Priester vas vir huisbraak

Van die gesteelde items wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: SAPD

Van die gesteelde items wat in die verdagtes se besit gevind is. Foto: SAPD

Die polisie in Edenburg in die Vrystaat het Maandag vyf verdagtes op ʼn aanklag van huisbraak vasgetrek, onder wie ʼn priester van ʼn Apostoliese gemeente in Bloemfontein.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê daar is vroeër verlede maand by ʼn huis in Edenburg ingebreek en die inbrekers het met verskeie waardevolle items, drie vuurwapens en ’n voertuig gevlug. Die voertuig is later verlate in dieselfde gebied gevind.

“[Maandag] in die vroeë oggendure het die polisie drie verdagtes in die Ha-Rasebei-nedersetting in Edenburg in hegtenis geneem. Die verdagtes het van die gesteelde eiendom in hul besit gehad,” het Hlubi gesê. Ná ondervraging deur die polisie het die verdagtes erken wie hul medepligtiges is.

Die polisie is na Bloemfontein waar hulle ʼn 40-jarige priester by die Apostoliese kerk in hegtenis geneem het. Hy het een van die gesteelde vuurwapens in sy besit gehad. ʼn Vyfde verdagte is ook in hegtenis geneem en ʼn koeëlvaste baadjie van die polisie is in sy besit gevind.

“Die verdagtes, almal tussen 24 en 42 jaar, word aangekla van huisbraak en die besit van gesteelde goedere,” het Hlubi gesê. Hulle sal Woensdag in die Edenburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Annie ·

Dit is n baie snaakse berig hierdie. Die priester bly glad nie by die kerk nie! Die priester is by die kerk in hegtenis geneem…. Hmmm…

Soo gesê ·

Annie, dit is gladnie snaaks nie, hy het net die vorige sondag se kollekte geld gaan “kollekteer”

maliem ·

wat het die kerk in elk geval met die hele ding uit te waai? Gaan dit nie oor die wapens wat in sy besit was nie? Het die ng kerk en ags kerk en apk kerk nie skurke in hul geledere nie??

Eish! ·

Rerig nie verbaas nie. Het met ‘n Priester van die Apostoliese kerk uitgegaan (Was in die bediening, toe sy vrou dood is moes hy bedank) Ek kon nie glo toe ek sien hy koop onwettige sigarette, hy suip, hy vloek soos ‘n matroos en beleig en bedrief die hele wereld. Daar het ek ‘n deel gesien waar dai mense glo ‘n priester is heilig en mag maak wat hy wil, maar preek vir sy gemeente. lol

eish! ·

‘n Baie omstrede saak. ‘n Priester is bietjie hoog. Hoe bome kry baie wind. Maar vuurwapens, by die kerk?

Soo gesê ·

maliem, dit is waar …….maar hopenlik is dit nie jou priester nie!

maliem ·

nee so gese…maar dit gaan oor swak beriggewing! prinsiep van die saak…wie of wat skep hulle nou hier ‘n swak indruk van? die persoon? of die kerk? het jy al ooit ‘n berig gelees wat se “oscar pretorius van die ng kerk het sy meisie geskiet!” plein swak beriggewing!

Soo gesê ·

…..maliem, dit gaan net meer oor “practise what you preach” ….geensins word daar gemik op enige christelike kerk of instansie nie maar die feit dat iemand in soo posisie instaat is om soo iets te doen en sondag sê hy vir jou jy mag nie ??

Annemarie Zandberg ·

Is dit die Ou Apostoliese Kerk. Ek moet darem vir julle se…..niemand is heilig nie….hoop hierdie mense kan hulleself regruk. Daarom is dit nodig as jy die Here dien….laat mense dit in jou lewenspad sal sien. Mag ons Vader weer hulle hande neem en die beter pad uitwys

Algemeen ·

Die Ou Apostolies Kerk sowel as vele ander Apostoliese sendings gebruik die amp priesters . Los die gelowe en kerke uit die saak uit. Die sogenaamde priester was een van 5 rowers, konsentreer op die rowers en nie hulle beroepe of amptes nie. Ek stem saam Malien, dit is swak beriggewing. Die kern van die saak word geskyf na priesters en nie roof toe nie. Ek vra julle in liefde om kerkegenootskappe se name uit te los uit julle kommentaar.

Peet Schabort ·

Nou hoe nou? Waar ander beroepe tersprake is soos minister, generaal, kommandant, onderwyser, ouderling ens. dan mag dit genoem word. Onthou dat die leser wil gewoonlik ook ‘n sappige storie lees. Ook die pous in die Katolieke kerk is steeds besig om vure dood te slaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.