Die beoogde wysigings aan die Wet op die Regulering van die Privaat sekuriteitsbedryf hou “verreikende gevolge” vir die sekuriteitsbedryf in.
Só sê die burgerregteorganisasie AfriForum wat op 28 Junie 2019 kommentaar ingedien het teen die konsepwysigings wat op 31 Mei 2019 in die Staatskoerant gepubliseer is.
“Die beoogde wysigings hou verreikende gevolge vir die sekuriteitsbedryf in en beperk onder meer die klas vuurwapens wat aan sekuriteitswagte in die uitvoer van hul dienste uitgereik mag word,” verduidelik Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid. “Semi-outomatiese vuurwapens mag ingevolge die konsepwysigings slegs in die geval van transitodienste uitgereik word. AfriForum stem met die meerderheid sekuriteitsmaatskappye saam dat dié bedryf in so ’n geval nie sekuriteitsdienste na behore kan lewer as misdadigers met outomatiese en semi-outomatiese aanvalsgewere gewapen is nie.”
Sekuriteitsmaatskappye het op 18 Junie 2019 ’n vergadering by die Burgerspark-hotel in Pretoria bygewoon om hul insette aan die reguleringsgesag vir die privaat sekuriteitsbedryf (PSiRA) oor die voorgestelde wysigingsontwerp te gee. Verteenwoordigers wat die vergadering bygewoon het, onder andere dié van AfriForum, het hulle misnoeë te kenne gegee. Hulle het veral daarop klem gelê dat sekuriteitsmaatskappye nie na behore geraadpleeg is of die geleentheid gebied is om insette te gee voordat die konsepwysigings opgestel en gepubliseer is nie.
“Weens die SAPD en SANW se nalatigheid beland talle outomatiese en semi-outomatiese vuurwapens in die hande van boosdoeners. Dit is verregaande en absurd om sekuriteitsmaatskappye nou van hul bevoegdhede te ontneem en tot die gebruik van semi-outomatiese vuurwapens tydens die uitvoer van sekere dienste te beperk,” het Kamfer bygevoeg.
“Hoe op aarde is sekuriteitswagte, wat meestal vóór die SAPD by misdaadtonele opdaag, veronderstel om kliënte en die publiek te beskerm teen aanvallers wat baie swaarder gewapen is?” wou hy weet.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
36 Kommentare
Hulle wil alles beheer behalwe hulle eie onbevoegdheid
Die ANC is getrou aan sy tradisie om “stupid” besluite te neem…,
Ek sal nogal nie omgee as Cyril heel voor in die ry kan staan om aan ons te verduidelik hoe hy dit verstaan nie. Wawawag so biedjie, hy is nie beskikbaar nie, besig om superstad te bou. En ons moet hom tog nie met onbenullighede opsaal wat die kaderminister van polisie kan hanteer nie.
My adt of chubb kan my nie beskerm met n clapgeweetjie nie …neewat dan kan hulle maar los !
ontwapen die wetgehoorsames en bewapen die skelms – GREAT Land die nie
Logika op sy beste