Prinses Charlene eindelik terug na Monaco

Prinses Charlene van Monaco kort voor haar terugkeer na die prinsdom. (Verskaf)

Prinses Charlene van Monaco het ná maande in Suid-Afrika weer na die prinsdom teruggekeer.

Daar was die afgelope ruk heelwat bespiegeling oor of die voormalige Olimpiese swemmer wat in 2011 met prins Albert II getrou het, se paaie met die prins moontlik gaan skei.

Charlene het in Mei ʼn oor-neus-en-keel-infeksie opgedoen en het sedertdien verskeie operasies in Suid-Afrika ondergaan.

Luidens ʼn verklaring van die prinses se stigting het sy Sondagaand na Monaco teruggekeer. “Sy het goed herstel, is gesond en sien daarna uit om weer met haar gesin herenig te word.”

Die 43-jarige Charlene, wat in Zimbabwe gebore is, het die grootste deel van vanjaar in Suid-Afrika gebly. Prins Albert en die egpaar se kinders het ná ʼn vorige operasie in Augustus by haar aangesluit, maar het daarna weer sonder haar teruggekeer na Monaco.

Sy is vroeg in September van die lodge waar sy tuisgegaan het na ʼn hospitaal geneem toe sy ineengestort het, glo weens komplikasies van die infeksie. Die prinses is onder ʼn skuilnaam by ʼn hospitaal in Durban behandel.

Volgens die stigting kon prinses Charlene weens die mediese behandeling nie vlieg nie, maar het sy haar bykomende tyd in Suid-Afrika ten volle benut.

Zoeloekoning Misuzulu kaZwelithini oorhandig ‘n geskenk aan prinses Charlene kort voor haar vertrek terug na Monaco. (Foto: Verskaf)

Sy is nou betrokke by verskeie welsynsorganisasies, onder meer in die stryd teen wildstropery, waterveiligheidsprogramme en het ook met die gholfspeler Louis Oosthuizen se stigting saamgewerk om geld in te samel vir voedingsprogramme in die Mosselbaai-gebied.

“Suid-Afrika was en sal altyd in my hart wees. Elke keer wat ek hierdie pragtige land besoek, word ek gevul met geweldige vreugde en trots. Ek wil almal bedank wat so gasvry en ondersteunend gedurende my tyd hier was,” het Charlene kort voor haar vertrek gesê.

“Ek sien daarna uit om met my sesjarige tweeling, Jacques en Gabriella, en man, prins Albert, herenig te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

annie ·

Sy het niemand hier gepla of grootdoenerig en veeleisend probeer wees nie. Charlene is ok. In Europa en veral in die prinsdom is groot druk soos ons tov die Britse koningshuis sien. Haar skoonfamilie is glo redelik veeleisend en vol nukke. Vir ons uit Afrika is Europa eintlik maar ‘n koue en ontoegeeflike spul.

JohanR ·

Dankie tog ek is net ‘n gewoone, onbekende ou. Wie wil nou ‘n adelike wees? Kan nie eers toilet toe gaan allen nie. Die lyfwagte staan buite die deur, en hoor hoe jy wind af blaas!

Sarel ·

Sterkte vir die pragtige mens…die Media en die publiek.
Sou natuurlike ‘n.lekker sappige skinderstorie geniet het.
Dasrom wat hier nie verl kommentasr is nie

madels ·

So bly dit gaan soveel beter met Prinses Charlene. Ek hoop regtig dat dit baie beter met haar sal gaan terug in Monaco.

Karinb ·

Dankie MM dat julle ons op hoogte hou dat prinses Charlene terug is na haar man en kinders. Sy is ‘n lieflike vrou en ek is ‘n groot aanhanger van haar. Sien uit na nog sulke mooi nuusberigte oor haar hier op MM.

Sarel ·

Bly die pragtige mens het sodanig herstel dat sy kon terugkeer na haar gesin.. Voorspoed en volkome herstel
Word u toegewens

john ·

HULLE KON HULLE ROYAL YACHT GESTUUR HET AS HULLE GRETIG WAS OM HAAR TE KRY!

Anna ·

Foeitog, seker ook nou genoeg gehad van loadshedding.
Wens ek kon saam met haar vertrek.

Erika ·

Sy lyk glad nie gelukkig getroud nie, en is hopeloos te maer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.