Priester sterf tydens diens

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Priester van Phoenix in KwaZulu-Natal is Sondag dood terwyl hy ʼn biddiens op ʼn hoë platform by ʼn tempel begelei het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die priester tydens die diens op die platform bo die tempel se dak gestaan toe hy inmekaargesak het.

“Paramedici moes agt meter hoog teen die platform uitklim om by die man uit te kom om hom te behandel,” het Botha gesê. “Hulle het tevergeefs probeer om die priester by te bring, en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie het die priester se liggaam van die platform af verwyder. ʼn Nadoodse ondersoek gaan gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Patat ·

As hy nie homself so wou “verhewe” nie, kon die nooddienste dalk betyds by hom uitgekom het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.