Privaat skool moet sluit oor lyfstraf

Argieffoto van leerlinge by Cefups Academy Foto: wikivillage.co.za

Argieffoto van leerlinge by Cefups Academy Foto: wikivillage.co.za

ʼn Privaat skool in Mpumalanga is aangesê om sy deure te sluit, aangesien lyfstraf by dié skool toegepas word, het die City Press Sondag berig.

Die provinsiale departement van onderwys het gesê hy gaan die Cefups Academy naby Nelspruit se registrasie terugtrek, aangesien ʼn ondersoek bevind het dat personeel by die skool die leerlinge pakslae gee.

Die departement het Donderdag aan die skool gesê hy moet sy deure vanaf 1 Januarie 2015 sluit. Leerlinge betaal R60 000 skoolgeld per jaar by die skool.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê die hoof, Simon Mkhatshwa, beplan om appèl aan te teken teen die besluit.

ʼn Leerling, Paballo Seane (19) is in Augustus in die hospitaal oorlede nadat sy glo by die skool met ʼn sambok geslaan is. Niemand is nog aangekla in verband met haar afsterwe nie, maar volgens die koerant is die polisie besig met ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die skool voer aan Seane is dood nadat sy Savlon gedrink het.

Een van haar vriendinne het egter aan die koerant gesê sy is twee dae na mekaar met ʼn sambok geslaan omdat sy nie goed gevaar het in haar toetse nie. “Al die matrikulante, buiten een seun wat geslaag het, het vyf houe gekry omdat hulle nie goed gedoen het in die Wiskunde-toets nie,” het die leerling gesê. “Hulle het die tweede dag hul punte vir die Engelse toets ontvang en Paballo het minder as 65% behaal. Sy het meer as 40 houe gekry.”

ʼn Verpleegster by Nelspruit se MediClinic het aan die koerant bevestig Seane is geslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

was daar ·

Daar is sulke skole in Pretoria ook. Kon nie glo daar word so lelik met kinders gewerk soos by die betrokke skool nie. Die hoof slaan die duiwel uit die kinders uit. Sulke optrede deur die direksie van die kollege wakker rassehaat aan, maar die mense is heeltemal te stupid om dit te besef. Mens behandel in die onderwys ander mense se kinders – al is dit van ander geloof, kleur en taal – net soos wat jy wil hê ander moet jou kind behandel.

Vanessa Tancrel ·

Dit is onaanvaarbaar en die skool vra in elk geval te veel as is dit ‘n privaat skool. Hulle moes uintelik dadelik toe gemaak word!

2Roedolf1 ·

Enige iets meer as die goeie ou ses is aanranding .maar met n sambok kan enige onderwyser maar weet die land is te klein om te vlug as dit my kind was

Marco Pretorius ·

Lyfstraf, soos ‘n hou op die boud of in die geval van meisies is vir my aanvaarbaar, maar hierdie klink eerder na aanranding in ‘n erge graad.

Stem 2Roedolf1, niks het so goed gewerk as 6 van die bestes nie.

Shannon ·

Jy leef in jou verlede. Jou kind se boudjies behoort nie aan die Dept. van Onderwys nie ou perd. Dis onwettig vir skole om met enige ander aspek doenig te wees anders as akademie.

Godsdiens en swepe is in die realm van die Talliban.

tokkos ·

daars niks fout met n rottang nie maar met n sweep dis mos nie diere nie dis aanranding ons het baie slae gekry en jy kon kies tussen die rottangs gewone super of super duper van dun na duk en baie ses van die bestes gekry nee ek stem saam die is wreed met n sweep!! hulle moet nie skool sluit nie raak ontslae van die onderwyser

Leeutjie ·

Ek stem saam met jou Tokkos. Dis logiese denke om van die onderwyser ontslae te raak en van moord aan te kla!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.