en motor se besonderhede. mooi duidelik gemerk sodat daar nie “pick a key” gespeel kan word as die voertuig afgehaal word nie.

se mmar net ·

Gewoonlik moet hulle mos die voertuig vat vir n toets rit om seker te maak dat alles in order is of word dit nie meer gedoen nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.