Private ekonomie steier, maar ledige staatsamptenare skép – DA

‘n Betoging in Kaapstad oor die afsonderingsregulasies wat die gasvryheidbedryf lamlê.

Terwyl meer as drie miljoen mense in die private sektor na raming weens die afsonderingstydperk reeds hul werk kwyt is en ʼn vyfde van werkers in die private sektor in Junie geen salaris ontvang het nie, het meer as 80 000 staatsdiensamptenare volgens die DA in hierdie tyd hul volle vergoeding gekry – sonder om ʼn vinger te verroer.

Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê die gemiddelde salaris in die staatsdiens is R393 000 per jaar, oftewel R32 750 per maand. “Dit beteken oor die afgelope vier maande se afsonderingskrisis het die ANC meer as R11 miljard in belastingbetalers se geld bestee aan die salarisse van minstens 84 000 staatsamptenare wie se werkladings beduidend verminder is.”

Schreiber sê die minister van staatsdiens en administrasie, Senzo Mchunu, het dit vantevore onomwonde in die parlement gestel dat “alle staatsdiensamptenare tydens die nasionale afsonderingstydperk hul volle salarisse sal ontvang” selfs al doen hulle geen werk nie.

Mchunu het ook besonderhede verskaf oor die meer as 84 000 werkers wie se werkladings op vlak 4 en 5 van die afsonderingstydperk beduidend verminder is.

(Argieffoto)

“Om die volle omvang van die ANC se vasbeslotenheid om sy staatsdiensnetwerk van patronaatskap te bly voer te begryp, moet in ag geneem word dat R11 miljard wat oor die afgelope vier maande vermors is op staatsamptenare wat nie werk nie, neerkom op 15,7% van die $4,3 miljard (R76 miljard) wat die regering onlangs gedwing was om [by die Internasionale Monitêre Fonds] te leen.”

Die DA gaan Mchunu nou vra waarom die regering nie van sy nie-noodsaaklike werkers verwag het om van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se TERS-fonds te eis op dieselfde manier wat hy diegene in die private sektor gedwing het om dit te doen nie.

“As die regering so vol vertroue was dat TERS werkers voldoende vir verlore inkomste kon vergoed, waarom hy het geweier dat nie-noodsaaklike kaders hul salarisse opgee en nie soos werkers in die private sektor van TERS eis nie?”

Schreiber sê dit is niks minder nie as ʼn skande dat die ANC doelbewus die inkomste van minstens drie miljoen werkers in die private sektor verwoes het, terwyl hy terselfdertyd verseker het staatsamptenare wat niks doen nie, word ten volle daarvoor vergoed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Evert Philippus

Hierdie inperking is net eenvoudig ‘n plunder en selfverryking van anc kaders en ministers. CR se baas zuma slaan die kitaar.

Johan

Die staatsamptenare is ook meestal die wat Rampspoedig ondersteun met sy afsonderings wetgewing want hulle het geen finansiele opoferings gemaak nie.

Kokerboom

Dis omdat die regime aan bewind GEEN benul het van die waarde van geld en GEEN respek toon van die oorsprong daarvan nl dat dit verdien moet word. Dis ‘n Westerse konsep!Die status quo sal NOOIT verander. Die lasdraende belastingbetalersektor van die ekonomie kan net die bose sirkel stop deur ‘n belastingboikot/weerhouding om sodoende sigbare realiteite op hul swaarverdiende gelde af te dwing!

Johanncb

Dit maak seer om te sien hoe ons werk om die Staatsdiens te betaal! Watter diens ontvang ons van hulle?

Frans

En kom ek dink dis hule wat se ok skole moet toe want dis te leke sit by die huis en kry geld en skole moet ma ondergaan