‘Privaatskole word voorgetrek,’ sê ANC Jeugliga

skool 2 klas onderwyser

Argieffoto.

Die ANC Jeugliga het Donderdag gesê hy is bekommerd oor die skeiding in die land se onderwysstelsel en voel privaatskole kry voorkeurbehandeling in vergelyking met staatskole.

Mlondi Mkhize, die jeugliga se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê leerders in privaatskole kry deurgaans baie beter onderrig in vergelyking met die res van die land se leerders. “Ons wil ons kommer uitspreek oor die manier waarop daar voorkeurbehandeling aan privaatskole gegee word in vergelyking met staatskole,” het Mkhize gesê.

“Behalwe vir die beter onderrig wat [leerders in] privaatskole ontvang, word hul uitslae ook vir hulle gegee voordat staatskole hul uitslae ontvang.”

Mkhize het gesê die regering moet ingryp om die stelsel te verander. “Hierdie situasie moet verander word omdat dit die idee skep dat private dienste beter is as staatsdienste. Dit bevestig die belangrikheid van geld om ʼn beter opvoeding te kry,” het hy gesê. “Ons doen ʼn beroep op die regering om ʼn einde aan hierdie praktyk te bring voordat dit erger word.”

Mkhize het ook al die provinsies wat ʼn hoë slaagsyfer behaal het, gelukgewens en gesê hy hoop dat ander provinsies by hierdie provinsies kan leer.

Hy het alle matrikulante wat geslaag het aangemoedig om universiteite en tegniese kolleges te oorweeg om tersiêre studies by aan te pak. Die 2016-matrikulante wat nié geslaag het nie, het hy aangemoedig om van die Nasionale Jeugontwikkelingsagentskap (NYDA) se Tweedekans-matriekprogram gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Ha,Ha ·

Private skole se kinder diseplinne is baie beter en werk baie harder as staatskole.
Niks te down met voortrekkery nie. Kom by.

Klemmie ·

As die ANC Jeugliga net so bietjie gaan kyk na die mees opvallende verskil tussen die staat en privaat skole.
Staat skool = Geen disipline, geen reëls
Privaat skool = Disipline en reëls.
Net dit maak n moewiese verskil.

Laat ons dan maar ons kinders tuis onderrig gee en die disipline en roetine reg hou.

Uys ·

Hy gaan skrik as hy wakker skrik en besef dat alle rasse in privaat onderig ontvang.

Melt Olckers ·

Dit is ook veral die ANC elite wat hulle kinders in privaatskole plaas. Baie van hulle in oorsese privaatskole.

Patty ·

Ag kom nou. Jul wil alles verniet hê en niks doen nie. Dis hoekom daar privaatskole is om vir die wat wil leër en ñ toekoms verseker die geleentheid bied. Die regering betaal nie daardie onderwysers nie. Die skole kry geen hulp van die regering nie. Nou hoekom moet die regering ñ sê hê en inmeng. Kry jul eie huiswerk inorde dan sal kinders weer staatskole kan bywoon.

vierkleur ·

Nou kry die staatskole op standaard, en hou op om n slaagsyfer van 20% goed te keur

Lag Net ·

Ons betaal duurder vir die beter onderwys. Ons brand/breek niks as ons nie ons sin kry nie.

Erasmus ·

Ons sal almal graag ons standaard ook daar wil hê soos in n privaatskool. Hy moet net besef dat tenspyte van dissipline geld ook nodig is vir beter onderrig en as die regering minder geld mors en meer aan onderig en hulpmiddels beskikbaar stel aan staatskole sal dinge baie beter gaan. Ongelukkig kan die gemiddelde man op straat nie die hoë skoolfooie bekostig nie.

Alida ·

Nou toe nou. Hoe vergelyk die staatshospitale se behandeling met die van privaathospitale? Die staat is tot niks behoorliks in staat nie. Dit is n feit.

Mielie ·

Enige iets Wat die privaat sektor hanteer is beter as die staat……jy het nie n graad nodig om dit uit te werk nie! Kom bietjie by jong!

popeye ·

Hulle se Computas werk al klaar nie reg nie so vroeg in die nuwe jaar, ai!

John ·

Miskien moes die ANC hoeka nie ontslae geraak het van al die goeie onderwysers en hul vervang het met onopgeleide mense nie. Die onderwyskolleges is ook destyds gesluit. Hoekom? Was dit nie omdat geglo is opleiding vir onderwysers is sommer bog nie. Hoekom die vroeer bekendmaking van uitslae by privaatskole die Jeugliga beswaard laat sal g’n mens weet nie. Dalk pla die paar vrolike swart gesigte wat hard gewerk het vir hul punte dalk die ooms wat nie so fluks wil/wou leer nie.

Jan maak n Plan ·

Dis darem duidelik soos daglig dat die arme siel nie in n privaat skool geskool was nie.
By n privaat skool koop die skool met hulle eie geld hulle eie toerusting en benodighede. By n privaat skool dra die regering nie n sent by nie. By n privaat skool het de regeing ook nie juis n se nie en word daar baie klem gele op dissipline en harde werk en resultate. Iets wat nou nie juig by die regering gedoen word nie. Ek dink dis hoog tyd dat staat skole almal moet privatiseer.

Hasie ·

ANC Jeugliga. Ek wil graag vir julle sê, dit is beter en sê niks, dan dink die publiek julle weet niks, nou gee julle jul opinie, nou weet die publiek julle weet niks.

Lewies ·

Kom ons aanvaar dat die leuen besig is om die, oorhand kry. Die uitlating van die jeugliga is deel daarvan. Hulle moet meer bekommerd wees oor die aanpassing van punte, sodat hulle seniors beter kan lyk. Daar is ‘n woord wat in ons taal bestaan en dit is “gewetenloos” Hoe kan ‘n mens ‘n kind of jongmens onder ‘n verkeerde indruk bring oor sy/haar eie vermoe en potensiaal.

Fritz ·

Ek wonder of hy skool klaargemaak het???? Dis eenvoudig. Harde werk kweek goeie punte. En die kinders in privaat skole werk vir hulle punte. Nie soos die nasie wat geskep word wat als verniet verwag en as hulle nie hul sin kry nie brand hulle skole af. Jy kan in n staat skool dieselfde punte met harde werk kry as in n privaatskool. Die staatsdiens is pateties en ons weet hoekom. Stel onderwysers op meriete aan. En moenie al die geld steel wat die onderwysers moet betaal nie.

Jan Jooste ·

Mkhize se uitsprake illustreer die risiko van openbare onderwys. Hoe kan enige rasionele mens nie verstaan dat twee eksamenrade (IEB en staat) elk op hul eie gekose tyd hul uitslae uitreik. Eish …

Alwyn ·

Wat was sy punte as hy so n stelling maak?ANC hou nie van slim mense nie.

Simon ·

Oor gelykwaardigheid is daar twee sieninge.
Daar kan gewerk word om die swakker presterendes op te hef tot almal die hogere vlakke bereik. n Voortreflike siening.

Aan die ander kant kan die beter presterendes se poging gesaboteer en afgetrek word na die laer stand situasie.

Op beide maniere word gelykwaardigheid bereik.
Die voorkeur wyse van die ANC gesindes is om die beter prestasies af te maak en almal af te trek na die laer stand.
Dan is ons almal tog gelyk in armoede.

andrea van vuren ·

Vryheid, gelykheid en broederskap! Klink dit bekend?

Fritz ·

Moenie privaat skole afbrand nie. Dan kan dit dalk beter gaan. Duidelik het hy nie skool klaargemaak nie. Niks is verniet nie. Harde werk betaal. Besef dit asb?

Johnny Burger ·

Privaat Skole het weereens niks met kleur te doen maar eerder met standaarde.Hoeveel gekleurdes is in die skole.Julle gryp weereens grashalms omdat julle nie julle eie verantwoordelikhede kan nakom nie.As julle veranderinge soek begin by julle self.

Lance ·

Ignoreer asb die mense hulle is dom en se goed wat soos no1 hulle name vergat …kyk maar hier kom nog baie sulke goed !

PJ ·

Nou krap jy waar dit nie jeuk nie .. alles privaat is beter as die staat..ALLES.
Ons kinders is juis in pvt skole omdat die staat skole so pateties is..geen dissipline…geen reels…geen standaarde. Ons werk hard om ons kinders daar te laat skoolgaan en ons sal nie jammer se daarvoor nie. Hou jou hande af van ons kinders te toekoms af.

Margi Johnson ·

Ek stem saam met Lance – in Engels se hulle ‘You’re stating the obvious’.

Ai-jai-jai-jai-jai ·

Tipies.
In plaas daarvan dat die staat daarna mik om op die privaat skole se vlakke te probeer kom is dit mos makliker om andersom te werk en die privaat skole af te breek tot op die staat se vlak.

Belbe ·

Kom ons dink gou daaroor, privaat instansies is beter as die staat- dit word “actually” reg bestuur….. sort julle eie gemors uit en hou op om goed wat werk te probeer verander omdat julle sleg lyk!!!

Mario ·

ASB. moet glad nie dat die regering ingryp nie. Bring liewers openbare skole na die vlak van privaatskole!!!

wilma ·

Asb kom by. Oral waar privaatdienste is is die diens beter. Tyd dat hul besef wa di staat betrokke is is als n gemors. onthou nog di blinkvloere in hospitale. Als was spotless. Die dae voor Privaathospitale nog. Vandag is hospitale morsig.

Johanna Botha ·

Baie eenvoudig anc jeugliga …alles staat is n gemors …mmmm anc beheerd …alles privaat WERK!! Uuummm se dit nie iets nie …goeie jimmel skrik tog net wakker en neem verantwoordelikheid vir julle gemors ! Los die res uit ek kom dalk net by …oorweeg dalk om matriek te gaan kry as n begin !

Penellope Jones ·

Ag tog kinders, gaan speel buite met die bal.
“Jealousy makes you nasty” !!

Magriet le Roux ·

Maar private dienste IS beter as staatsdiens. Daar is niks oor te stry nie. Dis n feit

Vrystater ·

ANC Jeugliga wil net stur. Die Xhariep distruk wat uitstekend gevaar het in Vrystaat is Staats skole. Van die armste gemeenskappe. Geen privaatskole hier betrokke. Harde werk en toewyding is die antwoord tot sukses.

Bekommerd ·

Ek dink baie van die ANC ministers se kinders is in privaat skole.

Dink ·

Die aanval het niks te doen met ‘voortrek’. In staat skole poog die staat om die jeug oningelig te hou, want ingeligte en opgevoede jeug en jongmense val nie vir jul ‘t-shirt-a-day’ mentaliteit nie. Hul besef en kyk reg deur die uitbuitery. Die taktiek van ‘keep the masses uneducated’ word stadig maar seker uitgewis.

BluVelvet ·

Ag kom by. Vandat die ANC aan bewind is het enige kwonotasie met die staat die reputasie van swak dienslewering en korupsie. Elke jan rap en sy maat wat vir die staat werk kry die job want een “die een hand was die ander hand”. En dan sit hulle heeldag op tea break en dink die publiek skuld hulle iets. En dat diens vir die voels is. In staat skole is onderig ‘n klug. Want hoe kan ‘n onderwyser kinders iets leer wat geen disipline het nie en ook nie by die skool is nie…of nog erger waar hulle ouers die skool en klinieke afbrand omdat die ANC nie ‘n idee het van dienslewering. ANC JEUG LIGA moet maar eers groot word.

jaco ·

Staatsgeld word op nonsens uigegee: goed soos Zuma se paleis in Nkandla en 8 wereldbeker sokkerstadions. Parlementslede en munisipale raadslede kry ook reusagtige salarisse en geld word gemors op klomp ander onnodige goed soos R13miljoen vir n buitelandse reis vir castro se begrafnis. en so gaan dit aan en aan en aan. as al daardie geld behoorlik op onderwys uitgegee is, sou die standaard gelyk gewees het aan privaatskole se standaard.

Herman ·

Maar hoe dan nou? Is meeste van die ANC parliament se kinders dan nie in privaatskole nie?

Valie ·

Voorgetrek deur wie?? Sekerlik bedoel die seuntjie nie die staat nie.

Se iets ·

Privaat skool = baie geld in die maand, daar kom niks VERNIET NIE
DIT IS OOR ALMAL ALS VERNIET WIL HE DAT DAAR NIE GELD IS OM ORDENTLIKE ONDERRIG TE KAN BETAAL NIE

callie ·

Prvaat skole bestaan omdat staatskole net soos die regering pateties, ongedisiplineerd, chaoties en in die waan leef dat jy alles verniet kry. Gaan kyk na die vak keuses in staats skole .As hulle dieselfde vakke op selfde standaard moet doen(Wiskunde en Wetenskap) wat sal die slaagsyfer wees. Let wel nie alle staat skole nie, maar van die matriek sertifikate wat ek in onderhoude te sien kry met die vakkeuses is sorgwekkend.

piper ·

jy kan al die geld in die wereld in enige iets ingooi maar as dit nie reg bestuur word nie sal dit niks help nie. dis wat gebeur agv swak bestuur .

Anoniem ·

Goeie matriekresultate is ‘n kombinasie van verskeie faktore:
(1) Bekwame, toegewyde onderwysers.
(2) Gunstige omgewing (bv. genoeg handboeke, dissipline in klaskamer).
(3) Gemotiveerde, hardwerkende, pligsgetroue leerders wat met hul individuele Godgegewe talente woeker.
(4) Ouers wat hul kinders ondersteun en aanmoedig.

Voel welkom om die lysie uit te brei….

Sonder enige van bogenoemde raak goeie matriekresultate moeiliker, soms selfs onmoontlik.

Piet Pompies ·

Nogal vreemd, ons gesin en ek glo die meerderheid lesers was in staat skole en ons almal lewer positiewe bydrae tot ons land se ekonomie en samelewing. So glo ek ook dat mense wat in privaat skole was ook dieselfde lewer.
So, waar kom die vootrekkery dan in en waar maak dit ‘n verskil.
Die verskil kom in by elke person se houding, as jou houding jeens die lewe nie reg is nie gaan jy orals fout vind en stagneer. Met ‘n goeie houding en selfs ‘n agtergeblewe agtergrond kan jy nog steed ‘n positiewe verskil maak.

Rudi ·

Privaat instansies is beter as staats instansies. N voorbeel is natuurlik privaat skole, maar daar is ook privaat hospitale, privaat sekuriteit en so aan.

Die anc jeugliga moet gerus by die staat aanklop en al hierdie vrae vra. Maar soos gewoonlik maak hul net lawaai terwille van sensasie.

Johannes Meintjes ·

Die EFF se ekonomiese logika is vir my nogal uniek. Dis tog ‘n ou bekende feit dat privaat skole, privaat hospitale en privaat welsynsinstansies beter dienste en resultate lewer as regeringsinstansies!? Die hele benadering, doel, meganisme en funksionering is gewoonlik produktief anders as die van staatsdepartemente.

Barend ·

Ek wonder ook wie sou nou die private skole voortrek en hoe word dit gedoen?!

E.K. (vra net) ·

Wat sou Julias hiervan sê – is sy knaap nie in een nie?!

Grobbie ·

Jul kommentaar is ter vergeefs, ware feite word net as snert afgemaak. Dis hoekom dinge net vererger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.