Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba

Adv. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunkdirekteur van die Nasionale Vervolgingsgesag (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency/ANA)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid wil weet of daar enige waarheid steek in berigte dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n skynbare ommekeer gemaak het oor die vervolging van Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed.

Die privaatvervolgingseenheid het in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), antwoorde geëis.

“Soos wat dit nou die gebruik is met staatsdepartemente, het die privaatvervolgingseenheid slegs ’n ontvangserkenning ontvang, maar geen behoorlike antwoord nie. Dié skrywe is reeds op 3 September 2020 aan die NVG versend,” het adv. Gerrie Nel, hoof van die privaatvervolgingseenheid, gesê.

Dit volg nadat die NVG AfriForum in Maart vanjaar skriftelik in kennis gestel het dat ’n besluit geneem is om Jiba te vervolg. AfriForum en Nel het die NVG in November 2019 met ’n mandamus-aansoek gedreig om ’n besluit oor die vervolging van Jiba te neem rakende strafregtelike klagte wat genl. Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, teen haar ingedien het.

Die privaatvervolgingseenheid het ook ’n geruime tyd gelede reeds aangekondig dat hy Jiba privaat wil vervolg. Volgens onlangse mediaberigte het die Ondersoekdirektoraat (OD) nou egter versoek dat die vervolging van Jiba nie voortgaan nie ten einde hulle in staat te stel om die “breër kwessies” te verstaan en dat hierdie kwessies eers gefinaliseer moet word voordat ’n besluit oor die vervolging van Jiba geneem word.

Volgens Nel is dit kommerwekkend dat die NVG se kommunikasie aan die publiek die indruk skep dat die OD die Direkteur van Openbare Vervolgings in Pretoria (DOV) se besluit om te vervolg, kan herroep of wysig.

Adv. Gerrie Nel. (Foto: verskaf)

“Dit is nie die geval nie, die finale besluit rakende die instel van vervolging berus slegs by die DOV. Die afleiding wat gemaak kan word, is dat die stap bloot nog ’n vertragingstegniek is om te verhoed dat die saak uiteindelik verhoor word.”

Die NVG versuim, ook met hierdie verdere vertraging, om uitvoering te gee aan die hooggeregshof in Pretoria se bevel in Freedom Under Law vs NDPP dat die saak teen Jiba weer op die rol geplaas moet word. Shaun Abrahams, voormalige NDOV, se besluit om die vervolging van Jiba te laat vaar, is tereg deur die DOV herroep. “Dit blyk egter nou dat die NVG hierdie beslissing bloot ignoreer,” sê Nel.

Volgens AfriForum is die klagte van bedrog en meineed wat Booysen in KwaZulu-Natal teen Jiba ingedien het, slegs van toepassing op Jiba as individu. “Die NVG se skynbare besluit om die omvang van die ondersoek uit te brei, blyk dus slegs ten doel te hê om ’n relatief eenvoudige saak onnodig te kompliseer en die vervolging van Jiba verder te vertraag of selfs te skrap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Joggie ·

Die NVG is maar nog net ‘n deel van die terrositiese ANC regime!

Hercules ·

stem 100%

“narsistiese, patologiese, kompulsiewe, skynheilige, jezebel leuenaars en kleptomanie gaan hand aan hand – hulle gee nie om as hulle niemand bevoordeel nie; hulle is koue, berekende, manipulerende, selfsugtige mense, en hulle dink glad nie aan ander nie behalwe om hulself te bevoordeel nie; meestal toon hulle glad nie emosie nie; narsistiese, kompulsiewe leuenaars glo dat hulle wonderlik is, dat alles aan hulle fantasties is en dat hulle op alles geregtig is en ander blameer ander vir hulle eie kortsigtheid”

def van terrorisme:
“die onwettige gebruik van geweld, manupilasie en intimidasie, veral teen onskuldige burgerlikes, in die strewe na eie politieke doelstellings”

Ratel ·

Stamp hulle Gerrie. Die NVG het nog geensins hulle naam in ere herstel nie. Ons bly hoop…

Anoniem ·

As die NVG so optrew hoe weet ons dan nie as hulle haar wel vervolg dat hulle dalk inligting gaan weerhou om haar saak ten einde te help? Hoe ophektief is die NVG? Ek twyfel en hulle laat kriminele wegkom.

Kokerboom ·

Die NVG is ‘n groot teleurstelling. Roer hulle Gerrie!!!

Derek ·

Dit is tyd vir die skoonmaak van SA, genoeg is ons soos honde behandel. Ons is trots op ons taal, kultuur en as gelowiges in ons eie land!

Hennie J ·

Op my ouderdom het ek nog net n paar wense oor. Een van hulle is om hierdie uiterste oneerlike en arrogante person formeel as n krimineel te kan identifiseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.