Privaat kragopwekking: Waghond wil verpligte registrasie keer

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake sal die voorgestelde wysiging van die Wet op Elektrisiteitsregulering, wat beoog om huishoudings wat hul eie krag opwek én kleinskaal-elektrisiteitsprodusente te dwing om by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) te registreer, teëstaan.

Armand Greyling, ʼn regs-en-beleidsanalis vir die organisasie, sê dit blyk dat dié skuif gemaak is omdat die departement van energie en Nersa bekommerd is oor die toename in privaat kragopwekking, wat uiteindelik die inkomste van Eskom en munisipaliteite sal beïnvloed.

“Ons beraadslaag tans met ons regspan om die voorgestelde wysiging teë te staan,” sê Greyling. “Mense wat weens Eskom se swak etiek, korrupsie en swak dienslewering hul eie krag opwek, kan op geen manier gepenaliseer word nie. In die topfase van beurtkrag het Eskom mense aangemoedig om minder elektrisiteit te gebruik. En nou, omdat ons juis dít gedoen het, is daar ontevredenheid oor ’n afname in inkomste.”

Greyling sê die regering moet “alternatiewe maniere” kry om sy geldtekort aan te vul.

“Die regering kan dit byvoorbeeld bewerkstellig deur maatskappye in staatsbesit beter te bestuur en nuttelose en verkwistende uitgawes te vermy, eerder as om te teer op die paar getroue belastingbetalers wat die ekonomie in hierdie moeilike ekonomiese tye aan die gang hou.

“In ’n ongeslote, vryemarksamelewing voel ons dat die departement en Nersa duidelik hul mandaat oortree deur tekorte aan te vul met die slim manipulasie van wetgewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Eben ·

Die regering gevruik nou drakoniese gedrag om mense te dwing om die Guptas te ondersteun.

DC ·

Die saak moet op ditto basis as tolpaaie hanteer word. Niemand registreer en niemand betaal. Ons moet ophou om onproduktiewe en korrupte instansies te finansier. Die implikasies van die tipe beheer word duidelik nie verstaan nie. Vertrou almal sal bydra tot regsfonds om dit te opponeer en om latere ‘oortreders’ te help. Ons moet radikale teenstand begin bied vir die tipe diefstal. Hoekom word die R30 miljoen ‘pensioen’ betaling nie verhaal en diegene daarby betrokke vervolg nie. Begin terugvat die geld wat daagliks op allerlei wyses v jou gesteel word.

Manuela ·

ek ondersteun jou kommentaar ten volle. Genoeg is genoeg. Die munisipaliteite kontrakteer die werk wat hulle moet doen aan privaatinstansies uit, asook aan die poskantoor. Ons moet al hoe meer wegsteekbelasting betaal. Noudat die staatshospitale tot niet “bestuur” is, word die NGV, wat gaan lei tot uittog van goed opgeleide dokters, in ons kele afgedwing. Genoeg is genoeg!

Cherokee ·

Hoe kan julle met hom saamstem as hy dink die R30m pensioen is betaal? Dan dink julle ook so.

Boet Fasie ·

Ek stem saam met AgriSake oor die privaat opwekking van krag. Al hoe meer gereelde betalers word deesdae gestraf oor die onvermoe van plaaslike owerhede om hulle rekenings by Eskom te vereffen. Brits in Noordwes is die jongste plaaslike owerheid wat op beurtkrag geplaas gaan word, terwyl baie eienaars gebruik maak van koopkrag waarvoor hulle reeds betaal het. Hoe meer mense onafhanklik raak van die aankoop van water en krag van die plaaslik owerheid hoe beter. Hoekom moet net sekere mense in ‘n dorp, die gemeenskap en die plaaslike owerheid subsideer vir gratis dienste, bou van behuising en geriewe. Die huise en geriewe word in elk geval nie waardeer nie en netvafgebrand en vernietig tydens elke betoging

Fourie ·

Hierdie ding moet gestop word voordat dit begin! Ons land is Demokraties en nognie Kommunisties nie, al dui hierdie waansin daarop! Ons GAAN NIE soos pionne in hierdie poppespel speel nie. Nersa liewer dankbaar wees.

Verbruiker ·

Moenie verbaas wees as hulle heffings op watertenks ook instel nie. Hulle raak desperaat omdat sekere krane stadig maar seker toegedraai word

Riena ·

Hoera vir sonkrag! Danksy ESKOM se prysverhogings en wispelturigheid het ons sonkrag aangeskaf. Die stelsel betaal homself af in vyf tot sewe jaar en van daar af is ons vry!!

HPV ·

Jy is reg Riena, vir ‘n R200k groet mens Eskom permanent en sonkrag word al goedkoper. Ons hoef nie meer hul vet salarisse te help betaal nie. Hulle gaan die krag wat hulle opwek moet eet want ons gaan dit nie meer vir lank nodig hê nie.

Israel ·

HPV , n mens kan dit al goedkoper doen as 200K , ons werk nou die dag uit as n mens n lening gaan neem by die bank en so sisteem insit dan is die terugbetalings gewoonlik minder as die munisipale rekening op krag , so baie mense doen dit nou so

HPV ·

Israel, dit is waar, selfs minder as ‘n klein motor se prys. Dit vermeerder ook die waarde van jou eiendom en jy hoef nie meer die buurstate se krag te subsideer nie. Dit is ‘n absolute wen wen situasie!

Vermeende ·

As die aanhlings in die storie reg geskryf en oorgedra word dan is ons veilig, energie is krag en kan nie vervaardig word nie, jy kan energie bloot net omskakel van soort na n ander maat vervaardig en byvoeg is onmoomtlik.

Ek sal eerder aandring dat son geysers ook n verpligting word om te registreer siende dat die swart bevolking in SA die grootste verbruiker van son energie is.
Ry gerus verby n RDP buurt en sien self hoe blink die son geysers op die dakke.
Wat goed is vir een is mos goed vir almal.

Johannes Meintjes ·

Wonderlik hier in die gekkeparadys van die Piesangrepubliek van Guptaland … waar die brugers bloot kerm en dan al laer neerbuig onder toenmende jukke … verbeel jou, betaal vir jou kragopwekker en sonpanele (as jy gaan kamp of sendingwerk doen ook?). Kom ons kry selfbestuur en die Afrikaner Volkstaat in orde en mag daar in geregtigeheid regeer word deur verantwoordelike, betroubare en etiese Afrikaner leiers!

Helaas ·

Johannes, alhoewel baie mense jou sentiment deel…ons kort ‘n daadwerklike leier. Ons kort ‘n volk wat kan saamstaan. Ons KORT dit. Maar alhoewel Eendrag Maak Mag in ons koppe vasgelê is, KORT ons dit nogsteeds. Leiers van die VF-plus baklei met almal wat uit desperaatheid na ander partye loer vir uitkoms. Sê op ‘n nie-te-vriendelike noot dat HULLE al LANK werk aan die plan? Ek sien niks. Ek hoor niks. Maar my stem is altyd goed genoeg? Dis ‘n vrotspul, en ons bietjie meer as 4 miljoen ‘agtergeblewe Afrikaanses’ kan nie eers saamstaan nie. Dis futiel (verskoon die anglisisme).

SeNet ·

Die howe word belas met n korupte en onbevoegde regering. Laasgenoemde behoort die land en sy mense te dien.

Nou word privaat instansies se tyd gemors om hierdie tipe dom besluite te beveg. Onproduktief!!!

Braaivleis ·

So my braaivleisvuurtjie daar buite sonder eishkom se ondersteuning sal ook nou belas word!?
Wanneer ek met my flitslig in ‘n donker munisipale straat loop waarvan die straatligte lankal nie meer is dan sal ek ook daarvoor moet registreer!? Wanneer eishkom se krag af is moet ek in die donker sit!? Stappers mag ook nie meer die volmaan gebruik om in die nag te stap!? Ek verstaan dat daar oorweeg word om die toegang tot die internet ook te belas soos ‘n ‘tiewie-liksens’!? Wat het aanleiding gegee tot die ontstaan van sekuriteitsmaatskappye? Die antwoord is heel eenvoudig dat ‘n gebreklike vorm van regering nie in staat is om sy burgers te beskerm. So kan ek aangaan.
Iemand sal sy kop moet laat lees!!

Casper ·

Ek wil myself verstout om n paar web bladsy te maak waar jy jou braaivlies vuur, flits, lampies, vuurhoutjies en kerse registreer. Dan stuur dit outomaties epos aan adresse by Nersa en Eskom en dept energie.

Eish ·

Uitstekende inisiatief en wettiger en meer in ons waardesisteem as n boikot.

Sus ·

Eskom kan vir ‘n begin, stop met die astronomiese salarisse en bonusse vir swak werk – dan sal hulle al miljoene kan spaar.

Christo Meintjes ·

Mag hierdie keer aksie slaag want watse nonsens is dit dat jy jou eie krag wat jy opwek moet registreer. Sekerlik gaan elke persoon ook sy eie kragopwekking ook iets aan die regering betaal wat heeltemal verkeerd is.

Carel ·

Daar is ander ekonomiese impakte . Baie sentrums begin nou son panele insit om te oorleef. Dit lyk my die aksies van privaat mense en besighede begin byt. Dit is baie stil in die ‘retail’ bedryf. Kyk mooi en jy sal sien dis laasjaar se ou ‘stock’ soos rekenaars wat nog op die rake is. Die ou generasie rekenaars probeer hulle verkoop teen duur pryse.

So bring hulle (Nersa en kie) die in gaan baie winkel sentrums leeg staan en meer besighede .Ek sal graag weet aan wie en hoe lisensie toe gestaan gaan word. My navorsing het ook getoon dat mens vir baie minder son energie kan insit as wat party vra daar voor. Al begin jy met kleinerige uitbreibare stelsel en brei dit uit met tyd. Laat my weet en ek kan tegniese informasie op ‘n paar web werwe plaas. Ek moeg vir tipe nonsense.

Wetlik gaan Nersa en kie moet mooidink as hulle die wetgewing gaan doeb en lisensies wil goedkeur. Baie mense kan nie sonder rekenaars klaar kom nie, wat beteken daar moet ‘n bystand krag stelsel wees as eskom af is of die krag daar is of nie. . So as ek my werk of geld verkoor of lewens verlies het kan ek teen Eskom , stadsraad en Nersa en die mense wat hierdie Uig dink het eis!
Die groter probleem wat op pad is water

Carel ·

Baie sentrums begin nou son panele insit om te oorleef. Dit is baie stil in die ‘retail’ bedryf. Kyk mooi en jy sal sien dis laasjaar en in sommige gevalle ou stock soos rekenaars. Die ou generasie rekenaars probeer hulle verkoop teen duur pryse. So bring hulle die in gaan baie winkel sentrums leeg staan.

B-man ·

LOL. Dink net…op hierdie wyse kan mense wat te veel krag opwek en “geregistreer” is by Nersa dan bydra tot die nasionale kragstelsel. Hulle moet net meters opsit en dan later vergoeding van Eskom vereis vir al die ekstra opwekking. So sal Eskom/Nersa ‘n groot “skok” kry.

Stofskoen ·

In Europa en ander eerste wêreld nasies maak die gebruik van mikro energie netwerke groot opslae. Verbruikers van hierdie tegnologie verhandel energie aan mekaar. Iemand in ‘n woonstel koop dalk krag van ‘n huis met sonpanele, wat oortollige krag genereer.

Die huidige regering het agter gekom hulle gaan hulle monopolie verloor.

Ronald ·

Wonder net of dit die RDP verbruikers ook gaan insluit wat gratis solar geysers gekry het as deel van die regering se voorgestelde groen projek. ?????

Chris Ws ·

Hulle kan vir hulle vinger kies uit vyf of sommer al vyf vat ook!Ek SAL nie registreer NIE.Dis ‘n klomp bollie die’.Eskom het vir homself ‘n ordentlike lat gepluk met sy beurtkrag episode,nou wil hulle hulle wan bestuur verliese verhaal van mense wat hul eie krag opwek?Sorryyyyyyyyy!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.