Priester by sendinghuis doodgeskiet

Die priester is buite die huis in Hambanathi, Tongaat, doodgeskiet. (Foto: Netcare 911)

Die polisie is op soek na ʼn aanvaller wat ʼn KwaZulu-Natalse priester by ʼn sendinghuis in Hambanathi, Tongaat, doodgeskiet het.

Die 41-jarige man is Maandag by die huis in Hambanathi een keer in die kop geskiet, het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is paramedici om 20:35 ná ʼn skietery na die huis reg langs die Anglikaanse kerk in die buurt ontbied.

Die man was in ʼn bedenklike toestand en paramedici het vergeefs probeer om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar, het Herbst gesê.

Die moordenaar is nog soek, het Mbele gesê. Die motief vir die aanval is in hierdie stadium nog onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Hier is nou ‘n nuwe tendens aan die gang. Dit lyk my daar word nie eers meer vra gevra, of jou rond stamp en slaan meer nie. Lyk my dit word nou sommer dadelik begin skiet. Seker besef daar word nou terug geskiet…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.