Prieska-vliegtuigongeluk word nog ondersoek

Louis-John Botha en  Geogina Joubert. Foto: Facebook.

Louis-John Botha en Geogina Joubert. Foto: Facebook.

Die Burgerlike Lugvaartowerheid het Donderdag gesê die vliegtuigongeluk naby Prieska, waartydens Louis-John Botha en Geogina Joubert gesterf het, word nog ondersoek.

“Ons kan bevestig dat daar slegs twee persone aan boord was,” het Albert Phuti Morudi, uitvoerende bestuurder van die BLO, aan Maroela Media gesê. Die Pipper 46 (Malibu)-vliegtuig was van Kaapstad Internasionale Lughawe onderweg na Swartwater naby Lephalale.

Dit is nog nie duidelik hoe laat die ongeluk plaasgevind het nie, en die BLO is tans besig om bewysstukke te versamel om meer inligting oor die ongeluk te bekom, het Morudi bygevoeg. Die vliegtuig het op ‘n plaas in Niekerkshoop, ‘n bergagtige deel in Prieska in die Noord-Kaap, neergestort.

Lees ook:
Twee sterf in Upington-vliegongeluk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.