Prinses Charlene sterk aan ná operasie in SA

Prinses Charlene van Monaco (September 2020) (Foto: Eric Gaillard/Pool/AFP)

Prinses Charlene van Monaco moes ʼn operasie ondergaan om ʼn oor-neus-en-keel infeksie te behandel wat sy in Mei opgedoen het. ʼn Bron in die paleis het Saterdag aan AFP gesê die operasie het “baie goed afgeloop”.

Sy is Vrydag in Suid-Afrika onder algemene verdowing geopereer. “Dit is die laaste behandeling wat sy moet ondergaan ná die infeksie. Sy sal 48 uur onder waarneming bly,” het die bron bygevoeg.

Charlene (43), wat in Zimbabwe gebore is, het die grootste deel van vanjaar in Suid-Afrika gebly. Prins Albert en die egpaar se kinders het ná ʼn vorige operasie in Augustus by haar aangesluit.

Sy is vroeg in September van die lodge, waar sy tuisgaan, na ʼn hospitaal geneem toe sy ineengestort het weens komplikasies van die infeksie. Sy is onder ʼn skuilnaam by ʼn hospitaal in Durban behandel.

Die voormalige Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer het in 2011 met prins Albert II getrou, maar haar verlengde verblyf in Suid-Afrika vanjaar het gerugte die ronde laat doen dat die twee se paaie moontlik gaan skei.

Albert (63) is die seun van prins Rainer III en Grace Kelly, ʼn Amerikaanse filmster wat in 1982 in ʼn motorongeluk oorlede is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Is bly dat die operasie’n sukses was.

Ag, en as die ou mensdom tog nie so maklik wil skinder nie!

Miskruier

Dalk n paar plooie minder.

Kobus

Nou wasrom die geheimhouding almal weet sy is hier nou hoekom n vals naam by die hospitaal

Juffrou

Ek wens sy wil nou huistoe gaan. Haar kinders het haar nodig én haar man.