Private ondersoek na gebeure by Hoërskool Jan Viljoen vorder

Gemoedere by die skool het hoog geloop weens bewerings van rassisme. (Foto: Douglas Ngobeni/Facebook)

ʼn Private ondersoek na die beweerde rassevoorval wat verlede maand ʼn herrie by die Hoërskool Jan Viljoen in Randfontein ontketen het, is byna afgehandel.

Die skool se beheerliggaam het ná die voorval die private ondersoeker Mike Bolhuis aangestel om die bewerings van rassisme te ondersoek. Hy is ook gevra om bewerings van seksuele teistering teen ʼn onderwyser by die skool te ondersoek.

“Die ondersoek na die beweerde rassevoorval is tans in ʼn sensitiewe stadium en inligting in verband hiermee kan nie nou bekend gemaak word nie,” sê Chris Coetser, Bolhuis se hoofondersoeker in die saak.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders, wat as ʼn rasgedrewe voorval bestempel is, chaos by die skool veroorsaak het. Talle mense het daarna boonop na die skool opgeruk.

Altesame 12 leerders is hangende die ondersoeke, wat ook deur die departement van onderwys van stapel gestuur is, geskors. Die beweerde oortredings teen hulle wissel van onder meer oortredings van die skool se gedragskode en die besit van gevaarlike wapens tot opsetlike saakbeskadiging.

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het vroeër ook aangekondig dat die polisie sommige bewerings gaan ondersoek.

Volgens Coetser is sy ondersoek byna afgehandel en het hy reeds meer as 90 verklarings afgeneem.

Nog 14 leerders wat nie deur die skool se dissiplinêre prosesse gegaan het nie, is intussen ook geïdentifiseer vir hul moontlike betrokkenheid by die voorval. Hierdie leerders het ook reeds hul verklarings afgelê.

Die bevindings van die ondersoek sal na verwagting teen April aan die beheerliggaam oorhandig word, waarna verdere tugstappe – indien nodig – gedoen sal word.

Daar is nog geen aanduiding van wanneer die departement van onderwys se ondersoek na die voorval afgehandel sal wees nie.

Lesufi het vandeesweek op Twitter gesê dat altesame 50 leerders ná die voorval deur hul ouers uit die skool gehaal is.

Van hierdie leerders is glo deel van die groep wat aanvanklik by die bakleiery betrokke was.

“Die leerders voel hulle word geviktimiseer en is nie veilig nie,” sê Coetser.

“Net drie van die seuns wat glo by die bakleiery betrokke was, is nog by die skool. Hulle wag vir ons ondersoek om afgehandel te word voordat hulle ʼn besluit neem oor hul toekoms by die skool.”

Bewerings van seksuele teistering

Coetser sê hy het reeds sy bevindinge oor bewerings van seksuele teistering teen ʼn onderwyser by die skool aan die beheerliggaam oorhandig.

Dié bewerings het ná die rassevoorval aan die lig gekom nadat Lesufi die skool besoek en na leerders se besware geluister het.

Nog geen onderwyser is weens die bewerings geskors nie, maar wel een administratiewe personeellid.

Hoewel die bevindinge nog nie bekend gemaak kan word nie, waarsku Coetser dat die verslag waarskynlik verskeie “skokbevindings” gaan bevat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Skokbevindings en tugstappe? Seker beteken dit dat Lefusi nie die enigste is wat getug gaan word nie.

Mallie ·

Ek wens hulle wil die rasistiese kaart verbrand en wegspoel. Dit lyk of daar geen verandering gekom het sedert die ANC die land regeer nie. Leer julle kinders om respekvol te wees en eie waarde.

Johann ·

Ja Lepoefi. Plaas jyndien jounwerk en bou skole vir die massas? Maar nee…jy moan eerder oor “pollitiek” as om ‘n bydra te lewer tot opvoeding!

twaalfboor ·

Besit van gevaarlike wapens en opsetlike saak beskadiging. Jip……. klink vir my blank gedrewe……………

domheks ·

OU LESOEEFIEEE hou daarvan om die ras kaart te trek. Kinders was nog altyd aan die baklei, en soms is dit goed so dat hulle weet van reg en verkeerd.

casper ·

Rassisme vanaf die swart kant vier hoogty hier !!!
Dit is wat hier gebeur !!

Kobus ·

Hoekom “I am disappointed that 50 learners were removed from the school by their parents” Seker omdat daar nou 50 minder kinders is wat jy kan boelie en beskuldig. In jou hart is jy sekerlik bly.

Katvis ·

Die ANC het grootliks bereik wat hulle wou – meeste van die blanke kinders sal nou die skool verlaat en so word nog ‘n goeie skool basies gehijack. 5 jaar van nou af sal daar bitter min indien enigiets van die skool oor wees

Pieter J ·

Die swart leerders soek voortdurend moeilikheid want hulle weet hulle is onaantasbaar en dan word hulle en hul ouers nog verder opgesweep deur Lesufi.

Harley Davidson ·

Rasisme is overated in sa net soos apartheid die skuld vir alles voor 94 kry word Rasisme gebruik as verskoning vir tekortkominge van voorheen benaadeeldes, die huidige benaadeelde minderhede word onderdruk en teen gediskrimineer maar die verskil is hulle werk om en deur dit sonder verskoning.

christo ·

Neem jy die ouers kwalik om hulle kinders te verwyder? ‘n Mens kan net soveel van Lesufi se negatiewe benadering teenoor Afrikaans hanteer. Die groot vraag is altyd: Hoekom skryf township ouers hulle kinders by voormalige Model C skole in? Omdat die sgde. rassistiese onderwysers meer toegewyd is as die townships ‘opvoeders’? SADTU regeer in die townships. Onderwysers werk sewe ure per dag en vat dan die pad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.