Privaatsektor mág entstowwe aankoop, erken regering

Van links Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit, Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, tydens Dinsdag se mediakonferensie. (Foto: Reint Dykema)

Die regering het onder eed in hofstukke erken dat daar geen statutêre beperking op die aankoop van Covid-19-entstowwe deur die privaatsektor is nie. Die privaatsektor mag dus self entstowwe teen Covid-19 aankoop en versprei.

AfriForum en Solidariteit het dié aankondiging Dinsdag gemaak.

Maroela Media het vroeër berig AfriForum en Solidariteit het die hof genader om die regering se verspreidingsplan vir entstowwe ongrondwetlik te laat verklaar en uitsluitsel te gee dat enige instelling buite die raamwerk van die regering die reg het om entstowwe te verkry en toe te dien.

Daar is egter deur middel van die regering se erkenning nou regsekerheid dat die privaatsektor entstowwe teen Covid-19 mág aankoop en versprei.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê dit is duidelik dat die regering van plan was om die entstofproses te nasionaliseer. Daar was egter geen wetlike raamwerk waaruit die regering dit kon doen nie. “Die regering het toe hul politieke mag gebruik om totale verwarring in Suid-Afrika te skep en dit aangebied asof hulle dit kan doen.”

Dit het egter tydens die hofproses baie duidelik geword dat die regering nie die statutêre mandaat het om dit te kan doen nie. Hermann bestempel dit as ’n groot terugslag vir plunderaars.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê die regering het ongelukkig ’n baanrekord vir korrupsie, wanadministrasie en onvermoë. Die burgerregteorganisasie was dus om dié rede gekant daarteen dat die regering die alleenkoper van entstowwe wees.

Kallie Kriel tydens Dinsdag se mediakonferensie. (Foto: Reint Dykema)

Kriel wys daarop dat die sentralisering van entstowwe boonop Suid-Afrika se toegang tot entstowwe sou beperk.

Kriel meen die regering wil die Covid-19-pandemie as proeflopie vir die Nasionale Gesondheidsversekering gebruik en gesondheidsorg sentraliseer. “Ons het ’n nasionale krisis. Wanneer mense siek word en sterf, is daar nie tyd vir politieke eksperimente nie.”

Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum, sê die feit dat die regering nou eers erken dat die privaatsektor kan deelneem aan die verkryging van entstowwe, het tot grootskaalse verwarring en ’n skokkende gebrek aan deursigtigheid in ’n dringende saak gelei.

“AfriForum en Solidariteit moes ’n hofsaak van stapel stuur om uiteindelik ’n antwoord van die regering te kry, terwyl ’n eenvoudige antwoord op ons aanvanklike brief amper geen tyd sou kos nie. Dit kom voor asof daar ’n doelbewuste poging tot verduistering deur die regering oor hierdie aangeleentheid is, wat ons noop om te vra, waarom is daar hierdie gebrek aan deursigtigheid?

“Die feit dat dit regsaksie vat om die regering te forseer om belangrike vrae te beantwoord oor ’n dringende saak wat lewens red bewys hoe min waarde die regering werklik aan deursigtigheid heg.”

Solidariteit doen nou ’n oproep op groot werkgewers, mediese verspreiders, mediese fondse en ander rolspelers om op groot skaal te begin om entstowwe aan te koop, te versprei en toe te dien. Die organisasie doen ook ’n beroep op verskaffers om nie net sentraal aan die regering entstowwe te verskaf nie, maar aan ’n verskeidenheid van aankopers sodat daar meer rolspelers in die mark is wat sodoende ook die verbruiker in staat stel om ’n keuse uit te oefen oor die entstof wat hy of sy wil laat toedien. “Ons sal nie toelaat dat die regering homself dít toeëien wat hom nie toekom nie,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pierre ·

Onegeluukig sal die regering net n wet proklameer in die staadskoerant onder die vaandel van die Rampbestuur en sodoende die veldtog in die kiem smoor.

Kaptein67 ·

Mooi man. Daar vang die slim regeering homself. Nie gedink ons sal weet as hulle jok nie ne!!

Baardman ·

Dis goeie nuus, welgedaan AfriForum en Solidariteit. Waar is die DA? Sit seker nogsteeds op die kantlyn en blaf soos n brakkie vir die ANC. As dit nie was vir hierdie 2 organisasies nie, was ons nou baie dieper in die moeilikheid.

JohanR ·

Nou eers! Het hulle skielik besef dat hulle het nie die vermoe om 40 miljoen mens alleen in te ent nie. Soos met die “net ons mag kos versprei”.

Susan ·

Veels geluk, Solidariteit en Afriforum, met hierdie deurbraak en baie dankie dat julle vir ons gewone ouens in die bresse tree!

Ronel ·

Net soos die gebruik van ivermektien teen die behandeling van die virus….

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Dankie Solidariteit en Afriforum.

Die ANC-regering behandel die burgery asof die burgery dom en onnosel is soos skape van die ANC se Mzansi National Democratic Society Useless Animal Farm. Die ANC-Elite wil vir ons dink en besluit van die wieg tot die graf. Tipies kommunistiese denke. En dit gaan in teen die grein van ons as Afrikaners.

Pieter ·

Die ANC kommuniste gaan als in die land vernietig. En ons sit vas aan die slaap pleks van om wakker te skrik en standpunt in te neem

Suzette ·

Welgedaan AfriForum en Solidariteit!! Laat hulle op hulle neuse kyk!! Ek dink ten spyte van dit besef hulle nog steeds nie hoe onkundig hulle is nie en nie het wat dit vat om ‘n land te regeer nie…..

Erika ·

Regering = Onbevoegtheid Onbetroubaar Beginseloos ….Me Myself & I….

ElizeK ·

Ek het al baie gewonder waar hierdie mensies die krag,,,die wil en die lus vandaan kry om dag na dag op te staan en te baklei teen hierdie swak regering. Ek sou al lankal tou op gegooi het, want dit is soooo aanhoudend en moet sieldodend wees. Dankie en nogmaals dankie vir jul opofferings. Staan vas en staan sterk. Julle is in
duuuuisende burgers se gebede en ons Here is almagtig.

jzjz05 ·

Ek gio daar was meer as net die alleen reg op die ent stof nie maar dat dit vir seker groep geresifeer was,Verder hoekom moet die regering altyd hof toe gesleep word voor hul iets erken?

OW ·

Die regering wil alles sentraliseer en wil dit met niemand deel nie,een van die eienskappe van sosialisme.Hulle hou egter nie rekening met die intellektuele kapitaal wat nog in SA is nie.

piper ·

dank vader vir afriforum en solidariteit vir die werk wat hulle doen. ek is trots om te kan se ek is n lid van afriforum. n mens kan net nie die regering vertrou nie.

Robert ·

Nog ‘n bewys dat politici totaal onbetroubaar is en na mag gryp.

annie ·

Die vraag is: Watter entstowwe en van waar gaan aangekoop word; en watter sertifikate van inenting gaan erken word indien soiets vereis word; indien iemand bv die Russiese-entstof verkies, kan hy rondsoek wie dit verskaf en dit dan ‘teen betaling’ gaan ontvang; en indien negatiewe gevolge van ‘n entstof ondervind word, sal staatshospitale die persoon help, of wegwys omdat dit nie deur die staat toegedien is nie. Die regering sal strafmaatreèls toepas vir ongehoorsaamheid, glo my.

Kosie ·

Ek verskil selde van Afriforum, maar hierin deel ek nie julle opwiding nie. Hoop julle manne wat so veg vir die inenting vat die ding self.

Baardman ·

Dink ons moet elkeen R50 per maand vir hulle gee. Dink net hoeveel skoliere en studente hulle sal kan befonds. Ons eie NSFAS stig met ons eie toelatingsvereistes. As 4miljoen mense dit doen , kry hulle R200 miljoen per maand in. En ons weet die fondse sal na die regte mense toe gaan. EK HET SOPAS BY AFRIFORUM AANGESLUIT !!!!!!!!!!!!

Tiptol ·

Indien jy die geleentheid kry om ingeënt te word, maak seker hul spuit die entstof in, en sit nie die naald en trek hom uit nie.

Cecilia ·

Ons Wittes sal nooit d entstof kry nie want jy sien op d nuus dis net kaders vd ANC geledere wat kry.

Jack ·

Ek hou van die bloedneus wat gereeld aan die diktators toegedien word. Hulle kan die volk mislei maar nie die Afrikaner volk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.