Privaatsektoroplossings vir Eskom bepleit

Argieffoto: GCIS

Sakeliga, ’n selfstandige sakegemeenskap, versoek pres. Cyril Ramaphosa om die wetgewing wat privaat elektrisiteitsopwekking en -verhandeling verbied, op te hef.

“Dit is onaanvaarbaar dat ʼn ganse ekonomie op risiko gestel word om Eskom se monopolie op elektrisiteitsopwekking te beskerm,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, na aanleiding van die jongste toepassing van beurtkrag hierdie week deur Eskom.

“Die enigste blywende oplossing is om die wetgewing op te hef. Daarom begin Sakeliga vandag met ‘n veldtog by www.kiesmykrag.co.za, waar sakelui ʼn beroep doen op president Cyril Ramaphosa om ʼn vrye mark in elektrisiteit te ondersteun en waar hulle kan aandui watter skade beurtkrag aan hul ondernemings aanrig,” het Le Roux bygevoeg.

Terselfdertyd staan Sakeliga sy lede met tussentydse verligtingsmaatreëls by deur toegang tot bekostigbare privaat elektrisiteitsopwekking te bevorder. ’n Platform waar verskaffers van alternatiewe elektrisiteitsopwekkingstoestelle, soos sonpanele, hul dienste kan lys en die publiek en sakeondernemings na verskaffers kan kom soek, word volgende week bekendgestel. Die verskaffers se verwysings sal nagegaan word en die publiek kan ’n versoekvorm invul om toegang tot die platform te kry.

Sakeliga kondig ook met trots aan dat hy vanjaar vir die tweede maal die hoofborg is van KragDag, wat met meer as 350 uitstallers en 15 000 besoekers die grootste selfstandigheidsekspo in Suid-Afrika is.

“Die wiele van die ekonomie moet bly draai – as Sakeliga wil ons ons lede bystaan om dit te verseker. Dus, al is kleinskaalse privaat elektrisiteitsopwekking nie ’n wonderkuur nie, is dit nie – soos grootskaalse privaat elektrisiteitsopwekking – onwettig nie,” voeg Le Roux by. “Dit is beproefde tegnologie wat reeds landswyd ingespan word om verligting tydens beurtkrag te bied en om die druk op die nasionale kragnetwerk te verminder. Daarom ondersoek ons wyses waarop ons dit vir ons lede so bekostigbaar as moontlik kan maak om waar toepaslik privaat elektrisiteitsopwekking vir eie gebruik te implementeer.”

Besorgde sakelui en lede van die publiek kan www.kiesmykrag.co.za besoek om ’n boodskap aan president Cyril Ramaphosa te stuur waarin hulle die oproep vir ’n vrye mark in elektrisiteit ondersteun. Sakelui kan hier ook aandui watter impak beurtkrag op hul ondernemings het, byvoorbeeld hoeveel werknemers geraak word en wat hul geraamde skade beloop.

“Die president moet gekonfronteer word met die frustrasie wat sakeondernemings en verbruikers as gevolg van Eskom ondervind. As die regering nie betroubare elektrisiteit kan waarborg nie, word die weiering om die privaat sektor toe te laat om die leemte te vul, al hoe onredeliker en onbilliker.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het intussen geëis dat die korrupte persone by Eskom onverwyld vervolg en oudingenieurs se hulp dadelik betrek word. Eugene Brink, strategiese raadgewer vir gemeenskapsake by AfriForum, sê daar kan geen verdere doekies omgedraai word nie en dat die tyd vir beloftes lankal verby is.

“Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het vandag in die parlement gesê die skuldiges ‘mag’ hulself binnekort in oranje oorpakke bevind. Dis nie goed genoeg nie en ons hoor dit al vir ’n geruime tyd. Ons wil nóú weet wie is skuldig en hulle moet dadelik aan die pen ry. Die probleem is dat daar van niemand ’n voorbeeld gemaak word nie en daarom vererger hierdie krisis net verder,” het Brink bygevoeg.

“Gordhan, pres. Cyril Ramaphosa en die ANC moet almal ook hul skuld in hierdie krisis erken. Hulle het die land oor die laaste tien jaar help regeer terwyl Eskom uitgehol is. Hulle is ewe skuldig en heeltemal uit voeling met die lyding van gemeenskappe, die sakesektor en gewone burgers. Hulle moenie maak asof die land se kragprobleme nou as ’n skok kom nie.”

Brink sê Gordhan het boonop belowe om oudingenieurs uit die buiteland terug te bring om hierdie krisis te help oplos. “Dit is nie meer net ’n opsie nie, dit moet dadelik gebeur. Hulle is op grond van hul velkleur deur Eskom laat gaan en nou baat ander lande by hul kundigheid. Rasbeheptheid het ’n hoë prys en nou is die hele Suid-Afrika besig om dit te betaal. Eskom se treurmare moet as ’n gevallestudie vir die hele land dien.”

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen versoek dat Suid-Afrikaners nie paniekerig moet raak oor beurtkrag nie. “Ons was al hier en het anderkant die rivier uitgekom. Ons sal oplossings vind en ons sal oukei wees,” het hy buite Tuynhuys aan eNCA gesê.

Hy erken dat die kragonderbrekings ʼn “verwoestende impak het op die ekonomie en die gewone lewens van mense”, maar bygevoeg die kabinet ondersoek die oorsaak van die kragonderbrekings.

“Ons het vanoggend gesprekke gehad oor die benarde situasie. Ons werk aan ʼn paar planne om dit saam op te los en ons sal [Donderdag] aankondigings hieroor maak,” het hy gesê met verwysing na sy reaksie op die debat oor sy staatsrede wat vir Donderdagmiddag om 14:00 geskeduleer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Wonder of ons buurlande wat krag van ons kry, ook met beurtkrag sit. Wonder maar net.

Cherokee ·

Die DA en die ANC met wat hulle noem ‘regstellende aksie’.

Avra ·

Regstellende aksie was oorspronklik slegs vir 10 jaar geimplimenteer. Hoe gou het almal dit vergeet….

Irma vd Berg ·

Ja ek sal ook graag wil weet .Is daar nie mense wat dalk famielie het in buurlande nie ????

Delani ·

Ek wil net vir die ANC en Eskom sê, baie geluk. Die land is behoorlik in sy moer in. Dankie vir julle puik diens en wonderlike ondersteuning en verbouing die laaste 25 jaar!!!!!! Dit is wat gebeur as jy mense met kennis uit n werks plek skop!!!!!

Colleen ·

Ek stem saam! Die SAL, SAUK, Eskom en talle munisipaliteite was winsgewend bestuur onder die sogenaamde “wit” regering. Dit wil alles hê, maar dit weet nie van eerlik sake doen nie en dis net korrupsie en ‘n gestelery in elke departement.

John ·

Daar iz nog vingerz in die paai. Menz wonder of onz Mei verkiezing gaan hou. Iemand zing vannaand ‘n liedjie. Wie zou dit weez?

Esther ·

Beurt krag en wisseling in stroom van krag toevoer kos ook privaat huishouding i. t. v skade op elektries toebehore…

SA se infrastruktuur is nou besig om ten volle te sink… Wie moet ons bedank? Die ANC. Ons moet ref wat te redde is, ek dink dit is net n leedop!

Pietman ·

Op watter planeet leef die ouens? Die Kabinet moet vasstel wat die oorsake is? Ons weet almal wat die oorsake is maar ten spyte van die krisis sal die Kabinet die mees ooglopende rede ignoreer omrede dit hulle nie pas om te erken nie; gevolglik sal daar gepeuter word aan geïsoleerde probleme op so ‘n manier om hulle eie aandadigheid toe te smeer. Daarom sal ons bly voortploeter.

Realis ·

Die val gaan nou vinnig wees! Dis nou ‘n kwessie dae en weke, en nie meer maande en jare nie! 25 jaar later en die son is vinnig besig, om oor Suid-Afrika te sak!!

Arno ·

Toekoms lyk sleg vir die kragreus as hul nou al so sukkel toe ek groot geword het as kind het ons nie sulke probleme ervaar nie waar kom al die probleme nou van daan lyk my net niks word meer in stand gehou nie wag seker eers tot dit breek en dan wil hul dit regmaak

Cedric ·

Mnr die president. Jy is korrek deur te se, “ons was al hier…” Maar klaarblyklik het julle nie geleer uit vorige foute nie …

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat het Suid Afrikaners gebruik voor oop vure, kaggels, fakkels en olie-lampe? ELEKTRISITEIT!!!

Johanna Botha ·

En so beweeg die wat juis kag kan bekostig weg na alternatiewe bronne van elektrisiteit en die res demand net meer !

Diefie ·

Lank lank gelede was daar ‘n Eskom,
‘n Eskom wat van krag tot krag gegaan het,
Nou heellaas is Eskom nou Eiskom, nou
bekom nou bekrot.

lewies ·

BEE is die wortel van die chaos waarmee ons nou sit. Regstellende aksie moes baie meer gelydelik in gefaseer gewees het. Mense met ‘n ver sientheid is geignoreer. Hulle moes so gou as moontlik uit die pad gekry word, sodat die ANC met sy streke kan begin. Hierdie dentens is jare gelede voorspel en gekommunikeer. Dit is afgemaak dat wittes wil net hulle bevoorregding wil voortsit. Ek wat in die onderwys was het hierdie sake jare gelede voorspel tydens vergaderings met die nuwe werkgewers. As hulle gaan aanhou met hierdie gesindheid gaan SA die prys betaal, wat Zim vandag betaan. Kry die werkers wat weggejaag is terug in die sisteem en los julle rasbeheptheid Politieke korrektheid gaan SA laat sink.

Gustav ·

Hoekom het die “slim” Broeders nie voor 1994 alles geprivatiseer nie? Toe hulle sien dinge is besig om te verander nie?

johann ·

more ,dit blyk sabotasie te wees met loadshedding
,voelkie hoor fluit chinese is besig om kragstasie
in ogies te vat,vir skuld kou daaraan

Julia ·

Die infrastruktuur van 1994 is nie in stand gehou nie. Die nuwes is n gemors. Intussen is huise verdriedubbel. Die bevolkings aanwas het teen die spoed van lig ge-eskaleer want die Staat betaal hulle om kleintjies te kry. So in my boeke maak 1 plus 10 nie 2 nie.

AP ·

Verseker n gemors geword sedert anc zuma korrupsie oorgeneem het

Dienkie ·

@Realis, jy kan altyd emmigreer dan sal jy nie deel wees van die Suid-Afrikaanse “sonsondergang” nie.

Katerina ·

Hi daar Dienkie gaan Jy betaal vir die wat wil vlug uit Suid Afrika? Siek daarvan om hierdie tipe antwoord te lees. Enige mens wat nie totaal en al psigoties is nie Sou al Lankal die land verlaat het as hy/sy maar net dit kon bekostig!

Maljan ·

Met n ceo wat R404 201.58 per maand betaal word, is dit geen wonder eskom is in sy moer nie. Ek wonder of sy kwalifikasies juis en beter as ou rooi ogies sn is ?

Dienkie ·

Nee Katarina, maar ek is net siek en sat daarvoor dat mense soos @ Realis net donker, dood spreek oor Suid-Afrika. Ek het al hoeveel van Realis se kommentare gelees en dit wil vir my net voorkom asof hy wil he dat ‘n helse ramp Suid-Afrika moet tref.

Boer ·

Ek het vir jou nuus…..ons is reeds op die voor aand daarvan!

Maklik.. ·

Die kan so maklik opgelos word..
Sny die gratis toevoer van krag na Zim!!!
Of is iemand bang :0

Elke ·

Dienkie elke mens is geregtig op n siening. Lewer kommentaar oo die berig nie oo die kommentaar nie en laat Realis & kie in vrede dagdroom van hoe hulle NSA gaan verlaat.

MORNE ·

Daar is geen manier wat Eskom gered kan word tensy hulle dit privatiser nie ,Eskom gaan land onder trek buiteland sou wind sonkrag verniet gebou het hulle wou net inkomste uit krag maak vir Eskom nie een sent gekos het nie hoe moeilik is dit om dit te besef anc gepla oor om se maar van 16000 Eskom werker ontslae te raak as Eskom vou gaan maklik n miljoen of meer hulle werk verloor.DIT IS KLAAR MET DIE LAND.

Uys ·

Privatisering sonder ordentlike kompetisie werk ook nie juis nie. Dit lei net tot n monopolie. So ja, om Eskom te privatiseer is nie sleg nie, maar dan moet daar n ewe sterk ander privaat kragvoorsiener ook wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.