Prioritisering van plaasmoorde: AfriForum gaan polisiehoof ontmoet

Argieffoto

Argieffoto

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, gaan volgende maand met die waarnemende nasionale polisiekommissaris vergader, om die wyse waarop plaasmoorde geprioritiseer kan word, te bespreek.

Dít volg op die polisiekommissaris, lt.genl. Khomotso Phahlane, se opmerking in die media vroeër vanjaar dat plaasmoorde groter prioriteit moet geniet. “Dié uitspraak was egter nie ʼn besluit wat deur die polisie geneem is nie, maar moet eerder gesien word as erkenning dat daar wel ʼn probleem bestaan,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

“AfriForum beplan om nie net sekere voorstelle aan lt.genl. Phahlane te maak nie, maar om ook ʼn petisie te oorhandig waarop meer as 100 000 beswaarde lede van die publiek eis dat plaasmoorde geprioritiseer word,” het Roets gesê.

“Dit is nóú die beste geleentheid om ʼn werklike impak te maak en dit is belangrik dat soveel lede van die publiek as moontlik, wat AfriForum se besware oor plaasmoorde deel, dié petisie onderteken. Dit is nie bloot ʼn petisie wat in ʼn asblik sal beland nie, maar ʼn petisie wat op die lessenaar van die nasionale polisiekommissaris geplaas sal word.”

Vir meer inligting oor die petisie besoek www.stopdiemoorde.co.za. Die vergadering vind op 4 Mei plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vierkleur ·

Ek verstaan nie, so maand of wat gelede was daar n berig dat plaasmoorde nou n prioriteits misdaad is, en nou?

Wel soos dinge die afgelope paar maande gegaan het is net nog n bewys dat dit toe nie so is nie

Johannes Meintjes ·

Dis maar alles propaganda tegnieke om ‘n multi-kultrele Nuwe SA in toom te probeer hou sonder dat daar ooit werklik uitvoering gegee word aan die oplossings van griewe en probleme. So word die pad gelyk gemaak na Nuwe (onvolhoubare) Ordes waaraan baie van ons “leiers” reeds sedert 1910 uitverkoop is. Die burgery se koppe is lankal so gesmokkel of ontkennend in die sand dat niemand meer ‘n volle perspektief oor het nie. Die tragedie is dat daar nie werklik meer enige strukture, – ook onder die “Volk”, – oor is wat daadwerklik ‘n saak van erns kan beredder nie. So het die vyande van geregtigheid doelgerig oor baie jare, – ook d.m.v. die kerk, – sistematies daarin geslaag om SA te “ontman”, en te posisioneer vir subtiele oornames waarbinne die mens self god is. Al wat die burgery maar kan doen is om van dag tot dag te kreun en te steun op bv. Maroela Media.

Swanna ·

Johannes ek stem absoluut met jou saam en jy het die korrekte stelling gemaak.

Zumie ·

Dit wat prioriteite genoem word en dit wat werklik soos prioriteite hanteer word is nie altyd dieselfde nie – moenie vir die mond kyk nie , kyk vir die hande…

Wanneer word plaasmoorde soos prioriteite behandel deur BEHOORLIKE ondersoekbeamptes, voldoende middele, behoorlike aanklaers en effektiewe vervolging. As hierdie aanwesig is kan dit genoem word wat dit wil. Ongelukkig is die kwaliteit SAPD beskikbaar uiters verdag, die wil om te ondersoek afwesig en so vir die res van die boustene wat ‘n effektiewe vervolging teweegbring. Vra maar vir die wat weet..

Basson ·

SAPS top struktuur is aangestel om die NDR se doelwitte te behaal – hoe sal hulle dan uitvoering kan gee aan iets wat in konflik is met hierdie doelwitte?

Stephan ·

Ag mense hou op moan en teken die petisie…dit kan dalk net help….mens weet nooit….om te moan gaan net mooi niks help nie

Knikkebollen ·

Wat is die nut daarvan om plaas MOORDE te prioritiseer? Die aksies wat sal lei tot VOORKOMING van plaasmoorde, moet absolute prioriteit word.

Arnold ·

Ek bemark n stelsel wat die boer vooraf waarsku met 24 uur moniteering en glo my die boere stel nie belang geld is altyd die probleem terwyl dit terug eis baar is op belasting. Wel kies tussen geld en jou lewe of die van geliefdes dit maak nie sin.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.