Prinses Charlene ‘stabiel’ ná ineenstorting

Prinses Charlene en haar man, prins Albert II van Monaco, saam met hulle kinders, Gabriella en Jacques. (Foto: Instagram/HSH Princess Charlene)

Prinses Charlene van Monaco is in ʼn stabiele toestand nadat sy Woensdagaand inmekaargesak het weens komplikasies van ʼn erge oor-neus-en-keelinfeksie.

Sy is Woensdag laat hospitaal toe gejaag, maar is sedertdien ontslaan.

“Haar hoogheid prinses Charlene van Monaco se mediese span hou haar steeds fyn dop, maar het bevestig dat haar toestand stabiel is,” lui ʼn verklaring deur die Prinses Charlene van Monaco-stigting.

Chantell Wittstock, direkteur van die stigting, het aan AFP gesê die prinses is Vrydagoggend uit die hospitaal ontslaan. “Dokters probeer nog vasstel wat presies gebeur het.”

Die 43-jarige Suid-Afrikaans gebore prinses sukkel reeds sedert Mei met haar gesondheid terwyl sy in Suid-Afrika vertoef. Sy het in Augustus ʼn operasie ondergaan, maar min is bekend oor waarvoor dié operasie was. Volgens Wittstock verduur sy die afgelope tyd baie pyn.

Charlene Wittstock, ʼn voormalige Olimpiese swemmer, is in 2011 met Albert getroud. Hul seun, Jacques, is die aanspraakmaker op die troon van die 700 jaar oue huis van Grimaldi.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Piet Snot ·

Ja nee, ons Boere is maar erg egalitêr.
Almal is gelyk in waarde voor die reg, en voor God.
Lank leef die Republiek!

Blabsie ·

Wat gaan met die dogtertjie se hare aan. Lyk baie snaaks.

melaney ·

Blykbaar het die dogtertjie (soos baie ander) besluit om haar eie hare te knip terwyl haar ma nie tuis was nie.

Karlien ·

Ek het iewers gelees dat die dogtertjie haar eie hare met ‘n skêr bygekom het – en toe het Charlene probeer red wat daar te redde is…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.