Priesterskind in veiligheidskompleks vermoor

Polisie op die toneel. Foto: Yusuf Abramjee,  hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line / Twitter

Polisie op die toneel. Foto: Yusuf Abramjee, hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line / Twitter

Die dogter van ʼn priester van Pretoria is Woensdag in haar huis in ʼn veiligheidskompleks in Midrand, noord van Johannesburg, beroof en vermoor.

Tahira Mitha (28) was omstreeks 11:00 saam met haar huiswerker by die huis toe drie gewapende mans hulle oorval het.

Ao. Moses Maphakela, polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê die mans het aan die deur geklop en ʼn vuurwapen op die huiswerker gerig toe sy die deur opmaak.

“Hulle het die huis binnegestorm en die vroue vasgevind, waarna hulle twee skootrekenaars, ʼn iPhone en ʼn kluis met ʼn vuurwapen in gebuit het,” het Maphakela gesê. Die mans het Mitha vermoedelik verwurg voor hulle gevlug het.

Die huishulp het glo losgekom en hulp ontbied. Volgens Maphakela is die huishulp ongedeerd, maar getraumatiseer.

Yusuf Abramjee,  hoof van die teenmisdaadveldtog Crime Line,  het gesê die voorval het in die Vista Villas-kompleks plaasgevind. Hy het gesê Mitha is Woensdagaand om 22:00 in die Laudium-begraafplaas in Pretoria te ruste gelê. Mitha se pa is ’n Moslem-priester van Laudium.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof. Die verdagtes is vermoedelik tussen 20 en 25 jaar oud. Niemand is nog in verband met haar moord in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

lillian ·

Ek ruik ‘n rot … huishulp ongeskonde maar die dogter vermoor … “inside job”, ondersoek maar die bediende, sy’s betrokke!

Jan ·

Veigheidskompleks, Priester se dogter, Moslem……………niemand is nerens meer veilg nie, miskien dalk nog in Nkandla !

Ibrahim ·

Baie verdag as jy my vra. Hoekom vermoor hulle die Eienaar en die huishulp ontsnap ongedeerd? Ek kan daai vraag self beantwoord ,maar dit sal hoofsaaklik op spekulasie gebaseer wees, so ek gaan my opinie maar vir myself hou.

Elfie ·

Jakes hul bedoel seker maar ‘n imam wat maar ‘n tipe “priester” vir Moslems is. Al wat ek kan sê is: Veiligheidskomplekse is… NIE veilig nie. Enigeen wat dit glo moet mooi dink. Al is daar kammig sekuriteit lees mens gedurig van aanvalle/inbrake en moorde in sulke plekke. Mense moet maar liefs paraat wees; ons bly in SA na alles!

Trippie ·

Kom by julle! Dis ‘n rassekwessie! Hoekom sal hulle die huishulp leed aandoen?

Daffy ·

Sien ‘n “domestic worker” is in hegtenis geneem ivm ‘n moord in Midrand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.