Priester vas vir ontvoering, verkragting

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Priester is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 15-jarige meisie in Laudium, Pretoria ontvoer en verkrag het.

Sers. Ann Poortman, woordvoerder van die polisie, het gesê die 25-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo die naweek die meisie in die Itireleng informele nedersetting ontvoer en herhaaldelik verkrag het.

Die meisie se suster het haar Saterdag omstreeks 11:30 winkel toe gestuur. Die priester was ook by die winkel en het glo vir die meisie gesê om na ʼn spesifieke plakkershut te gaan. Haar familie is glo deel van sy kerk en hy is glo goed bevriend met haar pa.

Die priester het die meisie glo agtervolg, haar verkrag en in die plakkershut toegesluit. Haar pa het haar as vermis aangegee by die polisie. “Die priester het die familie gehelp met die soektog na die meisie en is later terug na die plakkershut waar hy haar glo herhaaldelik verkrag het,” het Poortman gesê.

Hy het die meisie glo later vrygelaat. Sy het vir haar familie van die beweerde ontvoering en verkragting vertel en ʼn saak is Dinsdagoggend by die polisie aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

moegoe ·

Watter kerk se priest!!!! Dit is i klap/beledeging in die gesig van hierdie beroep,In aggenome jong priesters (25) het luste,maar om i15 jarige te verkrag is onmenslik/AFGRYSLIK.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.