Prinses Charlene ‘nog weke’ van herstel te wagte

Prinses Charlene van Monaco kort voor haar terugkeer na die prinsdom. (Verskaf)

Daar wag nog etlike weke van herstel op prinses Charlene van Monaco, vrou van prins Albert II.

Charlene ontvang steeds gespesialiseerde mediese behandeling vir uitermatige uitputting en het intussen ook tandheelkundige sorg benodig.

Die paleis het Donderdag in ʼn verklaring gesê die prinses se herstel “vorder tans bevredigend en baie bemoedigend … Haar herstel en opvolg- tandheelkundige sorg sal na verwagting nog ʼn paar weke neem.”

Charlene ontvang sedert November behandeling by ʼn private ligging buite die prinsdom nadat sy vanuit Suid-Afrika na Monaco teruggekeer het.

Albert het self in November aan People gesê sy 43-jarige vrou ontvang behandeling buite Monaco, maar het nie uitgebrei oor die aard van haar gesondheidsprobleme nie.

“Sy is duidelik uitgeput – fisiek en emosioneel. Sy is oorweldig en kan nie haar amptelike pligte, die lewe in die algemeen of selfs die gesinslewe die hoof bied nie,” het hy aan die tydskrif gesê.

Maroela Media het vroeër berig Charlene is in September na ʼn hospitaal in Durban gehaas nadat sy ʼn ineenstorting gehad het. Sy het ook ʼn operasie ondergaan, maar min besonderhede daaroor is bekend gemaak. Nadat sy ʼn tyd lank behandeling in Suid-Afrika ontvang het, is sy in November terug na Monaco.

Charlene se laaste openbare verskyning saam met Albert was sowat ʼn jaar gelede in Monaco. Die gesin het egter ʼn paar maande gelede foto’s op sosiale media gedeel toe Albert en die kinders na Suid-Afrika gereis het om by Charlene te kuier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Eugene ·

Mens wonder altyd oor hierdie geheimsinnigheid. Wat steek hulle weg?

daarsdit ·

Volgens die Daily Mail gaan dit goed met haar rehablitasie

Vonkprop ·

Die feit dat hulle haar tande noem is ongewoon inteendeel dit is die eerste keer dat so iets opkom as daar berig word oor iemand se gesondheid, so ek sal my eie afleidings maak oor wat swak tande veroorsaak. Weet darem ook wat in die wêreld gebeur.

Vexed ·

Wanneer dit kom by ander mense se lewe is “ei afleidings” altyd ‘n slegte idee…

Shakespeare ·

Sterkte Charlene. Al ken ek jou nie kan ek met jou pyn vereenselwig.

Sarel ·

Probleem is die Media wat tog so dasrvsn hou om.mense nie met rus te laat nie.

Vexed ·

Sy is ‘n openbare figuur, mense stel belang, dus die Media moet berig. Mense moet ophou om hulle swak gedrag voor die deur van die Media te plaas. Die probleem is mens wat aannames maak en daarmee hardloop.

Johanna ·

Charlene, hou jou oë op dIe LIG van Jesus se KRUIS.
SY lig sal jou donkerte uitwis. Die Here alleen kan herstel en herbou.. Laat jou geloof brand soos n vlam in die nag? Want daar is n MORE wat wag. Wees DIE LIG van jou huis en familie in Monaco.. staan op en kyk nooit weer terug nie..
Suud Afrika bid vir jou.
Ons dien n God van Wonders

VaalDonkie ·

Laat my dink aan die fliek Knysna waar die prinses kom wegkruip het en toe op Gideon van Binnelanders verlief geraak het.

Kobus ·

Hoekom? Net omdat die twee situasies die woord “prinses” in gemeen het? Wat probeer jy sê? Sulke opmerkings is onverantwoordelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.