‘Private sektor nie antwoord op puttoilet-krisis’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Onderwysstigting vir Maatskaplike Geregtigheid (ESJF) meen die regering moenie van private maatskappye gebruik maak om ontslae te raak van puttoilette by die land se skole nie.

Hendrick Makaneta, adjunkvoorsitter van die ESJF, het gesê die stigting het kennis geneem van die regering se voorneme om puttoilette by skole te verwyder in die lig van onlangse voorvalle waar kinders by skole gesterf het nadat hulle in puttoilette geval het. Makaneta het egter ʼn beroep op die regering gedoen om van die departement van openbare werke gebruik te maak, eerder as om privaat maatskappye te gebruik om sodoende koste te bespaar.

Makaneta het verwys na Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se vroeëre beraming dat dit die regering minstens R3 miljard sal kos net om van die puttoilette by skole in Limpopo ontslae te raak.

“Ons wil ʼn beroep op die regering doen om bedag daarop te wees dat daar baie onopgeloste probleme in die onderwys in Suid-Afrika is. Ons glo dit is in belang van die land dat die departement van basiese onderwys saam met openbare werke werk ten einde onnodige koste deur eksterne diensverskaffers te besnoei. Volgens ons het die departement die vermoë om die kwessie van puttoilette landwyd op te los.”

Volgens die ESJF sal die feit dat die departement van openbare werke ingespan word R2 miljard in Limpopo alleen bespaar.

“Dit beteken dat die regering sowat 60% geld sal bespaar wat deur privaat mense, wat die regering as ʼn ‘kontantkoei’ beskou, ontvang sou word.”

Makaneta het ook ʼn beroep op die regering gedoen om met ʼn omdraai-strategie vorendag te kom om te verseker dat alle skole aan ʼn minimum standaard voldoen wanneer hulle vergelyk word met privaat skole.

“Ons glo steeds dat ʼn skoleveiligheidsberaad aansienlik sal help om die probleme wat leerders en onderwysers in die gesig staar drasties te verminder.”

Hy het bygevoeg die stigting is bewus daarvan dat skole se veiligheidskwellings nie net tot puttoilette beperk is nie. Juis daarom meen die stigting die regering moet ʼn geïntegreerde benadering volg om ʼn wye reeks probleme in die onderwys aan te pak.

“Daarom sal ons nie ophou vra dat die regering kameras in skole installeer om geweldsdade teen kinders te beperk of uit te skakel nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

snoefie ·

verkieslik kameras met breins wat n gevaarsituasie self kan id en alarm maak. al betaal hulle 12 mense om elke kameras te moniror sal dit nie gebeur nie. maar net nog n onvulbare put word om belastingbetalersgeld te verkwis.

Westerse konsep ·

Kameras is n westerse konsep, en skole moet mos gedekoloniseer word, so waarom praat hulle van kameras?

tamboti ·

Ai ja jaai ja jaai, sal die agbare minister net vir ons asb. die sommetjie wys hoe daar by R3miljard??????? net vir limpopo skole se put toilette uit gekom is?
Kom ons se daar is so 1 000 landelike skole in Limpopo en almal het 10 put toilette – dan moet daar so 10 000 wees. Dan kan een toilet R300 000 kos?

honourable member ·

Ek wil net weet wat het hierdie regering in 24 jaar gedoen om hierdie stelsel uit te faseer.

marous ·

Dis nou 25 jaar se vooruitgang…. binne in riool status in

Hanna ·

Hou op geld mors op hofsake gegrond op jul stiksinnigheid (sien mos rassisme in als) en dan sal daar genoeg geld wees vir broodnodige infrastruktuur by hierdie “agtergeblewe” skole. Ja, Lesufi ek praat spesifiek van jou!

Anton ·

Dis glad nie ‘n slegte voorstel dat die Dept van Openbare die werk moet doen nie. Kry sommer ook die arbeid by Korrektiewe Dienste so te sê verniet (slegs gevangenes wat se meriete dit toelaat). Op die manier word daar nuwe vaardighede aangeleer

Belaglik ·

JANEE Gebruik weer pelle soos in die Life Esidimeni debakel . julle sien mos niks verkeerds daarmee nie … moet die werk NET NIE vir ‘n witman gee nie . hou dit in die familie

Duitser ·

Dit is onodig om kameras en veiligheids wagte te he , opgevoede kinders leer by die skool en word leiers in ander lande omrede hulle eie land teen hulle diskrimineer .Ek verstaan nie hoekom die probleem nie geidentifiseer word en opgelos word nie hoekom altyd eers n verskoning soek en dan die probleem aanhelp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.