Priester gevonnis oor lollery met kinders

Argieffoto

Argieffoto

Georg Kerkhoff, wat van Suid-Afrika na Duitsland uitgelewer is weens seksuele misdrywe met kinders, is tot ses jaar tronkstraf gevonnis, het The New Age Maandag berig.

Kerkhoff (56) is Vrydag gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan 25 gevalle wat verband hou met die seksuele mishandeling van kinders.

Kerkhoff het glo tussen 2001 en 2006 die misdrywe in Duitsland gepleeg. Die Saturday Star het in Januarie berig dat Kerkhoff alkohol, dwelms en seksspeelgoed gebruik het terwyl hy seuns gemolesteer het.

Die Katolieke bisdom in Duitsland het Kerkhoff na Suid-Afrika gestuur toe dié bewerings aan die lig gekom het.

Kerkhoff is later daarvan beskuldig dat hy kinders mishandel het tydens ʼn kamp in 2008 in Brits, Noordwes. Kerkhoff is aangekla maar die aanklagte is later teruggetrek op voorwaarde dat Interpol hom na Duitsland uitlewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Swanna ·

Hulle stuur hom weg seker met die hoop dat hy sou dit seker ophou daarmee en wragtig kom doen hy dit hier ook. Of het hulle hom hier kom wegsteek vir die gereg in Duitsland. Wys jou hy het geen berou oor sy dade nie en dit was te maklik om van die gereg weg te kom maar sy gemors het hom ongehaal. Dit is net jammer dat daar soveel kinders eers moes betaal vir sy gemors voordat hy vas gevat is. Daar wil ek die skuld voor die Katoliek bisdom van Suid Afrika en Duitsland se deur lè.

Leeutjie ·

Hy moet maar katvoet loop hier. Ek hoop rerig hulle sluit hom toe vir sy eie veiligheid want iemand gaan Kerkhoff stuur kerkhof toe!

Dave ·

Het die Katolieke bisdom Suid Afrika as ‘n strafkamp gesien? Is hy vir sy straf na SA gestuur of het die katolieke die reg probeer ontduik? Waar is die katolieke lesers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.